Mens, vir wat blog jy?
April 27, 2008 by Wipneus!
Toe ek op begin blog het, het ek besef hierdie is ekstra werk. ‘n Paar vrae het in my kop rond gespeel. Het ek regtig die tyd? Wil ek regtig, ‘n stukkie van my siel, aan die wêreld ontbloot? Sien ek regtig kans, om aangevat te word, as ek sterk voel, oor my beginsels en standpunte? Nadat ek dit lank oordink het, het ek besluit ja, ek wil my woorde met ander deel.
My eerste blog het ek op “blogspot” oopgemaak, dit is net ‘n blog van my huis, kinders en tuin, ons vriende wat vêr van mekaar is (oor die wêreld versprei), deel op hierdie manier, ons lewe met mekaar. Ek pos net so dan en wan ietsie daar, geen harde werk. My blog op “wordpress” , nou hierdie is ‘n blog van ‘n heeltemal ander aard, hierdie meneer soek aandag, ek moet hom die heeltyd voer met woorde. My vriendinne bel ook baie gou om te hoor wanneer maak ek dan nou ‘n nuwe inskrywing – dit wil my voorkom, dis die nuwe manier hoe hulle kontak met my hou? Dis onregverdig want dis mos nou eensydig. (lag ek nou skelm vir hulle)
Vir my is woorde, soos note vir ‘n musikant is. Dit is ‘n manier om myself uit te druk, op ‘n kreatiewe wyse. In die begin was dit vir my moeilik om my gedagtes, en woorde, hier vir die wye wêreld te publiseer. Later het dit makliker geword.
Soos ek tussen ander blogs rond loer, sien ek dat elkeen se blog vir hom ‘n doel dien. Party gesels oor hulle daaglikse lewe, ander gesels oor blomme, gedigte en hul hartseer of gelukkige ervarings. Maar maak nie saak waaroor iemand skryf nie jy leer iemand ken, hulle gedagtes, frustrasies en gevoelens oor baie dinge. Blogs loer, laat jou lag en huil, leer jou hoe ander mense se koppe werk. Jy sien so stukkie van ander se lewenservaringe en denkwyses.
So wat doen blogging vir my. Dis ‘n manier om van my frustrasies ontslae te raak, ek gesels lekker met myself en ander. En natuurlik is dit ook ‘n maklike, en veilige manier om nuwe vriende te maak. Daar gaan nie ‘n dag verby dat sommige inskrywings my nie laat skater van die lag nie! Daar is soveel verskillende persoonlikhede, jy sal nooit verveeld raak. My grootste rede natuurlik is, dat daar baie ouliker mense in hierdie wêreld is, as daar buite in die “real world”
Hoekom blog jy?
“I am aware that I am less than some people prefer me to be. But most people are unaware that I am so much more than what they see.” Douglas Pagels
Posted in Blog | Tagged blogging, why blog | 29 Kommentaar
Leave a Reply
Ek wou nog altyd skryf, maar deur die jare het ek so vervleg geraak in die elke dag se broodwin, in ‘n heeltemal ander rigting as waarin my hart regtig is.
Op skool het my Afrikaanse onderwyser eendag vir my vertel ek moet ‘n boek skryf. Maar nou ja, terwyl ons planne maak, gebeur die lewe met mens.
Toe vind ek uit van blogs en vandag is dit my skryfplek, my uitlaatklep en as bonus het ek julle almal leer ken en nuwe vriende gemaak. Snaaks genoeg weet meeste van my vriende in die ‘regte” wereld nie eers dat ek ‘n blog het nie.
Ek weet ook nie hoekom ek blog nie. Ek kan nie eers behoorlik spel nie en my Afrikaanse onderwyser het my nooit meer as 50% gegee vir my opstelle nie. Dan praat ons nie eers van die storie reg kry nie. Dalk is dit soos goeie wyn. Raak net beter hoe ouer dit raak.
Sonkind, dan moet jy êrens begin tyd inruim en jou Afrikaanse onderwyser se raad volg: Skryf daardie boek!
Gelukkig kry ons darem die kans om gereeld van jou skryfgoed te lees. Gelukkige ons!
