Confession Time

Ek is met ‘n baie “wicked” streep gebore! Ek beskerm wat myne is!! Mense moenie hulle streke by my kom uithaal nie!!
Toe ek jonger was, was dit nog erger, niks wou mooi saam werk daarbo nie, die hele homeostase was in tru-rat!! Ek het baie “mellow and mild” geraak soos die jare aangestap het.
Laat die confession begin:
Jare terug het Teddie met uraan en atoomstoffies gespeel, hy het dit sy werk genoem. Almal in daardie Lab was soos een groot familie, ons was groot maats.
Elke keer as ons braai, uiteet of kuier dan fluister die vrouens in my oor van Mej Flirt. Hierdie was die organisasie se nr 1 flirt. Ek het maar geluister na al die stories en dit nie te ernstig opgeneem nie. Ek het Mej Flirt maar so met die een oog dop gehou, alweer so vanuit my hoek….
Sy het die rol vertolk van die onskuldige dogtertjie en natuurlik een wat niks vir haarself kan doen nie. Sy het altyd saamry geleenthede gesoek (net by mans), haar kar was ook gereeld stukkend en een van die manne moes help kar diens of kar heelmaak. Nou hier praat ons van getroude manne!! Ja al die manne in die Lab was getroud.
Die vrouens van die mans het nou al harder in Wipneus se ore begin fluister, hulle was ontstig en rooi-warm!!! Sue moet hierdie naweek alleen sit, want David moet Mej Flirt se kar gaan diens. Sandy vertel my, Mej Flirt het ‘n saamry geleentheid saam Eddy gehad, al 25 kilometer alleen in die kar. Nee, sê Sue vir my “Wipneus ek vertrou nie die vrede nie, ek hou ook nie daarvan dat sy saam my man alleen in die kar ry nie”
In daardie jare was Wipneus die perfekte definisie van ‘n rooikop met groen oë. Die humeur was onuithoudbaar, selfs vir myself
Dan het ek mos nog so Gypsy streep ook weg. Ek wonder of my voorvaders dalk Gypsy’s was? Moet wees, want ek het mos nou nog hierdie passie vir kamele ook, hulle was seker Gypsy’s wat met kamele gereis het!! Ek knoop ‘n affair aan met enige kameel wat my pad kruis, dood of lewendig.
Kamele in my huis
Terug na my confession. Wipneus is nie baie gepla oor die Mej Flirt nie. Ek en Teddie was nog buitendien op honeymoon, mens hou mos nog so jaar honeymoon na jy getroud is. Teddie sal haar buitendien ignoreer, hy weet wat goed is vir hom.
Maar natuurlik laat Mej Flirt haar nie sommer ignoreer nie. Ek dink hierdie vrouens loop klasse om die perfekte Mej Flirt te wees.
Sue bel my hewig ontsteld, vra of ek weet dat Mej Flirt se verloofde haar gelos het. Sy gaan verder en sê: “Wipneus ou Flirt is nou rooi-warm. Sy maak David se lewe nou hel, want hy moet kom kar diens, en Sue steek viervoet vas, sy weier. Ek luister en kalmeer vir Sue: “Nee, moenie komkommer nie girl, mans gaan nie regtig vir die vrouens nie”
In die tussentyd het Teddie nou ‘n goeie aanbieding gekry by ‘n ander plekkie. Hy werk sy laaste dag en die volgende Saterdag-aand hou ons Lab vriende lekker braai. Dinge moet mos gevier word. Alles gaan jolig en “trieng trieng” daar lui die telefoon. Ta – daaaa Ek antwoord, dis Mej Flirt. Ek gesels vriendelik maar wonder tog so in my agterkop hoekom sy bel, moet iets weer gediens word? Uiteindelik word my nuuskierigheid bevredig. Nee , sy wil asb met Teddie praat want sy wil hoor hoe gaan dit met sy nuwe werk. Huh???
sy was nie eindelik deel van die Lab familie nie.
Ek roep Teddie………….. Die rooihare skyn warm in my gesig in, alles voel rooi! Seker die dat ek nie vandag so baie van Rooi hou nie.
Ek wil bylas ek het ook al die Doktore geken, Teddie se baas se vrou en ek was inteendeel groot vriendinne.
