Deesdae wil my oë uit hulle oogkaste spring. Ek sien die snaakste en vreeslikste dinge!!
Fluister ek vir Teddie:
Hier kom ou flenterjas.
Mense dit lyk soos Ndebele drag wat in aantog is!!
Ek stuur dadelik ‘n boodskap deur brein toe:
Zoom bietjie in op hierdie storie, oge!!!
Die oge stuur die sein terug:
Dis ‘n gehekelde jas (die een wat dit gehekel het, het nog steke ook laat wegraak), dit lyk kompleet soos daardie gehekelde kombersies wat my ouma vir die ouetehuise gehekel het, om die oumense se bene warm te hou. En die vrou hou vir haar hoor. Sy loop windgaterig en heup swaaiend in die gang af, een vir jou en een vir my!!
Terwyl die skreeu bont jas pante, deur die lug wapper!!

Teddie skrik so groot vir die “Coat of many Colours” hy verstik in sy koffie, en keer amper die hele koppie koffie om!!
Wipneus sluk so drie keer swaar, stemmig hou ek my “pose” en kyk maar liewer anderkant toe. Ek lyk soos Mbeki by ‘n AU vergadering, stokstyf soos ‘n soutpilaar. Ek mag net nie nou lag nie. Ek begin dink aan ander dinge, (om die gedagtes weg te lei) soos toe Riaan Cruywagen een aand nuus gelees het en die berig het gegaan oor ‘n padda kompetisie, Riaan kon nie sy lag hou nie, hoe hard hy ookal probeer het. Dit was skreeusnaaks. Want ‘n nuusleser lag nie, en Riaan lag nie. Onthou julle ook die gebeurtenis? Ek onthou altyd sulke snaakse goed, plaas ek eerder my wiskundige formules so onthou !!
Dit is ook nie juis op hierdie oomblik, die tipe ding wat deur jou brein moet hardloop nie. Ek behoort eerder oor iets hartseer te dink. Ek kyk benoud rond en merk die res van die mense staar ook groot-oog na hierdie “Amazing Technicolour dreamcoat”. Sommige mense kry die glimlag op die gesig. Kom Teddie, ons gaan vandag ons naam slaan met ‘n plank, en jy gaan jou doodskaam vir jou vrou…..
Op die oomblik is dit baie koud hier by ons….. My tone en vingers vries letterlik af……ek bewe…
By die kar…. is Teddie besig om oop te sluit…. Die volgende oomblik kom hier ‘n witgedaante verby gesweef. Die witgedaante lyk soos ‘n model. Baie aantreklik en die manne “drool”. Teddie het ook seker “gedrool”, ek neem die arme man nie kwalik nie. Mooi was nog nooit lelik nie.
Liewe aarde mense, die meisiekind is in haar Desember son vakansie klere uitgevat!! Sy lyk vreeslik mooi maar …………..
Die arme dingetjie lyk soos een van hierdie pappegaaie wat al hulle vere uit onnoselheid of hardegatgeit uitgepluk het. Die ene hoendervleis. Sy gaan dood van die koue….. Maar dit flirt en smile …. As dit so koud is, sit ek met ‘n kombers voor my rekenaar (nou nie die gehekelde soort nie), waar gaan ek nog krag kry vir flirt en smile.
Vandag se jong meisies is baie dapper en braaf. Wipneus “salute” julle!

Die lewe is vreeslik snaaks daarbuite…….
Credit: Google Images































Ek travel met die spoed van lig na al die mooi plekke in die heelal, dis magic!!





















Eerste
Ek lyk soos ‘n eskimo. Met ‘n rooi neus en al.
Rooi neus Adrie??? haai siestog!! dis nie lekker nie, ek hoop jy voel gou beter!! ‘n Hanswors het ook ‘n rooi neus!!
Ek sal die hanswors met die rooi neus wees, los vir Adrie dat sy die Eskimo bly…. Ek sal ‘n paar truuks ook doen, op my kop staan, deur my tone fluit, en al sulke snaakse dingetjies…. Enigiets solank ek net nie meer hierdie vreeslike koue moet trotseer nie…
Ek trek sommer Upington toe!!!!
Dis nie n match teen die somer hier nie pikkelik, glo my, dis fotton walm. Korea se seisoene is absoluut uiterstes, -14 in die winter en dan die somer is die humidity ondraaglik. ek hou maar van SA weer.
