Wipneus het gaan soek vir kleur in haar tuin
Julle moet weet hierdie het inspanning gekos, om dit vir julle ook te wys
waardeer dit….
******
‘n Paar los gedagtes….. my kop dink vandag rond en bont…alles is deurmekaar in my brein………
Hulle noem dit: griep is oppad …..wonder of dit nie dalk katgriep is nie?
******
As ek siek word, is ek erger as ‘n man, ek wonder hoekom wil niemand vandag naby my kom nie.
Waar is liefde as jy dit die dag nodig het?
Wanneer ek kwaad was wou my kinders nooit hê ek moes hulle hare kam toe hulle klein was nie. Ek wonder hoekom voel ek vandag lus om weer hulle hare te kam?
My gesig staan nie altyd so skeef nie!
Ek kry karsiekte as ek dink ek moet nou nog boeke ook doen.
Goeie kommunikasie in ‘n huwelik is baie belangrik, al is jou maat dodelik siek……
As ek buk om iets van die vloer af op te tel, hang ek eers so kop onderste-bo om te kyk of daar nie nog iets is wat ek daar onder moet doen nie.
Ek bly kalm, tel tot tien, en dink, sjoe! Wipneus goed gedoen, helaas al die feite was nie op die tafel
My gedagtes loop nie net ver paaie nie, my brein loop vandag heeltemal weg.
Lag is baie goed vir mens, ek preek dit altyd. Dis soos langafstand hardloop vir jou derms. Hoekom pleeg ek misdaad deur nie vandag te wil lag nie?
Daar is baie om voor dankbaar te wees in die lewe, ek sit byvoorbeeld nou hier en kyk vir myself in my hand spieël, hel, dis darem maar nice dat plooie nie seer is nie. ( Tyd vir hysbakkies dokter om hier in te spring)
Moenie ‘n rooi pantie by ‘n wit langbroek dra nie. Hoe kan jy so by kliënte opdaag wat griep het? Jy moes verwag het Wipneus gaan jou soos ‘n skaap aankyk.
Ek wil James Bond wees, niemand sal met my Bollie soek nie. Ek sal net sê: “My name is James…James Bond” …. dan sien jy net hoe skarrel mense om vir my weg te hardloop.
Ek kan voel my brein selle het vandag so bietjie verminder, na ‘n goeie “manageable” hoeveelheid. Ek “cope” beter as hy nie te veel inneem vandag nie.
Die beste plek om te wees as ek soos vandag voel, is in my Beer se arms.
Julle dink reg…..
ek is ‘n
drama queen!!!
Dankie vir my Oscar….
Laat weet my asseblief as dit Vrydag is?
Ek is “stoned” van al die medisyne
(Adrie gaan nou weer sê, ek smokkel met teddie se kop)
Lekker naweek hou!
































Ek travel met die spoed van lig na al die mooi plekke in die heelal, dis magic!!




















Aangesien jy klaar besluit het wat Adrie gaan se, hoef Adrie seker niks te se nie.
Net: EERSTE!!!!
Laat ek net gou my derms oefening gee
Ouma
Jou kop is omtrent deur mekaar… dis Bond, James Bond!
Manlief bly vêr weg as ek nie lekker voel nie, loer so nou en dan in die kamer en vra of ek iets nodig het, maar dis dit!! Seker maar bang hy kry wat ek het, en lyk soos ek!!
Net nie dit nie!!
PS: Pragtige blomme!!!
Nats sien jy nou, my kop werk nie saam nie …..
Weet nie hoe lank gaan die blomme nog so mooi wees nie, die koue begin dit nou vang, dis nie meer so mooi nie.
Hulle vermy, my ook vandag….. ek kry regtig katgriep! Weet nie wie het nou weer sy kieme oor my genies nie!!
Smaak my ons is in dieselfde boot!!! Hier is iets in die lug wat my neus grensloos irriteer en ek nies dat my breins wil uitklim! My neus loop ook nog met my weg, MAAR ek weier om te se ek is siek! EK IS NIE SIEK NIE!!!!
