Adrie het my getag vir foto’s van my as baba, tot so 10 jaar oud.
Die mond het al van kleins af so baie gebabbel
Ek het net met seuntjies gespeel toe ek klein was. Die rede was bloot omdat hulle met karretjies gespeel het. Ek het nou nog ‘n boks van my dinky-toy karretjies. Ek was ‘n vreeslike tom-boy.

My ma vertel gereeld dat ek met my “cheeky” mond gebore is, sy sukkel nou al jare hiermee en het uiteindelik besluit om moed opgegee. Tot my skaamte word hierdie brokkie nuus, gereeld met almal gedeel wat wil luister.
It’s time to shop baby
Nee, dis waar wat hulle sê jou “foundations” word al in jou kleuter dae gelê, merk julle dit op ………. die handsak en skoene was al klaar ‘n belangrike deel van die outfit. Ek hoor ook, hierdie handsak liefde het al met my eerste tree verskyn. As ek eers op my voete gekom het en die balans mooi reg gekry het, het ek dadelik koers gekies na die naaste handsak en die was gestreel en getroetel.

When I was a baby, I burped a good deal,
most often just after a rather good meal.
I burped after carrots. I burped after peas.
I burped after crackers. I burped after cheese.
Whenever I burped, it was quite a sensation.
My mother applauded my brilliant creation.
She oohed and she aahed. She clucked and she cooed.
But now when I burp mother shouts, “YOU’RE SO RUDE!!!”
Credit: Buce Lansky
Ek tag: Reisiger, Louisa, Neykie, Riaan, Netjane, Emil,
en almal wat wil saamspeel!
Kaalvoet sal hare doen, as sy terug is in SA , ek hou boek van al haar uitstaande huiswerkies
































Ek travel met die spoed van lig na al die mooi plekke in die heelal, dis magic!!





















Jy was ‘n regte klein parmant. Kyk hoe krom trek jy daai ruggie… Dis so oulik!!! Poppedyn is mal, lief, beserk oor skoene, sy kan geen skoen uitlos nie… Ek is lief om vir haar skoene te koop, kan nie by mooi skoentjies verbyloop nie… Ek dink ek het GROOT probleme…
Ek hou van daai skoene en handsak outfit! You mean business when it comes to shopping!
Pikkie,
Jy leer haar mooi! ‘n Mooi paar skoene is baie belangrik vir die outfit. Ons gaan vir haar mooi skoentjies koop as jy kom kuier! Daar is geen GROOT probleme as dit by skoene en handsakke kom nie Pikkie. Ek het al twee bladsye feite oor handsak en skoen verslawing. As ek raas kry haal ek dit net uit en bring dit weereens onder almal se aandag. Ek wil dit eindelik laat raam.
NJane, ek het vir jou ‘n link op jou plekkie gelos van my ondergoedjies winkel. Jy moet gaan loer, en die kwaliteit is uit die boonste rakke. It’s time to shop baby……
Genade Ouma
Hoekom so nors? Was daar net monopoly geld om mee te shop?
Pragtige baba
Adrie, ek het mos gesê my ma het ‘n probleem met die norsgeite gehad, die rooi hare en groen oë gaan lê in die gene. Op skool was my bynaam “vuur” whaaahaahaa kan jy glo dat ek nou so “mello en mild” uitgedraai het?
Ai Wipneus, vir my hoef mens nie twee keer te nooi om te shop nie – ek het alklaar op die site gaan loer! Begin al planne maak vir my tannie om dit sommer vir my te pos sodat ek nie die erge invoerbelasting hier hoef te betaal nie. Hulle laai sommer 25% by!
Onthou – ek kort nog ‘n honeymoon reeks!
NJane, koop daar jy gaan nie spyt wees nie. Ek het jou getag vir daardie foto..
My huiswerk is gedoen….
Ha ha ek het sommer daar by jou op ‘n stoeltjie bly sit en wag. Te pragtig daardie dogtertjie wat vir my loer.
