Baie keer in my lewe sê mense vir my. “Jinne Wipneus, jy is net te gelukkig”. Is daar iets soos “te“ gelukkig wees? Wat op aarde beteken dit, wonder ek altyd?
Ja ek is gelukkig, Ek lewe ‘n wonderlike lewe. Hoekom kan ek nie sê ek is gelukkig nie. Daar het ook al baie slegte dinge met my gebeur. Maar ek verkies nogsteeds om gelukkig te wees. Ek wil nie heel dag sit en “sulk” nie, hoe vervelig moet so lewe wees? Hoe ongelukkig moet so lewe wees?
My vraag is, hoekom sou mense die aanmerking maak? Ons lewens is presies dieselfde, myne is nie anders nie, wel nie baie anders nie. Niks maak hulle meer opgewonde nie, hulle gaan net aan met die lewe. Dus sommer hier kan ek ‘n rede uitdink, mens verval in gewoonte, hulle is bang vir verandering. Verandering gaan gewoondlik gepaard met ‘n paar ongemaklikhede, roetine verander.
Sommige mense sê altyd: “Ag, nee jy sit aan, geen mens kan so gelukkig wees nie. Die mense wat my lank genoeg ken weet, dis maar soos Wipneus operate. Niks aansittery, wat jy sien is wat jy kry…. So gemaak so laat staan.
It’s always happy hour
Om gelukkig te wees moet jy jouself omring met positiewe en gelukkige mense. Mense wat lekker kan lag. Ons almal gaan deur donker dae, ek kry dit ook. Ek was ‘n jaar van my verstand af, dit was hel in daardie wêreld. Vandag is ek weer my ou self, gelukkig - “not a care in the world” . My teddie, kinders, vriendinne en familie het bankvas agter my gestaan en het my weer help opstaan. Ek noem ook hierdie mense vandag, my beskerm engele.
Dit het byvoorbeeld vreeslik rof gegaan hierdie week. Ek het verwilderd na die lewe gestaar. Lisa (my pasella dogtertjie) sê: “Wipneus, ons is people pleasers, nie ‘n slegte ding nie (We try to make the world a better place) maar ten koste van onsself en die mense vir wie ons “genuine” lief is. Ons moet Marilize se raad volg: : “get your hair done and put on your happy face”…(dan trek Marilize haar gesig so fake smile)!!

So ek kry ook my af dae, maar ek is nogsteeds gelukkig, my lewe is “bliss”. Hoe kan dit ongelukkig wees. Ek het ‘n man en kinders wat baie lief is vir my. Ek het ‘n dak oor my kop, kossies op die tafel en ‘n hele hoop vriende en vriendinne wat regtig vir my omgee. Geluk lê binne in jouself. Dis jou eie keuse.
Daar gaan altyd mense wees wat wil hê jy moet minder gelukkig wees,. Hulle sal dinge doen en sê om in die pad van jou geluk te staan. Moet dit nooit toelaat nie. Moenie dat hierdie mense jou insluk nie. As hulle dinge sê en doen waarmee jy nie saamstem nie, hou verby, of ignoreer dit, pleit doof en blind. Wees gelukkig, wees lief vir die lewe, wees lief vir jouself en onthou, en kyk om jou rond, jy het baie om voor dankbaar te wees.
Adrie het my getag, sy soek “Wipneus” se slagspreuk:
“It’s always happy hour
Don’t worry be happy”































Ek travel met die spoed van lig na al die mooi plekke in die heelal, dis magic!!





















Hello! Ek lees jou blog gereeld, en elke keer is ‘n fees! Wat jy sê is so waar! Dankie ook vir jou lekker stories…hoop om eendag saam jou ‘n wyntjie te drink!
KOUE en NAT Kaapse groete, Alda
Welkom terug
EEEEEERSTE! Hallo Wipneus, bly jy is terug… Dankie dat jy altyd happy is!
O Fip, ek meen derde, sorry Siamees!!!
Be happy
Klink nogal soos jy.
Welkom Alda, enige tyd drink ons twee ‘n wyntjie saam en gesels tot die son opkom.
Dankie Jaco
Hello Pikkie my siamesie, ek het klaar jou blog gelees!! Voel jy al beter van die bug?
Adrie jy sal weet
Bly jy is terug. Ek stem saam met jou slagspreuk. En jou lewensuitkyk. Positiewe energie is ‘n wonderlike ding. Baie dae is jy my happy pilletjie, sonder dat jy dit weet. Thanx!
Bly om te sien jy’s terug! Everything you say is sooooo true! Dis sooooo lekker om happy te wees en mens kan nooit te happy wees nie man! Die lewe is ‘n lied, sing bliksem sing!!!
Hi Dellie, ek het al na jou worsies begin loer, man hulle word net ouliker by die dag, my hart het sommer vermurwe by hasie hop….. jy is my happy pil ook….
altyd net ons ou Dellie rustig en vol pret!