Die uiteinde van hierdie saak is:
Mej Flirt het ‘n maand later haar laaste dag by die plek met die atoomstoffies gewerk. Hoe ek dit gedoen het gaan ek nie vir julle vertel nie. Maar ek baklei vir my drome….. ek laat niemand tussen my en my drome kom nie… amper soos daardie liedjie:
Lapaside gee pad hier kom ek,
wees ‘n wenner en hou aan glo
as iemand tussen jou en jou droom staan
sê Lapaside en vat die pad na ……
Moral of the story:
Girls pasop daar is gevaarlike dinge daarbuite ……
Ons weet dit nie eers nie, ons is in la-la -land…
Hou julle oë oop, hulle mag dalk net julle goedjies onder julle neuse uit gaps!!
whahahaha
Groete
Wicked Wipneus
Krediet:
Elizma Theron – Lapaside
































Ek travel met die spoed van lig na al die mooi plekke in die heelal, dis magic!!




















Naandse wipneus
Hoe gaan dit vanaand daar by jou? Jy weet hier lees ek altyd ‘n lekker storie en soms skaterlag ek my amper papnat vir jou stories.
Geniet die res van jou aand
Neyksie ek hoop jy gaan vanaand slaap, ek het my vanoggend amper doodgeskrik toe ek die tyd op jou kommentaar laasnag kyk!!! Is jy ‘n nagwolfie?
Lekker slaap!!
Ek is te lui om te lees . . .
Adrie waaat????
Te lui om te tik ook
Adriana, nee man, daar gaan ook niks op jou blog aan nie!! Het jy nou lui geword vir alles???
Toi-toi jy?
Ouma
Ek kort ‘n onderwerp.
Knoffel en beet
stoute Adrie
stad rooi verf
hulle gaan toi toi oor die petrol pryse
hoe belangrik is vriende in jou lewe
hoekom mens soms lui mag wees
hoekom mens blog blok kry
Waar is ek stout?
Kinders wat couch potatoes word
One of the largest studies of its kind shows just how sluggish American children become once they hit the teen years.100kg boy, 7, on strict dietCut salt to keep kids thinJunk food ad ban introducedFat kids face extra riskParents warned over fat kid
die renoster wat geskiet is
teen dies of rabies
http://www.24.com/news/?p=saa&i=971148
help dit al so bietjie
Jy moet dalk jou resep publiseer! Heeltemal te veel flirts daarbuite – shame, het hoeka ‘n vriendin gehad wie se man in daai einste gat getrap het. Toevallig is sy ‘n rooikop – nie een van die twee sal ooit weer dieselfde wees nie!
Alkahol probleme
http://www.24.com/entertainment/default.aspx?p=feature&i=969263
ek kan nie meer dink nie
Carina!! Nee, hierdie vriendin moet nou met een oog oop slaap!!! Dis regtig gevaarlik daarbuite
Mens moet hulle stop voor dit te laat is en jy lang trane gaan huil!!
IS..jy hou tog bietjie van rooi…jou tone was gister amper rooi (dalk diep oranje-agtig) geverf!
Zee maak nota…. moenie in Wipgat se swart boekie kom nie
Ag toe, deel die geheimpie met ons, hoe het jy dit gedoen?
Ek lees en ek neem in!
Wip, ek dink ons het dieselfde streep weg! Ek kan ook lelik omge-ally raak oor sulke flirts wat hulle oral wil inwurm! Dis om van siek te word!
Soos Zee se /me maak nota- moenie in wipneus se swartboekie kom nie. Dink nie enige iemand sal dit in elk geval oorleef om te vertel nie. Ek staan agter dit 100%. Bewaar dit wat vir jou kosbaar is. Dis mense wat ten koste van anders se geluk hulle eie geluk probeer kry. Hulle is nie rasionele denkers nie.
Hou daai geheimpie maar binne jou. Dink nie wicked wipneus kan haar super powers vir die wereld ten volle wys nie. Ons is nog nie reg daarvoor nie. Hehe.
