Pikkie hier is my opstel! Wat wil ek wees as ek groot is…..

Eendag was daar ‘n klein dogtertjie. Haar naam was Wipneusie. Sy het die een of ander siekte gehad….. Sy het elke dag met ‘n ander persoonlikheid opgestaan. As Mamma in die oggend haar gordyne ooptrek het, het al die feëtjies in die kamer vir haar geloer. Almal het met fyn stemmetjies gefluister: “Wipneusie wat gaan ons vandag speel” Wipneusie het dan vinnig uit haar bed uitgespring en in die speelgoed boks gaan grou. “Wel vandag gaan ons dokter-dokter speel, as ek eendag groot, is wil ek buitendien ‘n dokter word”
So het sy elke dag ‘n ander speelding gegryp of ‘n ander speletjie gespeel:
- ‘n Boek – ‘n Skrywer
- Hi-fi - ‘n Sanger
- Pop - ‘n Mamma
- Dad se tools - ‘n Mechanic
- Karretjies - ‘n Formule een renjaer
- Pyl en Boog - Indiaan
- Geweer - Clint Eastwood
- Klappers -Freedom Fighter
- Groentetuin maak - Minister van Gesondheid
- Grimering - Mej Wêreld
- Ouma se ou klere - ‘n Ontwerper
- Grafie en emmer - Keith Kirsten
- Teestelletjie - Wêreld beroemde chef
- Sprinkane - Veearts
- Konsert gehou - Aktrise
- Kleurkryt - Piccaso
- Speelklei - Anton van Wouw
- Vliegtuigie -Loods
- Hartjies - ‘n Vrou
- Fiets - ‘n Gypsy wat die wêreld plat ry
- Tikmasjientjie - ‘n Blogger
- Maatjies -Psigiater
- Toegesluit as dit reën - President
In die aand het Wipneusie op die naat van haar rug gelê en maan en sterre kyk. Dad het al die sterre se name vir Wipneusie gewys. Baie mooi stories het hy vir haar vertel! Toe wou sy maan toe ………
Toe word Wipneusie – Wipneus en eendag tref dit haar met ‘n donderslag…dat sy nooit in haar lewe al die goed sal kan word nie. Sy maak toe ‘n plan …. Sy gryp bietjies van al die bogenoemde wense en maak dit een….
En vandag is sy al die bogenoemde …
Jack of all trades and master of none
Maar a baie Happy Chappy wat onder die maan en sterre rondspeel…
Ek tag vir Kaalvoet, Zee en Neykie
~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~
9 Julie – 9 bells on the clock
Ek gaan môre bietjie loaf!
Lekker Dondag vir julle almal

































Ek travel met die spoed van lig na al die mooi plekke in die heelal, dis magic!!





















Dit is nou so oulik WipJack!!!! Ek het dit vreeslik geniet! Dit klink of jy een baie bevoorregde, gelukkige dogtertjie was…
Mmmm ek was Pikkie!! Ek soek koekies, mens kry altyd koekies as jou huiswerk mooi gedoen is!!! Wat van ‘n goue sterretjie op die voorkop???
Ek gaan ook omtrent ‘n opstel moet skryf….aggenee man! Juffrou Wip moet maar bietjie wag vir hierdie kaalvoetstudent se huiswerk, want dit gaan verseker laat ingehandig word
Hoop nie ek word te erg gepenaliseer nie….
Kaalvoet jy het nou lank genoeg geloaf!!! Spring aan die werk!! Ek sal vir jou ‘n Zoo koekie gee as jy klaar is!!
En hoe wil jy daai zoo koekie by my kry! Ek is so lief vir zoo koekies…
Ek sal ‘n afvaardiging stuur met ‘n paar pakkies Zoo koekies!! Ek eet nou Zoo koekies hierdie een het uuuhhh ‘n olifantjie op….. hulle maak nie meer die prentjies so mooi soos lank terug nie…. jy kan enige dier raai wat jy wil hê dit moet wees…. maar mmmm dis lekker!!
Bogger dit, ek gaan nou vir my roomys koop! Smul maar lekker aan daai simpel zoo koekies, ek wil dit nie he nie!!! Sies, jy tart my al die hele week met lekkergoed wat ek nie hier kan kry nie! Sies man!!!!!
Kaalvoetjies dê hier is dan nou maar vir jou ‘n Zoo koekie!!!