Snaaks Wipneus die jong meisies hier is net so lekker braaf in die winter, ek kon nie eers my tone voel onder al die kouse wat ek aangehad het, en my karpa baadjie nie, maar weet j dan loop hulle met minnies en haakskoontjies in die strate . Ek het sommer vir hulle part ook gevries
Oulike inskrywingtjie – en ja dis alweer vroeg in die oggend hier by my
Jinne Pik maar die jaar kry ek erg koud, en die mense stry met my hulle sê dit was laasjaar kouer… seker die ouderdom wat inskop – met mening wil ek bysê, want hierdie jaar voel dit meer soos vriestoestande!!
MJ hello naguil
Ek weet nie hoe kry die girls dit reg om nie koud te kry nie, is daar die een of ander magic doepa wat hulle drink??? Ek moet bietjie navorsing doen!
Ek is mal oor die gehekelde jas se kleure!
Ai maar jy kan darm n prentjie hier in my kop verf!
Paula die kleure, o ja!! ek is ook mal oor kleure, maar so gehekelde oorgroot bont kombers oor jou??? My vriendin jy sou in jou koffie gestik het!! Sy is ‘n spirituele siel, jy sien dit sommer dadelik, die wat met wierrook stokkies rond hardloop en hummm hummm
TJ ek sien jy is soos ek, ons skilder prentjies in ons koppe, en dit kan sorg vir groot amok!! Want ons wil ‘n beter en groter skildery verf!! En groter en beter beteken in hierdie geval, ‘n histeriese gelag!! Kan jy jou dit voorstel? Mens lag nie vir ander mense omdat hulle eksentriek is nie.
Wat se die spreekwoord? “Sal sy vere vir hom pluk”? of het ek al vergeet hoe die spreekwoord lui…daardie voel! (lees deelteken in asb!!)… sy vere is behoorlik gepluk! lol!
Wel, jy is ‘n beter mens as ek, want ek sou versker gelag het met al die prentjies in my kop! EK dink nie hulle is dapper of braaf om so in die koue rond te loop nie, eerder blerrie stupid! Soos MJ se, hier loop hulle met die minste rond in die winter en dan le die sneeu ‘n meter dik! Te dom om koud te kry…moet wees!
DIe somer hier is nie vir my baie lekker nie, maar ek like nie van koudkry nie. EK sien darem maar vreeslik baie uit na my SA somervakansie by die seeeeeeeeeee!
Nikita whaha die arme voël het gevrek van die koue hoor!! Wat sal ‘n vrou nie alles doen om die vangnette te stel nie? Selfs gepluk in die straat rond loop
Kaalvoet met die humiditeit by julle, sal ek ook nie van die somer hou nie
Miskien is dit in sommige mense se gene om nie koud te kry nie. Ek kry nooit maklik koud nie, ek weet nie wat gaan die jaar aan nie. Ek vrek behoorlik van die koue!!
Ek sit eerder soos ‘n eskimo aangetrek van al die warm klere as wat ek kaal rondloop om aandag te trek. Geen man sal mos vir jou kyk as jy die ene bewelippie en miertieties is van die koue nie?
My uitstappie was wragtig so uit die hel en dis sauna weer! EK kan dit nie vat nie, ek wil die heeltyd stort en die ergste kom nog…verder wil die longe nog nie binne bly nie en die blerrie weer help nie!
Lyk of dit gaan reen en dan gaan dit eers drukkend raak…dit reen al die hele week, so daar’s nog ‘n naweek daarmee heen! Sif plek die!
Krista!!Whahaha miertieties, dis ‘n nuwe een vir my!! Ek sal die een nou gereeld gebruik
Julle vakansie het aangebreek!! Geniet dit en lekker rus!!
Kaalvoet dit reën nou wraggies elke naweek by julle. Hoe kan mens nou lekker goed doen. Ek wens ek kon vir jou ‘n bottel hoesstroop stuur. Dis vir my vreeslik dat jy nie hoesstroop het nie!! Gelukkig is dit naweek!!!
Reisiger
Lekker naweek!
Vir jou ook Meermin!! Lekker shop en koffie drink
Hallo Murial’s Diaries
Hoor hier, as ek nou to mine own self true sou wees, wat nie moontlik is nie oor mense soos jy vir my sal lag, sou ek so jas gedra het. Dis soos die goed wat ek in my teintegir jare gebry het. Ek dink dis nice om in so jas vol kleure en aanmekaargeflans rond te loop.
Groete en dankie vir jou pragtige komentaar op my werk.
Ansophie
Hallo Wipneus! Jis, ek het nou lekker gelag. Jou beskrywing van mense en dinge is baie skerp en so funny.