Rustig
As ek inskrywings lees is spelling die laaste ding waarna ek oplet. (ek meng al te graag tale)
Mense moet asb nie my blog ernstig opneem nie, dis my lewe weg van my lewe…. hier kan ek my boude losmaak en ontspan. Enige taal onderwyser sal dood neerslaan as hy my blog ontdek. Die mense met wie ons besigheid doen, sal nooit die geleentheid kry om hierdie blog van my te lees nie (ek sal nooit weer besigheid kry nie whaahaaha)
Ek lewe my lewe met baie humor, ek terg en grap heeldag, mense weet nooit wanneer ek ernstig is nie, wat hulle soms duur te staan kom. Want partykeer sonder hulle medewete is ek ernstig of raak skielik ernstig, en dan waai die hare (deurmekaar vroumens, ekke, as ek partykeer so sit en ‘n dink-sessie hou, dan wonder ek altyd het die draadjies van die brein golwe nie dalk deurmekaar geraak en maak nie meer lekker kontak nie)
Ek lees inskrywings om die boodskap te kry! Ek kan my soms in mense se stories, gedigte en grappies inleef. Sommiges speel vir my net ‘n mooi liedjie. As ek ernstige goed wil lees, dan kan ek van my honderde ernstige boeke gaan lees, ek is hier om te speel. Dus spel deurmekaar, skryf deurmekaar, skryf engels, skryf afrikaans, net nie spaans, dan gaan ek jou nie meer kan lees.
Wip
Weet jy, ek wou eindlik self die post geskryf het. Toe raak die uitleg van my eie blog te lank.
Adrie
Ek het dit agter gekom. Dis nou die 2de keer wat dit my oorkom dat ons amper dieselfde wil skryf. Telepatie?
Hoop jy hou lekker naweek!
Ek blog vir 2 redes.
1. Om my bloggers ‘n kuierplek te gee.
2. Om my wacko siening en gedagtes met die wereld te deel.
Vandag ek orals op wordpress begin rooflees het, het ek agter gekom dat mense verskriklik baie navorsing vir hulle blogs doen. Ek doen nie. Ek gee gewoonlik my opinie van iets. Ek het ‘n goeie geheue en kan goed wat ek jare terug gelees het relatief goed onthou. (Hoop ek!) Ek het al oorweeg om ‘n waarskuwing daaroor te plaas, netnou word dit gebruik vir take – na aanleiding van die searches wat ek kry.
Ek sal nooit my eie lewe op ‘n blog deel nie. Dit is of boring of privaat (en boring). Baie van my lesers gebruik ‘n selfoon vir die blog, daarom plaas ek die minimum fotos. My digkuns is om dit sag te stel bekotsingswaardig. Dus laat dit my min oor om te blog.
Ek sien myself as ‘n waarnemer. Ek beskou die wereld en blog daaroor. My lewe is nogal so, ek kyk wat gaan aan, maar bly op die kantlyn.
Wip
Nee, great minds.
Adrie
Dis soos dit veronderstel is om gedoen te word. Privaat, mens moet maar net hier en daar ietsie laat val, wie weet, miskien het ons baie vyande daarbuite waarvan ons nie eers weet nie whaahaaha
Die boude losmaak jaag my skrik op die lyf!
Ek blog omdat ek daarvan hou om te skryf, altyd dagboeke vol geskryf, maar die blog interaksie is vir my lekkerder. Met die trek Swede toe het my dae maar leeg geraak… Soos jy sê – die mense hier is baie meer interessant as in die “regte” lewe!
Ek dink ek het my blog per ongeluk geskep. En toe gereken, wel, hier is dit nou, kom ons kyk hoe gaan dit?
En dis waar ek ook maar net dinge uit my eie lewe deel, my opinie gee oor hoe ek die lewe sien. Op ‘n eenvoudige manier. Soos EK dit verstaan. Dit gebeur bitter min dat ek navorsing doen vir ‘n possie. Ek gaan sit net daar en skryf soos dit opkom, uit my eie ervarings.
Ek geniet dit natuurlik vreeslik om die ander, meer nagevorsde blogs ook te lees. My algemene kennis brei uit, en soms sit dit my aan die dink en gaan soek ek self meer inligting daaroor.
Maar oor die algemeen is die interaksie vir my die lekkerste. Om te dink ons gesels met mekaar, leer mekaar ken, staan mekaar by, sonder dat ons mekaar nog ooit fisies gesien het… dis vir my magic!
