Een van my gunsteling movie scenes is in die film “Meet the Fockers”
“And if that mockingbird don’t sing, Greg is gonna buy you a diamond ring … and if that diamond ring gets sold, Greg is gonna feel like a … big asshole.”
En Klein Jack is nie links nie en antwoord terug: ” Assss hoooooole!”
Daar is sekere woorde wat ek baie lief is om te sê. (Meet the Fockers)
Een is “shit” en dan soos julle nou kan agterkom is die ander een “Asss hoooole”
“Why dump your shit on me” of mompel mompel as iemand met my moeilikheid soek ” you asss hooole” laasgenoemde gebeur veral as ek die telefoon neergesit het
Terug na die “movie scene”:
“No!” skreeu Greg vir klein Jack “Oh, no, you don’t wanna say that word, cause that’s a bad word!”
“Ass … hooooole!”
Dit was egter te laat as klein mensies “bad” woorde hoor dan onthou hulle dit.
Mens moet bang en versigtig wees wat jy voor kiddies sê en doen.
maar…..
…. hoekom is daar ook volwasssenes, by wie jy op jou hoede moet wees ? Wat dit rêrig, êrig baie moeilik maak om normaal by hulle te wees. Dit is soos ballet, wanneer jy met hulle gesels, heel tyd hop jy op jou tone rond!
Ek is seker julle het al so waarskuwing gehoor: “ Pas op wat jy voor hom/haar sê!”
Verskeie redes vir volwassenes se Asssss hoooooole gedrag:
*Verdraaing van woorde?
*Stel teleur deur persoonlike gesprekke oor te vertel (vertrouensbreuk) – Skinder? Maak van ander mense se ore asblikke.
*Miskien baie liggeraak en so tikkie selfbeeld probleme en raak dan gou sarkasties of kort-af.
*Kan nie buite die boks dink nie en soek orals fout?
*In plaas van net te luister, toe te laat dat emosies in die pad kom. Storm dan betraand en baie emosioneel by die deur uit en/of gooi tantrums. (Ekself was al skuldig aan die een)
*Dan my nemesis ….. die ene staan in die sosiale vriendekringe bekend as die “Judge” – kritiseer is gewoonlik die persoon se stapelvoedsel. Almal word gekritiseer of hulle nou teenwoordig is of nie en hierdie spesie gee nie om, om jou persoonlike lewe of karakter te veroordeel. Hulle is nooit positief. Baie donker negatiewe mense en hulle is altyd reg. Regte Assholes.
Is jy dalk ‘n assssshoooole ……. is mense bang om gemaklik in jou geselskap te wees, is hulle bang jy bars in trane uit, gaan vertel stories oor, verdraai sinne, is jou woord dalkies wet en voer jy dan ‘n 2 uur lange debat om ander te oortuig jy is reg. ….
Ek luister gewoonlik nie na bogenoemde debat nie dit maak my moeg en ek sê al daar in die eerste 5 minute “Ja, natuurlik jy is reg, sorry my brein is eindelik net ‘n “stofwolkie”"
Die ergste is hierdie asssshooooole gedrag gee jou ‘n reputasie: mense is te bang om met jou te gesels!
“O hel … daar kom “Suzie traaantjies” en jy hol sommer met jou “stofwolkie” by die eerste oop deur in en gaan kruip agter die toonbank weg.
Asssss hoooooles
Ek beter my emosies toegesluit hou, ek vat die eerste stap ……
en soms hoor mense nie mooi nie, ek het gesê Firetruck!!
Beskikbaar by my gunsteling boekwinkel: The no Asshole rule ( Robert I Sutton)





































Ek travel met die spoed van lig na al die mooi plekke in die heelal, dis magic!!



