Ek maak jou net solank lus man, ek sal vir jou van al die lekkergoedjies bêre… ek het so boksie met jou naam op as ek ‘n Cadbury flake eet, breek ek so stukkie af en bêre hom in die boksie, ek het tot my halfgekoude beechie ook in daardie boksie gebêre
sal daarvan werk maak wipneus.
Bly om te sien jy is deelsaam, maar ek sal die gompie ‘n mis gee! Is ok, eet maar lekker aan jou koekies, ek het roomys gaan koop, so nou is my hart weer gelukkig. O ja, en natuurlik ‘n pienk melkie vir troos…
Hi Neykie!! Sien uit daarna!
Oe!! jy eet lekker kaalvoet!! Ek is mal oor Pienk melkies!!
Jip, ‘n lekker gesonde aandete! Maar dis ons geheim
Jy moet jou groente eet!!! Jy gaan kopseer kry van al die soetgoed
Ek het lanklaas hoofpyn gehad….dis juis die soetgoed wat my aan die gang hou! Ek overload so nou en dan met coke en ckocolates net om deur die dag te kom man! Give me a break!
So terloops, dit was ‘n volle 33 ‘C vandag! en op die oomblik is dit 29′C in my woonstel en dis 10pm!!!!!
Ek het vanmiddag by die skool bibimpap ge-eet….genoeg groente in!
Wat is bibimpap??? Nou is ek nuuskierig
Hi Dm , dankie….. hulle gee my te veel huiswerk, ek hou niks daarvan nie… in daardie tyd kon ek liewers voor die tv gelê het!
Dis “fried rice en veggies” met ‘n soya en sesame sous om bietjie soutigheid te verleen aan die besigheid! Maar dis njammies!
He He He
Wag vir my deurmekaarspul. Julle almal sal rede he om te bid.
Kaalvoet, dit klink lekker wag dat ek die resep gaan soek!!!
Adrie, was jy so deurmekaar!!!
Arme kindjie
Ouma Wip
Ek verskil so klein bietjie met jou. Ek sê die volgende;
Ek is Jack of All trades and Master of Some.
http://www2.kelloggs.com/Search/RecipeSearch.aspx
Ek het daar by Dorings ok die link gaan sit. Julle kan almal hier lekker koekie resepte kry. Waarvoor sal julle nou so lus bly vir iets lekkers.
Gaan kyk bietjie hier vir Koreaanse food
http://www.trifood.com/index.html
Baie dankie vir daardie link Saloom dit lyk na ‘n baie oulike plek!! Jou Macaroons lyk baie lekker
Kaalvoet dankie, ek is nou weer vandag op resepte uit… môre kry julle kos praatjies
Of ek is nie voor my rekenaar maar agter die stoof
Aaag Wipneus, dit was nou mooi!
Ns: Ek was ook mal oor my teestelletjies en natuurlik verpleegsterpoppe.
het dit baie geniet,ek wens ek was weer so klein net om so weer te droom.
Hi Eendjie en Annie ek is bly julle het dit geniet!! Dit was vir my ook ‘n lekker trip langs memory lane!!
En dan moan jy so oor ‘n bietjie huiswerkies…. Sies vir jou Siamees, mens sou sweer ek trek jou ooghare een een met ‘n tangetjie uit!!!
Ha ha , is… jy doen dit…. dit voel of jy my ooghare een-een met ‘n tangetjie uitgetrek het, met al hierdie baie huiswerk
Baie oulik geskryf!! Ek het dit geniet!
Hi Reisiger ek is bly jy het geniet, die tag sal seker een van die dae in jou possak ook beland
Geniet jou af daggie!! Lekker slaap!!
Dan se jy ek mag nie loaf nie…gmpf! Wel, ek sou wat wou gee om ook so onder ‘n boom te kon sit en die vlaktes instaar…More is darem Vrydag en ek gaan so min moontlik die naweek doen al het ek ‘n kuiergas
Dis ‘n behoorlike Dondersdag vandag!
Dit nou sooooooooo geniet!! Ons gaan ‘n songetjie skryf vir jou!! x
Hahaha!! Laat my nou onthou toe ek in Sub B was het ons in die klas gesit eendag en ons juffrou het dieselfde vraag gevra. (nou moet jy onthou ek was in die duitse skool – die kinders is culturally baie meer uitgesproke en nogal liberal) – En my maatjie Uschi seg: “As ek eendag mooi borste het gaan ek ‘n model of ‘n danseres word….” en sy sit so en dink en kyk op in haar verhemelte vas en sê so nadenklik: “…aaaag anders word ek maar net ‘n Juffrou soos jy”. Nodeloos om te sê juffrou was sprakeloos en 25 pare kinderogies vir die res van die dag vasgenael op juffrou se borskas.