Môre almal
Alda jy is wakker nê? Laat ek jou ‘n geheim vertel, ek het al, al die kleure onder die reënboog probeer, my toonnaels lyk nie mooi sonder rooi naellak. Glo my maar op die een!! As ek pers aansit lyk my voete blou, as ek ligpienk aansit dan lyk dit of ek nie toonnaels het nie. Punt is ek voel nie reg as ek nie naellak aan my toonnaels het nie. En daardie naellak moet presies wees!! My vriende sal jou vertel ek is ‘n pyn in die nek oor my naels Ek het nie meer rooi hare nie!! Ek het die probleempie laat regmaak
Zee, jy het gelukkig nie nodig om die detail van die geheim te ken nie, jy is wakker
Alta neem in, pas jou goedjies op whahaha
Kaalvoet, hulle is so sneaky jy weet dit nie eers nie, dis waar die woorde DIE VROU IS ALTYD DIE LAASTE EEN WAT UITVIND vandaan kom, ons kuier in LA LA LAND, ons dink ag nee dit sal nooit met ons gebeur nie. Dis goed so ek is ook so…. jy moet eers groot gaan voor ek jou ‘n suspect gaan maak.
MJ Ek sien jy verstaan, al wat ek probeer sê daar is deesdae so baie egskeidings, hartseer en kinders wat sonder hulle ouers groot word en ontsettend baie van hierdie gevalle is as gevolg van derde partye.
Mense MEJ FLIRT WAS BAIE ERGER AS WAT EK HIERBO BESKRYF HET.
Sy het ook nie met my Teddie probeer nie, maar ek was toe al opgewarm, na al my vriendinne weekliks oor haar gekla het. Hierdie telefoonoproep was nou net die laaste spyker in die doodskis
Ek gee iemand buitendien net die kyk, dan hou hulle verby whahaha sies ek is lelik
Ek verkneukel my eintlik vir die storie, want nou weet ek darem dat daar ORAL van hierdie juffies rond fletter…daar het op ‘n kol so ‘n “hulpelose” enetjie vir ons ook gewerk. Ag maar met hulle soort moet man sommer korte mette maak! Ons moenie eers toelaat dat hulle ‘n “issue” raak nie. Van die meer patetiese spesies sê ek julle!
More Wipneus,
Jy moet ‘n lekker dag he. Ek het defnitief ‘n virus wat my deur die nag aangeval het. Oorpyn in die ergste graad. Hehe, Wip ek is nie ‘n nagwolf nie, word soms wakker en le en dink en dan hou ek my liewers besig.
Goeie môre Wip! Dis net wat ek nodig het vandag. Inspirasie om soos ‘n tier te baklei vir wat myne is! Tien uit tien vir jou wat daai flêrrie op haar neus laat kyk het. HA-HA-HA!
Gebruik jy ook die duifkyk Wip? Of het jy ‘n ander geheime kyk?
Alda jy is reg, vat hulle vas voor hulle ‘n issue raak
he he he wicked!!
Neykie ag nee!! Gaan jy nie dalk griep kry nie???? Jy moet vandag groot gaan met die Vitamiene C!! Sterkte ek hoop jy voel gou beter!
Estelle ja nee, trek aan jou tier uitrusting, vat hulle vas!! Moenie met jou goed laat mors nie. Hang ‘n bordjie om sy nek voor hy in die oggend huis verlaat!!
DON’T TOUCH THIS whahahaha
Kaalvoet duifkyk??? Jy is bietjie voor my whahaha jy sal vir my ‘n posduifie moet stuur ek sal maar daar duifkyk
Jy moet stadig ek het nog nie my brein se enjin gestart nie. Dit gebeur gewoonlik eers so by die 2de koppie koffie
Koffie??? Nee hel, dit werk nie vir my nie! Ek slaap so lekker na ‘n beker sterk koffie in die aand…drink maar min koffie eintlik! Het nog net een bottel koffie gekoop die afgelope 9 maande!
Duifkyk: Koerrrrr – koerrrrrr ek gaan vir jou moerrrrrr!
Zee net so na die oogrol in my inskrywing, is die geheim weg gesteek
Whahaha,
Wicked Siamees… Ja-nee niemand sukkel ook met wat myne is nie, ek stuur hulle sommer landuit!!!!
Nee kyk, nou is ek baie geconfuses!!
Whahahaha, ooooo “Nat voet” “duifkyk” dis ‘n oulike een, eerste keer wat ek dit hoor!!! Ek gaan meer vir die Clint Eastwoord kyk, Killer look!!
Ek het nooit nodig gehad om my kinders pakslae te gee nie, ek het hulle net die kyk gegee as hulle stout was en hulle was stroop soet!!! My kyk is so lelik as ek daardie look vir myself in die spieël gooi, skrik ek so groot ek eet die hele dag nie weer nie!!
