Ek word soms geklassifiseer as eksentriek, party voel “weirdo”, is die regte woord. Nee, ek is nie van die soort wat kruisbeen voor my sit en uitstaar en “hummmmm” “hummmmmm” nie. Ek hardloop ook nie en besprinkel die hele plek met “holy water” en katspoeg nie. Nog minder loop ek met kaftans rond, en swaai wierook stokkies om geeste te verdryf.
Mense ek het ander irritasies.
Byvoorbeeld, kruideniers is vir my ‘n vreeslike aaklige affêre, dis nie die inpak in die trollie nie, dis die uitpak, in die kruidenierskas. Ek pak dit self uit, netjies soos dit hoort. My werkers kan die taak nou nog nie bemeester nie. Dis al 15 jaar.
As ek iets reguit of met ‘n 90 grade hoek neersit. Sit dit asb terug soos ek dit geplaas het. Daar is ‘n rede hoekom dit so staan
Die ander probleem wat my dak toe dryf, is reuke. Ek het ‘n vreeslike skerp reuksintuig. Ek vang ‘n reuk van vêr af op, asof dit net hier by my is. Ek skuif dadelik alles weg en jik en dettol die hele bose spul. Alles verniet. Dis die bure wat my probeer vermoor met die nuwe “mis” wat hulle grassies lowergroen moet maak.
In my kaste moet alles in ‘n reguit lyn lê!
Daar is vir enige ding die regte manier, en die verkeerde manier, altans, so glo ek. Maar dit begin my gedaan maak. Ek is heeldag besig om te kyk of alles nog perfek is.
Almal sê hierdie maniertjies van my is nie hoe dit veronderstel is om te werk nie. Nou vra ek julle, werk dit nie maar by julle ook so nie? Is kopdokter dalk my voorland?
































Ek travel met die spoed van lig na al die mooi plekke in die heelal, dis magic!!





















Wipneus.
Ek is bekommerd oor jou. Jou moet bietjie chill. Die lewe is te veel van ‘n plesier om te veel van ‘n perfeksionis te wees.
Dankie vir jou post om my blog. Dankie vir die link na Oosthuysen Prokureurs.
Lees bietjie weer hier op jou site “Wie is Ek?” Daar klink jy nie so perfektionisties nie.
Riaan, ha ha my lewe is ‘n groot plesier, as ons praat van my verhoudings met oulike mense. Dan neem ek nooit iets te ernstig op nie. Ek is altyd vol grappies en hou daarvan om baie te lag. Daar is egter ‘n sin daar by die “wie is ek”, waar ek nie te veel uitgebrei het nie. (Mens steek dan maar liewer die haas-oortjies weg) “Ek hou van huis-huis speel” Daardie huis, dis waar die probleem lê
My teddie spot my al en sê die blikkies-kos staan in ‘n netjiese ry met die “labels” vorentoe!
Riaan die link na jou site – dis net ‘n plesier, ek hou baie van jou blog, en ek is seker die ander gaan dit ook geniet. Hoop die koffie met jou goeie vriend was lekker. (koue oggend?)
Zee en Boendoe ons begin darem nou verlang mense!!
Hi Wipneus
Ja my dogterjie is pragtig. Maar dan, so voel elkeen mos oor sy kroos. Sy is werklik vir my ‘n plesier. Sy is net partykeer te ‘wise’. Sy word in die kantoor groot, so sy is die heeltyd tussen grootmense. Probeer reeds takies in die kantoor doen. Partykeer is dit maar moeilik met haar daar veral wanneer ek met ‘n kliënt op die foon praat en sy dring daarop aan om op daardie oomblik met my te praat. Gelukkig het ons dit al goed uitgesorteer en verstaan ons mekaar.
Ek het die koffie met Hennie vanoggend baie geniet. Ja dit was koud, 6 grade buite, maar die koffie was lekker warm.
Riaan, ek kom agter jy maak jy ‘n prokureur groot. Sy doen al selfs takies in die kantoor. Slim meisiekind! Ek hoop daardie aaklige 4 monsters op jou tafel is vanmiddag weg.
Wip,
Jy bekommer my, maar darem nie so erg nie. terwyl ons ons dinge in reguit lyne pak sal ons rook en wat wat wat…..
Neykie wat sê jy is dit die kopdokter wat hierbo sal moet loer???