Die middel foto laat my dink aan Dorothy in “The wizard of Oz”.
Huh????
Dalk is dit die strik, Wipneus!
Rustig, nou dat jy so van Dorothy praat, ek dink ek gaan bietjie “brag” oor my niggie, sy het vir 5 jaar Dorothy gespeel op Broadway!!! Sal vir julle ‘n foto sit daar op my blog.
Wippie, ja ek stem saam met Rustig, jy lyk net soos Dorothy daarso!
Ai, maar daar die baba foto is darem maar pragtig jong!
Rustig
Ja dis definitief die strik, sy het mos altyd so groter as groot strik op die kop of dan ponytails met strikke. Gelukkig dat ek nie die ander foto’s gewys het nie, daar lyk ek soos Pippie Langkous whahaha
Zee ek kan nie wag vir daardie foto van Dorothy nie
O die mooi baba, het te doen met die oesjaar Zee whaahaaha.
Wag dat ek gaan kyk of jy al jou foto’s gewys het
Genade, na al julle fotos en storietjies besef mens hoe gou gaan die tyd verby. Die handsak is en bly maar al die jare die in ding.
Zee, het jy nog dalk ‘n program van Wizard of Oz erens?
A3, ja ek toevallig nog die program van Wiz of Oz, gaan spesinjaal vir Wippie dit more scan en post!
Wippie, ek het toevallig ook haar skoentjies wat sy gedra het in Wiz…. sulke rooi ruby hakskoentjies
A3 dis nou al die 2de keer wat jy hier comment…. ek kan nie jou blog opspoor nie, help my????? Verskoon maar ek is bietjie deur die blare….was ek al op jou blog…ek kuier ook orals rond in die wêreld, kom elke dag op nuwe mense af…
Zee ag en ek het so ding (swakte) vir skoentjies, miskien sal ek die skoentjies op die foto kan sien. Ons sien uit na The Wizard of Oz…. aangebied in samewerking met Zee van Zee se scribbles
Jy moet wakker wees Wip – die blogs is soos Days of our Lives. Is A3 nie Zee se sussie nie? Of is ek nou deur die blare? Sy’s iets van Zee…
Netjane, amper reg, dis my moeksie!
Netjane baie dankie – gelukkig het ek ‘n vriendin in Swede wat geduldig is met my…. en my help met my toneel in Days of our Lives
Wippie, ek sien uit na jou rolletjie in Days…….
Oe my aarde daar slaan ek my hele naam nou wragtig tot in die vloer in met ‘n plank…..op Zee se blog…. Ag berge val op my en bedek my
En ek kon nie verstaan dat die A3 vra of Zee die Wizard of Oz het nie whaahaahaa ek rol van my stoel af soos ek vir myself lag.
A3 Zee se moeksie, daardie matriek afskeid rok is ‘n wenner!
Zee, solank daar ‘n groot budget vir handsakke en skoene is… Ek dink Wip gaan ‘n prima donna wees andersinds!
Ek hardloop soos ‘n afkop hoender rond tussen Zee se blog en myne om hierdie rol wat ek so verkeerd vertolk in Days of our Lives reg te stel, die gehoor ” Boe” !!!!! dat ek hulle wie weet waar kan hoor. Ek sal ook nooit ‘n Oscar kan wen nie
Girls daardie Days of our Life’s mense sal eers vir my hulle handsak en skoene budget moet wys.
BAIE oulik! toe my kind so 2 jaar oud was, sit sy die een oggend voor die spieel, lippe dik geplak van die lipstiffie…room dik aan die gesig gesmeer…ek is nou nog spyt ek het nie ‘n foto geneem nie…
Oulike pics! Ek is bly jy hou boek van al my huiswerk, want ek is so ver agter ek sal nooit doodgaan nie
Wat is dit dat almal dink rooikoppe is sulke moeilike mense??? Ek is heel rustig, maar moet my nie verkeerd opvryf nie ou maat, want dan kom die vuurspuwende draakwyfie tog uit. Dis ook net in uiterste gevalle…
Cutie! Jy moet nooi van daai karretjies ontslae raak nie, hulle is baie geld werd, veral die wat nog in die boksies is, wonderlike versamelstukke.
