Teddie sê ek is hierdie week op ‘n space mission
Het al klaar 50% van ons Cap opgebruik.

Manne en hul geskenke bly ‘n groot kopseer….
Laas jaar koop ek vir Teddie ‘n baie goeie teleskoop, betyds vir sy verjaarsdag. Ek spaar en spaar en dink so by myself: “Ou Beer jy gaan nie weet wat jou tref die jaar nie” Wel daar slaan die pôpô die “fan” – die teleskoop is nog so nuut op die mark en daar is ‘n waglys. Hulle bou hierdie teleskope ook met die hand, dus ek kon verstaan………..maar wat nou???
Ek raak paniekerig, die ding moet nog in SA arriveer betyds vir sy verjaarsdag. Ek kyk die almanak en sien, nee, hier gaan nie genoeg tyd wees nie. Soek vir ‘n troosgeskenkie tot die ander een arriveer … ta daaaa!!!
Coronado – PST

Met hierdie spesiale teleskoop kan jy na die Son kyk. Mens moet nooit direk in die Son in kyk nie, dit is baie gevaarlik. Jy sal jou “eyesight” verloor. Nee seriously mense, die keer grap ek nie. As jy nou vir “oulaas” groot perde wil sien, moet jy nou met ‘n gewone teleskoop Son toe loer. Kry maar vir jou hierdie speelding as jy wil sien hoe lyk die Son se vuurtonge en Sonvlekke. Vuurtonge het hulle ontstaan in sonvlekke en kom tot stand agv magnetiese kragbuise wat deur die oppervlak breek.
By vlekke is daar gewoonlik plage (Frans vir seestrand) wat soos helder seesand lyk maar baie hoë temprature het. Van die plage styg fakkelvlamme wat elektries-gelaaide deeltjies die ruimte inskiet. Wanneer hierdie deeltjies die aarde bereik, veroorsaak hulle magnetiese storms wat radioverbindings versteur.
Son aktiwiteit volg ‘n merkbare patroon met siklusse van ongeveer 11 jaar. Ons is nou op die laagtepunt van die siklus. So, baie minder sonvlekke is nou te sien. (Ons wag maar vir 2010)
Die grafiek toon die siklusse aan:
Figure 2: The sunspot butterfly diagram. This modern version is constructed (and regularly updated) by the solar group at NASA Marshall Space Flight Center
Die uitbarstende vuurtonge kan hoogtes van gemiddeld 40 000 km bereik en sywaarts 200 000km met diktes van 8 000 km. Die tempratuur in ‘n fakkelvlak kan ‘n miljard grade (109) bereik.
Ek dink die hel lyk seker ook so!!
of is die hel dalk in die buitenste duisternis?
en o jinne dit is vrek koud daar!!
ek dink dis 3 grade Kelvin ..
So either way, jy is gescrew, of jy gaan vrek warm kry of vrek koud kry…
Lewe maar julle lewe op die regte paadjie, gun ander hulle plekkie
onder hierdie SON ……
Hier is wat jy alles met die Meneertjie kan sien.



Krediet:
Wikipedia































Ek travel met die spoed van lig na al die mooi plekke in die heelal, dis magic!!





