Wip
Ek wou vir vandag ‘n soortgelyke epos geskryf het. Ek dink ek is compulsive obsessive. Alles by my moet simmetries of in patrone wees. Weet jy hoe gek raak ek as my kas se sitplekke nie gelyk is nie. Alle verpakking wat ek oopmaak word versigtig uitmekaar gehaal. En ek is moerig as dit skeur. Ens ens ens.
Adrie, jippeeeee!!!! ek gee jou sommer ‘n klapsoen, ek het net begin dink daar is regtig fout met my…..
ons elkeen het maar ons dinge wat ander mense irreteer
Wip
Hou jou soene vir jouself, ek is doodonskuldig hier.
Neykie hierdie irritasie is erger op myself as op ander mense, dis ek wat heeldag rondhardloop en kyk dat alles in plek is soos dit veronderstel is om te wees. Elke aand moet ek hier voor my rekenaar ekstra tyd inwerk omdat ek my tyd gemors het met nonsens???? hê hê Jy gaan amper see toe ♪ nog 7 slapies?
Hi Wipneus.
Nee ek hoop nie sy besluit om ‘n prokureur te word nie. Op hierdie stadium hou ek waarvan sy wil word.
Sy sê sy wil trou en 4 kinders hê, 2 seuns en 2 dogters en dan gaan sy en haar man by ons kom bly.
Nee ek dink jy moet dalkies maar vir jou ‘n nagtassie pak en gaan aanmeld daar by Weskoppies….
Eish!
Da Mario!!!!!!!!!????? sies!!! (ek skrik my skoon uit my stoel uit)
Meermin wat beteken dit?
Riaan, jy wens nê???
Adrie, ek gee op met jou
Wip
Alweer?
Adrie nog steeds…. maar ek verstaan dit nie, jy bly nogsteeds een van my favourite dogtertjies, al sukkel ek my “freakin” dood met jou!!
ja wip ek kan nie wag nie ek het sommer al my tas gepak ook, so dis net vir gryp en die pad vat
Wippie, nee man, jy klink nou net soos my man…. Alles moet perfect wees. Dit sit baie stress op die anner helfte hoor!
Probeer bietjie om net vir 1 week nie alles reg te skuif nie (Ok, ek weet jy sal binne 2ure gaan kyk) maar probeer maar nogtans. Chill bietjie girl.
Wip
Iets vertel my dat jou hart smag vir ‘n dogtertjie, dat jy sommer enige een sal gryp wat verby kom.
Jy meen ons sal jou sponskamers toe moet vat as iemand jou kruideniers kas omkrap?
Jel, my ding, jy gaan ‘n hartaanval kry as jy MY koskaste sien… hulle het ‘n lewe van hulle eie, dit wat ek laaste gebruik het, beland voor, en die ander skuiwe maar so op hulle eis agtertoe… maar ek kan dit nie verdra as ‘n strooikussing op ‘n sitkamerbank skeef lê nie…
Neykie, jy is haastig op pad see toe;)
Zee, ek glo dit is seker nie maklik vir teddie nie, maar hy is nou al so gewoond daaraan…..”shame”… Ek mis jou skrywes….
Adrie, ja ek is mal oor dogtertjies….
Dellie daar is tekens vriendin…… as strooikussings nie mag skeef lê nie, pasop! jy moet nou wakker wees, hierdie klink vir my al te bekend…
wip dis nou tyd vir rus- 2jobs maak jou pê en ek wil my tone in die sand in wikkel en lekker in die branders speel
Haai Wippie, ek het weer besluit. Jy moet maar liewer nie by my kom kuier nie. Anders moet Teddiebeer maar vir jou ‘n straightjacket saambring!!!! Jy sal dit wragtig nie oorleef nie!! Whahahaha….
Neykie, jy gaan lekker rus, jy gaan ‘n nuwe mens terugkom.
Pikkie sies! ek sou al jou goed verniet vir jou uitgesorteer het, vir net ‘n bordjie kos in die aand, ek sou nog “baby sitting” ook gedoen het dan kon jy en Mynick lekker uitgegaan het!
Ek sou jou stofie ook gestart het!!)
Wipneus: Iemand het eendag vir my gese dat mens is eksentriek as jy ryk is en “weird” as jy arm is. Ek is “weird”.
Wou ook maar net sê, jy is nie weird nie, net ‘n perfeksionis. Dis maar hel om saam met ‘n perfeksionis te lewe, maar mens kan nie jouself verander nie, altans nie maklik nie. En wat is buitendien verkeerd met netjies, skoon en met ‘n hoek van 90 grade?
