Vir die volgende paar dae gaan almal in die wêreld paasfees hou. Paaseiers word as die simbool van die opstanding beskou, Jesus het uit sy graf opgestaan en na sy ewige lewe vertrek. (Ekself kan nooit eindelik die 2 bymekaar bring nie) Ortodokse Christene bring mandjies kos om geseën te word. Hierdie mandjies bevat versierde eiers, spesiale brode, wyne en kase. Ek wonder of dit is waar die paaseier vandaan kom?
Maar paasfees is hier en ek moet vinnig my kruis, hasies en paasfees-ornamente gaan soek om bietjie feestelikheid in ons huis te kry. Daarna gaan ek my hot cross buns (warm kruis rolle????) en hope paaseiers koop, want geen Paasfees is regtig paasfees sonder al die sjokelade om aan weg te lê nie.
Mag julle almal ‘n wonderlike geseënde paasfees hê!!
Hopelik kry ek die naweek ‘n tydjie om tussen die sterre te baljaar. Die wolke was nie baie goedgesind met my die laaste tyd nie.
Orion Nebula (Foto: Takahashi E180 + Canon 40D)
Orion is vanaf November tot Mei maklik om te kry in die hemelruim.
Die 7 susters (Pleiades) kan ook maklik in die tyd gesien word.
Maar een van die susters het haar goed gevat en geloop.
Hierdie is meestal jong sterre in Orion – helder en blou-wit.
Daar is 2 helder sterre in Orion, Betelgeuse en Rigel.
Orion se een skouer is oranje en staan bekend as Betelgeuse.
Betelgeuse is ‘n massiewe ster (995 keer die son se deursnee)
Geniet julle sterrekyk!































Ek travel met die spoed van lig na al die mooi plekke in die heelal, dis magic!!




















[...] in Afrikaans oor my gunsteling tydverdryf Astronomie, en dan ook my gunsteling Nebula, Orion hier. En vandaar af, het hierdie golf my gegryp en [...]