Sal verseker weer kom inloer!
Lekker naweek
Ek weet die plekkie wat ek bly voer dure brandstof uit, maar hier is meer as genoeg hitte wat teen ‘n baie billike prys uitgevoer kan word vir almal wat koue het.
Die josefjas sal beslis groot oe hier kry, maar dan pluk ons ouens wat bietjie by die hitte begin aanpas het ook maar die truie uit as dit dalkies minder as 20 word.
Dit laat my nou dink aan my vriendin Mary Jane Veheul wat so in Boston Massachusetts in die aande in hoehakskoentjies en sykousies en kort rokkie uit die kar gewip het en oor die sneeu getrippel het. Ek het ‘n hengse dik jas gehad met kappie en flappies om die neus en mond toe te hou. Soos ‘n slaapska. Hulle het egter gewaarsku dat mens altyd met baadjies en komberse in die kar moet ry vir ingeval jy vasval in die sneeu en so. Erg die winters in Nieu Engeland. Of New England. Dieselfde plek. 6 State ek dink. Het hulle almal besoek en ook New York.
Ja Sandra, mens moet in lae aantrek. Dit wee almal. Met ‘n kortmou t -shirt of frokkie t-shirt heel onder. Ek kan eweskielik sulke gloede kry dat ek in ‘n swembad sal dui. Ek wissel baie . Baie warm, baie koud en ook tussenin.
Ansophie whahaha ek belowe ek sal nie vir jou lag nie, kyk dan nou net hoe goed het ek my “pose” hierbo gehou!! Ek glo sterk jy verstaan nie hoe het hierdie “Ndebele jas” gelyk nie!!
Loop maar met jou jassie rond, maar as ek en jy gaan koffie drink, sal ek verkies dat jy jou jassie tuis los en eerder maar die geplukte pappegaai ding doen!!!!
Hi Janine, dankie vir die nice kompliment, lekker naweek vir jou ook
Sandra, he he ek kry ook nie maklik koud nie, maar die jaar is dit ysig koud hier in Centurion…. ek sweer die weer het deurmekaar geraak daarbo???
of soos ek voorheen gesê het miskien word ek net oud!! Ek laat waai ook gou-gou met my klere…. maar met hoendervleis rond loop? …uh uh, dan kies ek eerder die “Ndebele jas”
en julle mag dan maar vir my lag!! Lekker naweek vir julle daar tussen die duine!!!
Ansophie
Ek het jare gelede ook so ‘n flambojante weird way gehad met tipiese gipsy/nomad ‘look’ – en ‘n true technicolor dreamcoat – nogal laat maak – deur my moffie maatjie Jani (hy was in sy element om stroke glitter en shine tussen die ander bladadige kleur in te werk – boonop was my hare vir lank Ferrari-rooi gekleur (soms mis ek nogal die rooi…) maar onder my bont baadjies en jasse het ek altyd swart gedra! en dis al wat van my former bohemian self oorgebly het – die liefde vir swart. Ek neig darem deesdae na choc-bruin (dis meer vleiend op my ouderdom, seg ‘hulle wat weet’
) – Maar ek haal my hoed af vir mense wat ‘mal’ genoeg om om uitspattige kleur in hulle klerekas te hê – en dit dan nog met ‘n windgat houding in die openbaar te dra!
en toe het ek die (ouerige) antie Saterdag gesien en ek en Monique het net ons oë vir mekaar ge-
– jeans & tekkies, gepermde koppie, nie ‘n druppel make-up, MAAR wait for this: ‘n toppie wat so tussen die boobs en die naeltjie sit en om die einste naeltjie: ‘n tattoo van ‘n ivy-tak of some or other rankplant wat onder die toppie begin en in die broek eindig, met ‘n boepie wat beter dae gesien het…
wassie mooi nie, regtig nie en ek het nog altyd ‘n leef en laat leef houding…
Julle!!
Die beste van als – haar ‘liefie’ wat kordaat en sigbaar baaaaaie trots hand-aan-hand met haar deur die mark slenter – not a care in the world en lief vir haar netsoos sy gemaak en gelaat staan is.
BB daardie gypsy look was hoog mode in ons dae, onthou jy nog?? Ek het nog bietjie van daardie weird tyd oorgehou, ek het oral wierook in die huis, kerse, ek is baie lief vir swart!!! Lyk altyd of ek begrafnis toe gaan, ek maak nou ‘n punt daarvan om my kas bietjie te red van hierdie doodse kleur
Ag nee, BB nou het ek hierdie antie met die rankplant nie gesien nie. Was dit na ons klaar weg was?