Ek was ook so op ‘n tyd. Gelukkig het ek vriende wat my vinnig aarde toe gebring het. Wipneus, dit het te doen met perfeksiomisme. Ek praat nou uit my eie ondervinding uit. Ons probeer die wereld om ons beheer om te kompenseer vir tekort kominge iewers anders. Dit is onmoontlik! Wat my laat besef het daar is ‘n skroef los is toe iemand vir my se dit is ‘n klap in die Skepper se gesig. So ek het al baie afgeskaal en hou ook van dinge moet reg en skoon wees. Onthou jou obsessie maak die lewe swaar vir jou geliefdes al sal hulle nooit dit se nie.
Leef en lag vir die stof!
Rustig dan is ek verseker “weird”…… hier leer jy my nou net iets
Ag Sonkind hoekom het jy nie vroeër my hartjie kom sus nie, jy bly die sonstrale in my lewe!!!
Rustig dit klink hemels, maar hoe het jy dit reggekry om oor alles te kyk, het dit jou nie gepla nie, het jy net op ‘n dag gesê nou is ek klaar…………… was daar nie ‘n stemmetjie wat die heeltyd roep en sê : kyk daardie ding is alweer nie reg nie, steek uit jou hande en maak ‘n plan, maak skoon of skuif hom reg sweetie!!
Wipneus jy is welkom om enige tyd te kom kuier, ek aanvaar net geen verantwoordelikheid nie…
me/ sal like om te sien hoe skuif jy hierdie 60kg sakke veevoer dat dit 90 grade staan…
Pikkie, as ‘n ding 90 grade moet staan, moet hy 90 grade staan al roep ek die hele Am se hulp in….. haai shame hoe laat maak die winkel toe, tot hoe laat moet jy nog daar staan en smile en maak of jy wakker is?
Ek smile lankal nie meer nie…… Winkel maak 17h30 toe, dan huistoe, kinders bad, kos maak, self bad, boeke vir die dag afsluit, en alles voor 20h00 want dan gaan die krag af – Beurtkrag!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!
Nee jinne Pikkie! Hierdie beurtkrag maak mens se lewe onaangenaam, myne gaan ontbyt tyd af. Jy het nog baie om te doen vanaand, los die boeke tot môre, of is dit môre dieselfde storie?
Pikkie hoekom het Poppedyn so min geslaap? Is sy siek?
Who knows?????? Dis in hulle geaardheid, nie een van hulle slaap nie, Ouboet staan dan 2h00 innie nag op en speel voor die yskas (maak die deur oop om lig te kry) met sy dinosours!!!! Ek het in die laaste vier jaar en 7 dae nog nooooiiiiittt meer as 5 ure slaap in ‘n nag gekry nie.
Ha-ha hulle is hiper aktief, dis baie slim kinders het jy geweet?
Wip
Vertel my waarheen sal Pikkie uitgaan?
Adrie hulle gaan onder die plantasie bome vry
Daar is oulike en duur grassies
En dan??
Dan het poppedyn en ouboet nog ‘n boetie / sussie en slaap pikkie nog steeds nie.
Laat hulle eerder gaan fliek in JHB of iets.
Whaahaaha Adrie, Pikkie gaan ons gatvelle aftrek!!
Wip
Sy moet ons eers vang.
Jy moet oppas, as mens heeldag woelwaters jaag, dan raak jy fiks jong…
[...] Wipneus inspired this post. [...]
Baie dankie vir die pos Onrustig, enige een met hierdie obsessie kan gerus daar gaan lees!
Adrie jy moet daar gaan lees!
Regs op my blogroll: Onrustig
Wippie, ek sal saam met jou moet aanmeld by Weskoppies. Compulsive obsessive? Miskien net ‘n bietjie… Beat this… As ek wasgoed was, is daar op ‘n goeie dag slegs 11 hopies. Een vir wit klere, een vir ligte klere, een vir donker-ligte klere, een vir donker klere, een vir baie donker klere, een vir swart klere, een vir wol, een vir linne (beddegoed), een vir handdoeke, een vir denims, een vir onderklere, ens ens ens. Moet ook nie probeer my wasgoed op hang nie. Hulle word op ‘n sekere manier op ‘n sekere plek gehang…eish. Daai 90% ding waarvan jy praat…ek ook!!!
Roer,
hoe lank was jy aan al die hopies klere?
En die wasgoed word op ‘n sekere plek gehang? Kom ons pak ons tassies ek wou juis nie alleen gaan nie!
Ek deps die bed by die venster. En ek slaap bo.
Solank jy jou bed ordentlik kan op maak!