Hi Kaalvoet ek voel goor, ek het koue koors en dan is ek nog naar ook, en ek het hoofpyn. Ek dink ek moet gaan vir cupping. Maar ek is nie SIEK nie hoor!
Julle beurt, is julle beurt.
Wat meen jy dis ons beurt Adrie! Jy’s ‘n sadis! Ek het verseker nie griep nie, voel eerder soos hooikoors! Hier wil ek nie weer siek word nie, want hier is NIEMAND om my te nurse nie en skoolgee in so toestand is nie snaaks nie
EK gaan nou nie dat dit my naweekplanne opvoeter nie! Moreaand klim ek op ‘n bus en is reg vir ‘n lekker kuier!
Adrie
Ons is siek, bietjie simpatie sal waardeer word dankie….
Oe! Kaalvoet is dit weer bus ry die naweek
Jip Wip…ek bereik my bestemming eers half 12, maar dis darem ‘n ekstra aandjie!
Dog ek laat weet jou net…DIS VRYDAG…wel hier by my in elk geval en ek dink ek moet gaan slaap!!!!!!!! Dis weer vroeg opstaan en dit gaan ‘n lang dag wees….lekker aand verder !!!
He he geniet dit Kaalvoet. Lekker slaap
Ag siestog vriendenetjietjietjie, kom hiers vir jou ‘n tissue, kan ek jou neusie afvee… Ag shame, hier is vir jou ‘n disprin en ‘n flake…
Gaan klim jy nou maar in die bed en sit die warmkombersie hoog aan. Ek sal met teddie reel vir ‘n lekker brannafienkie met heuning en suurlemoensap alla Skoor en more (Wat Vrydag) is voel jy dan sommer weer springlewendig….
Ag fooooooiiii tog….. My hartjie bloei vir jou!!!!
Sies Pik!!! jy spot met my
Nooit vriendin… Ek gee dan vir jou ‘n flake! Ek het nounet vir jou ‘n blommetjie vir jou tuin ook gestuur! En hier is sommer vir jou ‘n soentjie ook… MWHAAA!
Whahaha jy wil mos lelik wees met my Pik, met jou jammer soentjie gaan jy môre katgriep hê. Dis aansteeklik!
Simpatie! Dis goor!
Jel Wip, jy klink rêrig siek – o, donner jong, drink jou meds, kyk na jouself, HOT TEDDIE hmm ek bedoel TODDIE – nee, grappies op ‘n stokkie, jammer vriendin, dis glad nie lekker om siek te wees nie – ek dink aan jou!
Voel gou beter!! Miskien moet jy bietjie online shopping doen om te help met die beterskap.
Wip en Kaalvoet
Ek het net raas gekry toe ek siek was.
Sterkte Kaalfooie, ek weet hoe jy voel. Ek is ook maar my eie nurse.
Wipneus, miskien moes jy dagga gerook het, dan het jy nie griep gekry nie
Jy beter gesond word, ek het planne
Pragtige kleure! My gunsteling kleur… en kry vir jou ‘n brandewyntjie…dalk help dit…
word gou beter!
ps…oppas vir die brandewyn….jy mag dalk begin sing…”o brandewyn laat my staan…” hahahaha!
Ouma Wip
Kyk net my tweeling. Sy verneuk haar manlief met my BF. Die ergste van alles is, Ouma sterk haar in haar kwaad. My eie persoonlike gesig moet my gevreetjie bly, maar Nats mag maar haar skelmpie as ‘n gevreetjie gebruik.
Hoop jy voel al beter! Hierdiekant het al wat ‘n snotkop is ‘n snotneus! G’n wonder ek het ‘n seer keel en loop neus nie! Gelukkig bly dit daarby…dink ek is al immuun teen die Koreaanse bugs! Sterkte en lekker naweek hou Wip! Ek gaan
So terloops…bly sommer in die bed en gebruik vandag se datum (Vr die 13e) as verskoning
Dankie vir jou simpatie Boendoe, uiteindelik iemand wat my bietjie simpatie gee….
Dankie Sammie, Toddie dokter my darem
Netjane, online shopping, dan is ek sommer dadelik gesond
Son ek is nou nuuskierig?
Nikita brandewyn klink na net die ding, ek sal nie eers weet ek het griep nie.