Kaalvoet slaap jy nogsteeds nie
geen wonder jy sukkel so met hoofpyne nie. Jy slaap nooit hahaha
Ek sing Kaalvoet ek sing…. uhhh wat sing ons?
obladi-oplada life goes on……klaarblyklik! Die monster het ontwaak, dis hoekom ek nog wakker is….wag net vir die pille om daai armpie weer te laat val-val
Wippie, dis so waar wat jy hierso skryf vandag. Ek het ook nou al geleer om vir almal om my te smile even as ek bestuur. Smile and the whole world smile with you!! (mmm, miskien kan ek dit gebruik as my motto).
Dellie het ook nou die dag oor die positiewe attitude geskryf en dit is darem so waar. En ja, stem ook saam met haar, jy is soos ‘n pillietjie vir ons
Kaalvoet ob la di ob la di live goes on ooohhhh la la la la live goes on…… ag nee Kaalvoet, ek hoop nie die hoofpyn gaan weer so erg wees nie
Zee julle blogs is vir my ook happy pills, ek het dit so gemis!!! Ek lei aan ontrekking simptome….
Dis ‘n nice motto: Smile and the whole world smile with you. As jy dit doen as jy bestuur dan is dit wel jou motto!!
Jy’s terug! Yippee-ka-yay-yay!!
As jy gelukkig is, maak jy soveel ander mense ook gelukkig, sonder om iets te doen. Win-win!
Ek smile hier in Stockholm, maar net die babas en die immigrante smile terug.
Hi daar julle
Mens kan self besluit of jy happy deur die lewe gaan, of ‘n suurknol te wees…. ek kies HAPPY, al kos dit baie alkohol soms !!!
Mens moet so hard as wat jy kan positief bly. Soos Zoekoe se al kos dit n hele paaar rand of korean won. Hier is die soju darem goedkoop en baie potent, so dus maak dit my gereeld haapy, net jammer die volgende oggend vat dit so bietjie langer om daai oulike smile weer optesit, somewhere verloor langs die pad. :0
Dankie vir jou mooi inskrywing! NET VIR MY!!!! Tnx.
Netjane whahaha net die babas en immigrante vertel jy my
Zoekoe, ek stem as jy nie kan happy wees nie, skink dan maar ietsie in, miskien het jy te veel stres!!
MJ dit lyk my dis maklik om in korea happy te wees, jy besoek net ‘n Karaoke bar, man ek sal feeste hê in daai plek, jy gaan my nie gou by daardie mikrofoon wegkry nie!! Daardie soju klink vir my soos gif
Hi Tersia, spesiaal net vir jou
Die weer is in WordPress, so as hierdie twee keer verskyn, delete maar een!
Hierdie is een van die beste posts wat ek al raakgelees het. Ek verpes negatiewe mense. My ma sê altyd ek is nes ‘n kurkprop, niks kry my onder nie
Lag en die wêreld lag saam, huil en jou oë is opgepof en lelik en jy sit nog boonop met ‘n snotneus!
Hi Sonnie, kurkprop is ‘n lekker manier om dit te beskryf!! Ek is dan ook ‘n kurkprop!!
Soju kan teer van die pad afhaal Wip! Dis ‘n lelike deng dai! Veral as jy dit so saam met die bier meng! “Soju later”
Hi Kaalvoet, waarvan word die Soju gemaak? Is dit harde hout??
Bring dit groot kopsere??? Lê dit jou lam??
Hello my engeltjie
Ja, geluk en beauty is in the eeyes of the beholder.
Dit irriteer my net so effetjies as mense dit in jou keelkie wil afdruk hmm … hiehie, hoopie jy vat dit verkeerd nie, dalk sny jy my uit… hahahah. Joanne Harris skryf dat die lewe bitterlikmoeilik en sad was 500 jaar gelede. Vandaar al die sprokies en feëverhale. Die lewe is nogsteeds hartseer en so vandag, vandaar al die entertainment om ons op te tjirts. Ek dink net die skoonheid innie lewe is genoeg om mens gelikkig te maak, en die soeke, die vrae, die strewe na ‘n ho♪r en beter bestaan… sonner allie materialisme, wat nou onmoobtlik is oppie aarde, but somehow I always feel a sense of immense loss…maybe it’s the poet in me.
Love
Anne
Ek het ook ook eenkeer gehoor… ag positief KAK man, negatief… ewe vol stront, maar hoop.
Daar is altyd hoop.
En skoonhied… waar mens kyk sal jy dit sien nê… soos La Vita e bella, daai famous movie met Roberto Begnini. Ek meen onder die ellendigste omstandighede sien mens soms tog ‘n skrefie sonlig wat deurfilter …. of a poem wat by jou opkom. of jy dink in jou gedagtes aan ou Roberto se grappies en poësie (soos in the tiger and the snow)
shit miskien moes ek my eie blog hapie geskryfies het.
hm, dalk is jy die inspurende enetjie wipneus vannie maan en sterre
ansophie
froete
Welkom terug Wip!!
Maar as die lewe ‘n lied is kan iemand asb net vir my die donnerse woorde gee!!
That’s why we keep coming back Wip! For more ‘te’… and you’ve proven time and time again dat ‘te veel’ soveel lekkerder is as ‘te min’.