Jou kennis is verstommend!
Nee wat Carina, ek lees net baie daaroor, en dis maklik as jy die ding sien. Dus ek kyk vir die goed waaroor ek leer, my brein save die prentjie en voila!!
Ek het altyd vir my kinders prentjies geteken, dan onthou hulle dit makliker.
Dis net ‘n stokperdjie, en mens gaan nooit, ooit alles weet nie. Want die “universe” is oneindigend!
Wippie, ek gaan weer kom kuier en dan wil ek die son bekyk.
Jy is darem nou sterk besig om my te educate hoor!!
(Stadig nou met die CAP…..
)
Zee, Teddie gee my daai Clint Eastwood kyk toe MWeb die sms deurstuur…. Uhm dit is nou eers die 8ste, ek weet nie wat het ek die maand gedoen nie
Daar is iemand wat my cap steel
Ek weet nie wie is daai iemand nie!
Ja julle moet die son kom kyk dis regtig baie mooi!!
Nice man!
Kan jy nie die teleskoop thingy aan jou web cam link nie, dan kan ons almal mos kyk?
Ice nie ‘n slegte idee nie
Nee hel, as ek sien is hier ‘n nuwe inskrywing…ek kry nie eers kans om die vorige een te verwerk nie *sug* As jou muse nog op vakansie is wil ek jou nie sien as hy die dag terug is nie
Baie interessante inskrywing. Die son is baie cool, of is dit nou hot???
Ek weet waar daai cap van jou heen is…al daai musiek van gister ….mmmmm
Baie nice Wipneus.
Hier gaan ons nog baie slim raak… hier tussen die uhmmmm…. son, maan en sterre!
Kaalvoet ek sweer dis daardie musiek!! Maar dis sulke mooi musiek!! Maar kan dit regtig so baie wees??Jy moet verstaan dit is nou klaar 3 Gig down te drain, ek weet nie hoeveel het ek al by die ander gebruik nie!!
Ek het maar myself bietjie positief gepraat, lyk my dit werk nogal as jy met jouself gesels …
Hi Alta dankie, btw ek het jou bietjie gaan loer daar by BP! Jy het ook nou so met my geraas oor my spoed, ek sal vir die volgende paar dae maar die kruipaksie op die pad moet doen
Hi Reisiger
Ek weet nou nie van die slim nie, maar dis lekker om met julle te deel wat ek sien…. dus ons leer maar so saam – saam
Moenie sweer nie, plak ‘n pleister! Ek belowe jou dis daai musiek…dit vreet die cap. Veral as mens so radio ook luister oor die internet! Jy moet stadig, anders hoor ons weer niks van jou teen die einde van die maand nie. As ek kon het ek vir jou so paar Gig gestuur van hier af…
Ek laat die kinders alweer teken…ek kan aan niks beter dink nie en dit hou hulle besig en hulle kom nie eers agter hulle is besig met aaklige wiskundesomme nie!
Mens moet maar met jouself praat om positief te bly
Ek doen dit baie en ek raas ook met myself as ek die dag aanjaag en my brein so nerens is nie!
Kaalvoet moet dit nou nie so invryf nie, Teddie lees hier
Ek is klaar in die dog box… whahaha Stuur vir my gig toe asseblief, hoe kan sy dit doen julle
Yes laat die kinders teken, teken is baie lekkerder as skoolgaan!!
Kaalvoet ek is bly jy is positief, hoe lyk dit met ‘n grappie op jou blog???
Wip, as jy belowe om aan te hou om die universe vir ons dop te hou, sal ek maar koek en koffie aandra. (dis lyk my al waarvoor ek goed is)
Dis geweldig interessant Wipneus… Ek word baaaie slim hier onder die maan en die sterre – en die son….
O gaats, amper vergeet ek, jy het huiswerk!!!!
Saloom jy moenie praat nie ek ruik daardie koekies van jou tot hier…. ek sal nou maar ‘n Zoo koekie moet eet
Pikkie ek speel vandag onder die son…. want ek soek warmte, dis vreeslik koud!!
Ek sing ook vandag:
Hier kom die somer die son….
Ek soek son!!
Huiswerk??
Sjoe, baie insiggewend!
Hi Paula!! Ek sien Jan-Hendrik ry nou die wêreld plat!!
Hello hello!!
Ek kry sommer warm net om na jou prentjies te kyk! Dis vrek interesant!!
PS: Daai “siener” het mos gesê mens moet direk inni son kyk dan word jy genees… wa kom jy aan dat mens blind gaan word
Kan ek ook maar vir ouma kom kuier… ek en my Tweeling en my Tweeling se Drieling??
Cool!
Nats natuurlik kan julle kom kuier!! Wat vertel jy my nou van die Siener storie??? Vertel bietjie meer!!
Krista!! Cool? eerder Hot whahaha
Hotstuff inderdaad! Ek het nie ‘n grappie om te vertel nie, maar ek het nou lekker gelag…
Ek het “phonics” met laaste klas gedoen – long “o” sound soos in home en stone ens. Die een teacher het vir my woordkaarte gegee en al hoe mens hulle kry om te verstaan is deur die “e” toe te druk dat hulle die woord met ‘n kort “o” klank lees en dan maak ek dit oop en dan vernader dit na langer klank. Probeer dit bietjie met die woord “hole”
Ek het my nou my “hol” oopgeruk en hulle het nie geweet waaroor nie. Die mense moet dink ek is van my kop af!
Sou nou nie se ek is heeltemal positief nie, maar ek sal maar net nog roomys moet eet om beter te voel
Wip
Da was mos daai storie op Carte Blanche van ‘n “siener” sy was/is soos 16 jaar oud en mense het haar gaan sien omdat sy Moeder Maria gesien het!!
Dis was op die nuus, en toe het sy glo vir die mense gesê hulle moet in die son in kyk!!!!
“Earth calling Wipneus! Are you there!”
Hi Rustig Zero double “u” reporting for duty
Nats ek onthou daardie een wat Moeder Maria gesien het
Maar ek het nie baie oor haar nagelees nie. Maar die son sal my nie kan genees nie
Die son sal ons nie kan genees nie, maar dit sal beslil die ander blind maak vir ons malligheid
Kaalvoet ja nee ons twee is op ons eie mission!!
Altyd ‘n cool stuk om te lees. I like! Vriendin van my werk my oogsjirurg wat 2 van daai mal mense behandel het wat in die son ingekyk het om die wit duiwe te sien. Hulle is alby nou blind en sal nooit weer sien nie! As jou gesonde verstand darem nou nie vir jou sê jy kan dit nie doen nie, moet jy seker maar suffer!
Dm, mense vang snaakse goed aan!!!