Ek sou my gekraak het…. ek kan vreeslik maklik aan die lag gaan, want ek is so jammer julle, dis nie swak maniere nie, dit gebeur net…..
Daar is iets verkeerd met my brein, ek sien altyd die snaaks in goed raak!! Tot my eie verleentheid!
Ek lag vir enige ding, mense se gesigsuitdrukkings, as mense baklei, as mens gat oor kop slaan en val, ek help hulle lag-lag op!! Bloedrooi in die gesig vir hierdie “faux-pas” van my!!
My lag is my ergste, grootste nagmerrie. Maar aan die anderkant wil ek ook net byvoeg, daardie lag kan binne ‘n sekonde ingesluk word as die humeur getickle word!!
LOL Wipneus!! Ek kan so lekker giggel as ek ‘n couple in die kar voor of langs my sien argue… jy hoef nie ‘n woord te hoor om te sien daar is marakkas en die vrouens probeer altyd hul bes om die ‘pose’ hou – so asof hulle weet hulle word gesien.
Biebs ek ken dit…. hulle baklei en dis net hande en hare wat spat in alle rigtings, hulle kry skaam, sien die mense kyk vir hulle, maar kan hulle net nie inhou nie, wil gou nog die laaste woord inkry!!
Geniet jou naweek en lekker uitrus. Ons gaan dalkies rugby gaan kyk die bulle :ewh: teen die sharks
Die pappegaai laat my so dink in KFC!
Neykie geniet die rugby!!
Moenie huil as jou span verloor nie!!
Rustig whahaha
Njoy jou naweek, myne begin oor 5min as ek op daai bus spring
Travel, travel, flippen busry en travel!
Moer maar dis warm!
EK gaan nou in die bus klim vir bietjie aircon
Cheers vir eers!
BB skree virrie All Blacks
Hi Kaalvoetjies geniet jou naweek!!! Bly uit die reën!!!!
BB, Wipneus doen ook die “Haka, omdat ek kan!!!
Ja ou Wip – in daai possie van jou issit maklik om die ‘haka’ te doen – Hahahahaha!! ons gewone sterflinge kan nie vir ‘n hele 3 minute so gehurk staan nie
– (voel later of mens wil gaan ‘loo’)
Biebs toemaar ek sal ook pieps as ek 3 minute so moet staan en gorrel…. en ek weet nie eers wat ek gorrel nie!!
Ja, ek weet ook nie hoe kry mense dit reg om so kaal in die koue te loop nie. As ek koud kry is ek sommer mislik, geen sprake van flirt en smile nie!!
Ja Eendjie ek brom ook nog en soos jy sê is sommer mislik as dit so koud is. En skielik het dit nou ysig koud geword, ek hoop nie die wandelende witgaante wandel vandag met haar Desember son vakansie klere rond nie. Dan gaan sy wraggies verkluim!!!
Ouma !!!
Ek is nie baie skerp vandag nie, veral nie na die week wat ek agter due rug het nie…. waaroor gaan die post nou eintik???
ek laaik dit as mooi meisies koud kry
Zoeksie!! whahaha
Verstaan jy nie? Toemaar Ouma ook nie……..
Lekker naweek, moet nou nie weer te veel party nie!!
Hello Wipgat van Upington…. ek is hierdie naweek genees van blogging!! Ek is uitstedig, gone, weg!!!
Toe-del-doe! Lekker naweek!!!
Haai maar Ouma Wip, (ter versagting vir die dame met haar “dreamcoat”) het jy nie geweet die modes van die Hippies en sestigs is weer terug nie. Met ander woorde “anything go’s!!”
Maar ernstig; is dit nie vreeslik dat hierdie “Papagaai-meisies” Sondag so in die kerk kom sit nie. Dit is as ‘n reel so koue gebou dat ek maar altyd ‘n ekstra warm dingetjie onder aan trek. Mens het lus en trek jou jas uit en bedek tog net die mens se uitsteek heupies en hoendervel armpies. Die hele erediens deur bewe ek vir haar part en my gedagte dwaal om komberse en jasse in plaas van dat ek na die boodskap luister.
Saloom jy is reg anything goes!! Dis hoekom Teddie deesdae elke keer die koppie koffie omkeer
he he miskien moet mens spaar kombersies in die kerk begin aanhou vir die pappegaai meisies.
Lekker naweek verder!!
[...] liedjie aan hom op oor obvious redes…
En dan wil ek dit ook aan my Vriendin Wipsiamees opdra net omdat sy ook so ‘n jassie het! Lekker naweek vir julle… (O ja, die [...]