Oulik Dorothy….ek like jou dinky-toys!
Ahhh, dit is te oulik!
Is goed sommige van julle is nie gebore in die jaar van die Groot Trek Herdenking nie. Dink net hoe sou julle kon spog met name soos Kakebenia of Eufesia!
Nikita ek sou ook spyt gewees het.
Kaalvoet dis juis die ding….whaha ons is heel rustig tot wanneer daardie drakies uitkom, dan kom daar groot probleme, “be afraid, be very afraid” Man ek skrik tot vir myself
Rosie ek was mal oor karretjies, het tot saam my seuns karretjies gespeel.
Dankie Paula en Demoerin
Rustig dankie tog ek is daardie name storie gespaar. Ek het ‘n groot ding met name. Ek het botweg geweier dat my kinders familiename moet kry. Ek was gekruisig.
Ek geniet hierdie foto kykery. Ons was darem maar ‘n paar oulike baba’s. En die ou fototjies is so priceless!
Hallo Wip…………… te cute!!
Ek was ook blykbaar van geboorte af nie op my bek geval nie, en toe ek groter word was ek die sterkste “seuntjie” in die buurt gewees!
Jo-Ann ek moet sê ek geniet ook om al die baba foto’s te kyk.
Verons, selfde hier, as seuns met my gesukkel het, het ek hulle sommer met my tas gefoeter. Ek vergeet skoon ek het nog albasters ook saam die seuns gespeel, dit was een van my gunsteling speletjies. Ons het albasters uitgeruil ook, hierdie was ‘n groot storie!
Dis nou oulik !!!
Dankie Zoeks
Wip ek het so ‘n moeviese groot albaster (ghoen) wat ‘n vriend van my in ‘n hangertjie gemaak het en ek dra hom nogals baie!
In std 5 het die sterkste outjie in die skool my vreeslik kwaad gemaak oppad huistoe ek is ook nie links nie toe hy nog dink hy spot my toe slaat ek hom plat! Die volgende dag toe is ek die sterkste outjie innie skool!
Baie jare later toe word daai einste outjie toe mos my man en die pa van my kinders!
Wipneus: Hoe meer ek kyk na die “dorothy” foto hoe meer begin dit nou lyk soos een van die tweeling dogtertjies wat in die gang gestaan het van die hotel in die rolprent “The Shining”.
Ek laaik jou foto’s Wipneus! Die baba enetjie is tog te sweet en ek laaik daai groot strik in die hare en daai handsak! Born to shop inderdaad!!
Agteros kom toe ook in die kraal… My huiswerk is gedoen…
EK sal binnekort antwoord, maar het darem op 21 April reeds ‘n paar foddies opgesit ( http://emiljung.co.za/?p=224 ) – teehee, ek sal dit aanpas en miskien, net miskien, een of twee ekstra opsit.
Regte klein parmant! En ek is mal oor daai reuse strik
Hi Reisiger mooi baba foto’s van jou daai
Emil ek het jou inskrywing gaan loer en dit baie geniet.
Son ek wonder of die strik nou mode was in my tyd? Ek wil tog my ma vra.
[...] Wipneus het ‘n comment gekry dat sy net soos Dorothy van The Wizard of Oz lyk, nou gaan ek eers bietjie brag oor die regte ene. Jessica is my niggie wat in Amerika bly en hier is so ietsie oor haar! En ja, ek is verskriklik trots op haar! [...]
Te oulik
Ek belowe ek sal die naweek plan maak om saam te speel.
Ek kan nie wag nie….. Louisa
Aaah! Cute…
Dis nou rerig ‘n lekker tag hierdie. Ek geniet die foto’s vreeslik. Het gisteraand beginne rondkrap vir myne. Next week!
Dit is ‘n lekker tag Dellie, ek sien uit na jou foto’s
[...] write again a bit later, but for now there is also the small matter of an outstanding tag by Wipneus for baby pics and a few up to the age of 10 to take care of. Here you go – a few random pics of me [...]