13/10. Pragtig Wippie!!! Wat ‘n cool idee het jou moeks nie gehad nie.
Ek sal maar bietjie gaan werk aan my huiswerk vanaand!! Miskien moet jy met die volgende tag eers wag dat ons huiswerk ingehandig is voor jy joune inhandig. Ai, die standaard raak nou al hoe moeiliker!!!
Sjoe Wipneus, jy is ‘n vrou van vele talente!
Lekker dag vir jou!
Reisiger dankie, ek gaan shop en lekker goedjies doen !!
Hi Kaalvoet, hier by ons is dit baie, baie koud vandag. Toemaar julle gaan een van die dae loaf
Jy kan die daggies begin aftel!
BB ek hou van “songs”
Veral met daardie stem van jou! whahahaa wat het Uschi toe geword??? Was jy hier in Pretoria in die Duitse skool? Ken jy vir Rainer en Sandra Franz?
Zee, jy is reg die standaarde raak nou moeilik… ek vat skoon ‘n dag af na hierdie inskrywing…. ek is getap, al my kragte is weg he he
Ek sien uit na jou storie….. A3 was ‘n lekker ma, ek is seker julle het baie sports gehad!!
Paula ek is seker jy het ook al hierdie talente!! Jy moet dit hê as jy vrou, eggenoot en ma is
Ons is almal Jack of all trades
Gmph
Party mense vat ook meer af as wat hulle blog.
Ja, Adrie! Dan preek hulle die ander moenie loaf nie!
Ag lekker Wippie! Weet jy, ek lees so lekker hier by jou! Dankie, jy gee my baie dae sommer so ‘n huppel in my stappie en ‘n grin waarvan niemand die oorsprong ken nie. Luv ya!
Kaalvoet
Wipneus weet ALLES van die splinter in ander se oe en niks van die balk in haar eie nie.
Daardie vriendin se naam was nie Uschi nie! Pasop as BB ‘n sin begin met “ek het ‘n vriendin”. Dis gewoonlik sy self
Aangename kennis Wipneus! ek wou nog kom groet Saterdag, baie jammer ek het julle gemis. Dankie vir die fotos wat jy vir BB gestuur het. Ek waardeer! H
Aaaaw cute, sulke groot drome teenoor myne
Kive your life, you never know when it will end…
Ek dink ek gaan nou fietsry
Haai sies Adriana en Kaalvoet ek kan nou nie eers een dag loaf nie, dan baklei julle met my
Dellie, ek is bly ek gee jou ‘n huppel in die stap, jy doen dit vir my ook. Jou inskrywing was vandag so goed ek het my amper nat gepp!! Luv u 2
Hi Chaos (H) Wat vertel jy my nou? Is dit al die tyd BB!! whahaha
Ek kan dit glo!! BB hou jou lewe opwindend, sy hou ons almal se lewens opwindend!! Groot bol energie! (Die foto’s van BB is ‘n plesier)
Aventer, jy sal dan vinnig moet begin groot droom!! Geen droom is ooit te groot nie, hy mag miskien net so bietjie verander met tyd. Spring op daai fiets en ry die wêreld plat.
Op laerskool het ek in die namiddae na skool in die duine rondgehardloop en my eie boog en pyle gemaak. Geen gedagte gehad om ‘n Indiaan te word nie, nee, ek wou niks anders as ‘n boesman word nie!
Kop jinne maar jou kinderlewe klink of dit net so lekker was!!! ‘n Boesman vertel jy my?
Huiswerk amper klaar, jinne jy het my die hele oggend besig gehad met dit Wippie, en dit is nou nie eers naby aan jou standaard nie!! Eish…
Sorry Zee!! Hulle gee vir ons te veel werk!! Het hulle nie meer respek nie
Ek weet sommer joune gaan weer ‘n lekker inskrywing wees.
[...] Wipneus het my alweer huiswerk gegee om te doen. Die standarde wat ek darem nou al gesien het is darem maar so bietjie bo my vuurmaak plekkie!! Hier handig ek dan maar my huiswerk in [...]
[...] Wipneus het gevra… [...]