Adrie, Nats gebruik net sy prentjie, maar hy is jou skelmpie
Hi Kaalvoet. Toemaar na die naweek
(die naweek
sal dit baie beter gaan en hopelik is jou verkoue of griep of katgriep dan beter!!
Dis nou nog Vrydag die 13de ook
Spaar my net die detail, vandag sit ek net in my hoekie en wag vir die dag om verby te gaan
hehehe! EK dink dis maar iets soos hooikoors of iets in daai lyn, want ek is regtig ok! EK wil tog net nie weer iemand aansteek nie, want dan word ek dalk verban na die uithoeke van doe aarde!
Dis darem al half 4 by my en ek het my kinders nou bietjie skryfwerk gegee, sodat ek kan blog lees!
Hi Wip, Dr Oz reken as mens elke uur of so ‘n vit C tablet neem is mens vinnig uit jou siekte toestand. Hy reken 6 ure later is jy gesond, en nie 6 dae nie. Sallie weet of dit werk nie, ek was wonder bo wonder lanklaas siek…..maar as ek siek word sal ek dit probeer en terugvoering gee
Sterkte, hoop jy word gou beter
Groetetjies
Sonneblom
Ek OD op Vit C en dit werkie so vinnig nie. Mens moet ook maar versigtig wees vir Vit C vergiftiging…
Kaalvoet jou skype is af????
Sonnie ek gaan nou dadelik begin vit c vat, maar ek wonder hoeveel mg? Ek dink in elk geval ek het te min vit c in my lyf…:razz: ek hou nie van vrugte nie… ek is nie ‘n haas nie…
Ek weet Wip….ek is by die skool! Skype net as ek by die huis is….stuur maar ‘n posduif as jy wil
1000mg is die beste Wip
Sjoe, ek sal weer moet lees en dan vir myself prentjies teken. Miskien hardloop jou gedagtes weg omdat hulle ‘n break nodig het!
Hoop jy voel beter vanoggend… Mwhaaaaa!!
Hoop jy voel gou beter.
Jou blommetjies lyk regtig pragtig!
More op Rydag die 13e!!
Moet sê ek voel vandag sommer baie beter was die laaste paar dae ook maar lekker vrot vannie griep gewees………
Wip jou blommetjies lyk sommer vrolik! Dankie
Kaalvoet lekker naweek hou, ons het nou klaar gesels
Demoerin toe ek nou vanoggend weer lees, toe sien ek hel Wipneus maar jy was gister ge-stoned!!!!
Pikkie jy gaan katgriep kry!!!
Dankie Paula, die blommetjies gaan nie meer lank mooi bly nie…
Hi Verons
Ek is bly jy voel beter, ek het al jou e posse so geniet vanoggend, dit het die lag in my dag gesit!!!
Jy weet, al jou gebabbel maak heeltemal sin vir my. Seker omdat ek net so vol medisune is soos jy! Ek blaf die beste in die buurt.
En ek is nou gatvol hiervoor! Dis seker die bleddie vierde keer hierdie jaar!
Ek moet sê, ek het gister hierdie stropie van Skoor aangemaak, en ek het nie so erg gehoes gisternag nie:
1 bottel heuning
2 botteljies Lennons borsdruppels
1 bottleltjie Lennons peppermint druppels
suurlemoensap na smaak
Meng alles, ek sluk sommer sulke groot lepels vol op ‘n slag. Lekker strelend oppi seer keel.
PS. Wippie, boeke doen en medikasie is nie maatjies nie… vra my, ek weet! Hoop jy voel gou beter.
Dankie vir die resep Dellie, gaan dit definitief probeer.
Ek het vanoggend agter gekom…. boeke en katgriep loop verseker nie saam nie… he he
Wippie, daai Skoor reseppie werk regtig, probeer gerus. Hoop jy voel gou beter want as ek dink dit is wat Sonkind beplan beter jy gou beter wees!
Ek probeer hard op gesond te word Zee!!!
Word gou gesond. Binnekort iets van die verlede. Iemand het vir my gesê. As jy val, moenie dadelik opstaan nie, kyk eers rond oor hoekom jy geval het, sodat jy nie volgende keer dieselfde fout maak nie.
Dankie Riaan, ag hierdie is net bietjie griep wat my swaar beet gekry het…. dis binnekort oor as Teddie my so mooi dokter. Lekker naweek vir jou!