Ek het begin blog want ek het issues. Nou dat ek oor al my issues al geblog het, wil ek nie meer blog nie. Elke nou en dan gebeur daar tog wel iets wat ‘n mens onmiddellik dan oor wil praat en dan kom die blog handig te pas.
Roer daar slaan jy nou die spyker op die kop: ek dink dis hoekom ek ook blog, ek het “issues”
Hier is darem mense wat na my “issues” luister, by die huis kry ek geen aandag met my “issues” nie.
Dellie “magic” is vir my die mooiste woord wat hulle uitgedink het. (Ek wil nog eendag skryf oor “magic”)
Jy is reg ek het al ‘n band met meeste van die blogs waar ek gaan loer, dit is definitief “magic”. Maar dit is nou al so erg, dat soms as ek daar gaan loer, en daar is nie ‘n nuwe inskrywing nie, begin ek “sulk” My blogroll van my gunstelinge word elke dag langer, dit vat my ‘n ewigheid om elke een te gaan oploer, maar moenie dink ek gaan dit eendag oorslaan nie, al val ek 12 uur in die aand hier voor my lessenaar neer, lees gaan ek lees!
Rustig moenie skrik nie …… word vervolg!
Netjane, ek het jou inskrywing vandag vreeslik geniet, hard gelag!! Jy moet miskien jou naam verander na “Mejane”
Dan sal dit iets moet wees soos “Mejane , you Tarzan?”
“Me” jane ek sal vreeslik daarvan hou om Tarzan te wees, nie net sterk nie, maar ek kan heeldag tussen die bome rond swaai!
Ek weet nog steeds nie hoekom ek blog nie….
Die tyd het ek nou al afgekry na 5 minute op ‘n inskrywing, maar ek kry myself elke dag nog steeds ‘n uur of wat spander om almal se blogs te lees. Dis altyd interresant
Jasper ek stem, blogs lees vat baie meer tyd as blog skryf! Maar blogs lees is darem so lekker!
ek dink almal moet erens op ‘n muur krap, anders raak ons ‘crazy’ …
my blog is die plek waar ek ‘n spieel kan hou voor my siel en presies kan se hoe ek voel, waar ek nie hoef voor te gee dat alles ok is nie …
Maggies, maar jy het gou voor die vraag te staan gekom wat hoevele ander bloggers al oor geskryf het! In baie ander gevalle (nie jy nie), dink ek dit het gebeur as die ouens bietjie ontnugter raak. Ek het nie juis begin blog om myself te ontbloot nie, ek bespreek nie my persoonlike sake op my blog nie. Ek wou eintlik maar net my skryftalent, as daar iets is, bietjie ontwikkel. Gaandewel lyk my egter vind ek uit dat mens nie skryf sonder om wel iets van jouself te ontbloot nie.
Serenity, goed gesê: ek krap op my muur!
Mykopop, ja mens ontbloot altyd iets van jouself, ek en jy beplan dan nou te lekker aan jou nuwe “Out of Africa” kuierplekkie!
[...] Filed under: sommer net — Tags: c’est moi — George Maru @ 21:35 Ek lees vandag Wipneus! raak wat die vraag vra. Vir ‘n oomblik sit ek soos ‘n springhaas wat vir die spotlight [...]
Skoorlief het my die ander dag gevra hoekom ek blog. Ek weet regtig nie. Ek weet nie eens hoe dit begin het nie. Ek het bloot toevallig op die WordPress gemeenskap afgekom, gehou van wat aangaan, en my tjoep opgeblaas en in die dam geklim.
My resepteblog is daar vir ‘n doel, want as ek vanaand iets maak, het ek oormore vergeet wat daar in was, en dit kan soms tot ’spanning’ lei as ek gevra word om weer daai ‘dit-en-dat van noudie aand’ te maak, en ek net frons…
En die feit dat sommige mense baat vind daarby, en saamklets, is ‘n bonus.
Skoor ek is baie bly jy ry op jou tjoep hier in die dam rond, ek geniet om jou te lees
Ek dink nie ‘n blog hoef ‘n doel te he nie. Dit kan mos net vir sommer net wees???
Ek blog vir sommer net. Sommer oor enige iets wat in my kop opkom.
Hi Rosie
Ek het al begin stuiptrekkings kry om iets van jou te lees…:lol:
http://gormendizer.wordpress.com/2008/01/30/prost/
Johan briljante skrywe!! Ek geniet altyd om jou blog te lees
Baie dankie