Keep on pleasing ‘the people’! en ehm… ag, net dankie skat x
Happiness, net soos beauty, is in the eye of the beholder. Dit gaan alles oor ‘n point of view! Gelukkig is joune reg!
Ansophie ek gaan jou nou dadelik opsaal met hierdie werkie, skryf verder oor hierdie happy daar op jou blog
La Vita e bella – mmmmm…. ons is op dieselfde golf lengte!!
Met ‘n mooi gedig, jy doen dit so goed. Jy dink soos ‘n digter Ansophie!!
Verons ek sal begin werk aan die woorde vir daardie lied…. miskien kan BB help, sy is die musikale een tussen ons, ek hoor sy skryf en sing fantasties, ek is al so nuuskierig.
Dan verander my pop liedjie in hard rock of heavy metal whahaha
Die lewe is definitief ‘n lied, ek kies my eie woorde, soms gooi ek tantrums as die lewe nie loop soos ek wil hê dit moet loop nie
Hi BB
Ek wil nou nie hier doekies omdraai nie, wanneer en waar kan ek gaan luister hoe sing jy??? My nuuskierigheid ken geen perke nie! En Jaco en Krista maak mens net meer nuuskierig.
Demoerin ons is op dieselfde treinspoor op pad na la-la land…… ons point of view, is picture perfect!!!
Daar is nog plek op ons trein vir die wat wil saam ry
Welkom terug, Wip. Ja, dis goed om jou sprankelende self weer in ons midde te he! Jy het ongelukkig die verkeerde een getag, maar ek is maar te bly om my motto te deel! Gee my 10 minute!
I had to move my blog. I hope you come by and see me there. Love, Nora.
loved ur post,ek is sommer heeltemal happy,maar my tafel maak my nog happier!sssssssoooooooorrrrrrrrryyyyyyyyyy!anyone up for alittle”how’s ur mama” op my tafel!
Hi Boendoe ek kan nie wag nie!!! Jy is glad nie die verkeerde een nie.
Hi Nora, I’m coming!!!!!
Hello Anne, whahaha ek weet jou tafel maak jou happy, jy is so gelukkig om so wonderlike tafel te hê!!! Jou moto is verseker:
DOEN DIT ANNE SE MANIER, KRY ‘N TAFEL EN BE HAPPY!!!!
Wip, ek drink nie daai gif sommer nie! Soos vodka van aartappels gemaak word, word soju van patats gemaak en is nie so sterk soos vodka nie. Dis net giftiger as jy verstaan wat ek bedoel…drank gee my gelukkig nie hoofpyn nie! Ek drink maar eerder my ou wyntjie…
Is daar nog plek op daai trein van jou, want ek wil ook opklim. Ek sal op die dak ook sit as dit moet!
So jy’t nie dagga koekies of chocolate of ‘n tafel of enige iets nodig om jou ‘high’ te kry nie. Jy IS op ‘n high. Nee maar geniet.
Ek hou van jou slagspreuk… !! Klink soos die pubs! lol! “We all live with the objective of being happy, our lives are all different and yet the same.”
–Anne Frank
Hi Kaalvoet ek dink ek het nou gesien dat hierdie soju mense heel vrolik maak whahaha
Drink maar liewer jou wyntjie…
Roer ek is permanent op ‘n high ek dink dis kaffeine – van al die baie koffie!!!
Nikita
jy is getag, het jy gesien?
Suur mense wat vir jou se om nie happy te wees nie, ai tog. Bly jy is terug en happy, happy!
Mens moet vrolik en gelukkig wees en ten volle lewe! Daar’s ‘n gesegte wat se: Die tragedie van die lewe is nie dat dit so gou tot ‘n einde kom nie, maar dat ons lank wag om daarmee te begin en dis so waar.
Hi Rosie, ek is net so bly om terug te wees!! Lekker naweek hou!
Sandra dis nou wyse woorde!! Ek hou baie van daardie gesegte!! Geniet dit saam jou kinders!!
Bly jy’s weer terug en op jou stukke Wippie!! Lekker positiewe inskrywing – I laaik!!
Ek wil asseblief tog nie doodgaan op 40 en eers op 70 begrawe word nie!! Behoede my!
Reisiger ons gaan eers op 70 oud word en op 100 begrawe word!!! Ons is nie hier om dood te gaan nie
Ons lewe vir ‘n goue medalje!!
Ag ek wil eers op 200 doodgaan en op 201 veras word! Hoe’s daai?
Ek is nog glad nie oud nie, ek beplan ook nie om oud te word nie, die woord oud bestaan nie eindelik in my woordeskat nie.
Buitendien ek beplan om ‘n funky ouma te wees!!
Wippie, whawha! Ek is jou een voor.., Ek is klaar n funky ouma en sommer nog cool daarby!
Zee ek dink ook jy is ‘n funky en very “cool” Ouma!! Ek sal by jou leer hoe dit gedoen word
hemel ek is nou skoon moeg
Ansophie huh????
[...] was tagged by Wipneus to write about my “slogan” in life…well, firstly I want to apologise, as this [...]