Pik, ek het my een hiperaktiewe kind gelos dat hy snags in die kombuis om en om die tafel jaag met sy driewiel. Al die deure was ge-double lock, so hy kon nêrens heengaan nie. Stoof was afgesit by die main switch en die yskas was so gepak dat hy hom nie met enige iets kon beseer as hy dit oopmaak nie.
Mens leer slim dink met ‘n kind wat in die nag nie slaap nie.
Wipneus, Roer en Adrie, ek gaan ook saam, maar ons sal eers die funny farm moet skoon skrop en als regskuif voor ons rustig raak en die uitsig geniet
Cool. Son is ook in. Ek hoop julle druk die tandepaste buisies van AGTER af geleidelik op! Hoop nie daar’s baie lyne op die vloere… Ek hou nie daarvan om op lyne te trap nie.
whaaahaaaha Adrie tannie lepel is erger as ek!! Roer ek rol rond jy is “too much”, g’n wonder jou bloomer val in die winkel af nie
Son, ons is nou al baie wat aan hierdie regpak en regskuif storie lei, welkom by funny farm!!
O shit, ek het vergeet van die lyne – ek trap ook nie op lyne nie, Roer. En omdat my bene kort is en ek nie te lang treë gee nie, raak dit soms nogals ‘n probleem as die sypaadjies groot blokke het en my treë wil nie lekker inpas nie.
En ek hoop ook nie daar is baie trappe om te klim nie, want by alles MOET ek nog elke keer die trappe tel ook as ek op of af klim en as ek vergeet om te tel, moet ek teruggaan.
Son, nee nou raak dit heeltemal te erg, jy sal moet blog oor die lyne….dit raak nou skreeu snaaks!
Kom kuier net een dag vir my in Welkom … sommer so ‘n vaNkansietjie… my chaos sal julle mal maak. En ek het vloere van houtblokkies – met BAIE lyne … Dan laai ek julle almal op met daai Zim bus en vat julle na julle nuwe tuiste…
Dellie
Son gaan die lyne bespring, Roer gaan jou wasgoed in bondeltjies sorteer en ek sal die kruidenierskas regpak!!
Ek is darem nie hipernetjies nie. Ek is hiperslordig.
Ek het ook ‘n ding met die lyntjies.
Adrie maar joune moet in patrone lê, dus ons is 4 wat met die Zim bus gaan vertrek!!!
Dellie trap die petrol dat ons vinniger kan ry
Dellie trap die petrol dat ons vinniger kan ry
Dellie trap die petrol dat ons vinniger kan ry
Want jy is dors en ons wil bail
Maar natuurlik is ek ‘n weirdo, in antwoord op jou vraag.
En, kopdokter is nog goed vir ‘n mens…..
Hie hie Rosie, ek dink hoeka ek moet nou maar daardie kopdokter gaan besoek en klaar kry. Vandag was die eerste dag wat ek ‘n blinde oog probeer gooi het, maar my hart bons so as ek verby iets loop (wat skeef staan) , en ek loop al vinniger loop sodat ek net daar moet wegkom. My hande wil, wil die heeltyd uitsteek om net die ding 90 grade te kry!!
[...] die Obsessie Posted on April 24, 2008 by sonkind Wipneus vra HIER of sy ‘weird’ is. Die kommentaar het my laat besef daar is baie van ons “out [...]
Nee wat, ek dink ons het maar elkeen ons dingetjies. Is dit nie dalk maar wat ons individue maak nie?
Mykopop ek sê dit altyd ek is UNIEK
jy het dit nou net weer bevestig.
Aai, het nou lekker gelag! Sterkfontein Hospitaal is nie te ver van my af nie, dalk kan ons reel vir die Zim bus om daar aan te doen. Klink my daars heelwat van ons wat daar af gaan klim – Beterhelfte ook. Hy is vreeslik netjies in sekere opsigte – hang tot die handdoeke op – vou dit egter eers op in kwarte en dan oor die pyp – stink dan net so lekker soos wanneer dit in ‘n hopie op die vloer land. Ek het nogal soms georganiseerde wanorde rondom my – hoewel ek netheid behep is, kan dinge nogal soms om my deurmekaar raak (dit gooi natuurlik my hele planeet uit sy wentelbaan!), ons het immers vir Laatlam en hy’s nie veel gepla nie.
Von, verseker kom ek agter ons het almal die ding, maar Sonnie is die ergste sy trap nie op lyne!!! Jy moet daar gaan loer – Sonkind… Ek gaan altyd aan haar dink as ek lyne sien!
Whaahaaha Jy is gelukkig dat jou liefie ook so is, dit maak mos die werk baie minder….gelukkige vroumens!!