Ek se vir jou Wip, die mense loop draaie om my, maar die wat my goed genoeg ken weet ook wanneer ek terg en wanneer ek ernstig is! Ek kan “party” mense lekker verpes
Zee maak vriende met die baas se vrou
Sy het tot die baas aangetree om haar kar te diens!!
Pikkie ja, verpak hulle en stuur hulle Antartika toe per skip!!
Ja, ons moet maar ons ogies oophou – maar gelukkig het ons mos hierdie ingeboude radar wat gewoonlik gevaarliggies begin gooi. Ons moet net luister.
Kaalvoet dis ek daardie, jy weet nooit waar jy met my staan nie, wel ek weet self nie.
Meeste van die tyd, is daar humor in my gesprekke versteek, droeë humor of hard lag humor. Maar ek het ook ‘n baie ernstige kant. Ek kan heeltemal mal word oor kinder en dieremishandeling of mense wat ander boelie!!
Maar oor die algemeen is ek “mellow and mild” dis net so hier en daar waar die rooi rissie nog somtyds uitspring!! Moet sê die het lanklaas gebeur. Maar laat ek nou nie slapende honde wakker maak nie
Dellie ha ha ons vrouens is ge-issue met die beste radar sisteme op die aardbol…. sjoe gelukkig!!!
Ek is ‘n special kinda jealous – ek verstaan net nie aldag dat wanneer ek bereid is om dit te erken ek aangestaar word asof ek die een of ander selfbeeldprobleem het nie. Magtig man!! En ja, mens hoef nie die duiwel te loop soek agter elke hoek en draai nie, maar as hy face to face voor jou staan, moet jy hom kan sien vir wie hy/sy is – en opstaan en fight vir wat joune is.
(miskien juis oor ons girls is, that we see ‘em coming van vêr af al… dan het liefie nog nie eens opgelet dat hy ge-eye word nie
So true Delsch!! Ons girls het almal ‘n klap van Sherlock weg
Wip, ek dink daardie bordjie sal die peste net nuuskierig maak. Ek gaan op my bordjies skryf: Stay away! Carrier of contagious diseases!!
Hello Wip!!
*klap hande*
Ek stem baklei vir wat joune is!!
Hello Wip, kyk ek het ook daai “rooi” streep en ek dra nogals baie rooi ook!
Ek het so ‘n mej Flirt vir ‘n vriendin en dit maak nie saak joe hard jy haar probeer waarsku nie, sy neuk net voort, ek sit nou so op die kantlyn en bekyk die spulletjie want ek sien hier kom ‘n ding, haar vingertjies gaat erg verbrand!
Nou moet ek ook herken partykeer is dit nogals lekker sports as ons saam uitgaan, want jy moet sien hoe die vrouens hulle manne dophou, al kyk sy nie eers na sy kant toe nie!
Sodra agterkom die vrou is krapperig met haar moet jy sien hoe sy dan met die man flirt, gewoonlik is die man lelik soos die nag en stokoud ook, maar dan moet jy sien hoe daai man blom! Mens sou sweer die man is die grootste Cass innie dorp soos wat hy pronk!
O dinges! Affaris met kamele! Ek kan myself net indink! Bwhahahaaa!
Luister suster, ekke hou vir myself mos nou al te lekker besig op hierdie blog van jou! Wanneer gaan jy vir ons ‘n sterre aandjie hou en bietjie van die konstelasies en gedoentes vertel? Dis lekkerder om dit te hoor as om te lees!
Kyk ekke is ook nogal besitlik oor wat myne is…hou nie daarvan as iemand met ‘modderskoene oor my wit mat loop nie’ soort van my area afbaken en dan moet die mensies hul afstand hou! Maar heng, ekke het ook daai soort vriende en vriendinne waar ons net aldag en heeldag drukkies uitdeel! Dis tog lekker om te kan weet as jy jou liefie ten volle kan vertrou nè! Ek meen dis unfair lat ekke mans met mooi bene en moerse skouers ‘n drukkie wil gee maar my liefie mag nie my ‘wonder bra’ model vriendinne ‘n drukkie gee nie…give some – take some ek dink!
Het jy jou kristalbal ingespan om van Mej Flirt ontslae te raak of het jy giggel poeier in die baas se tee gegooi en toe sy handtekening geforge? Of wag, jy het ‘n foto gedokter met hom en Mej Flirt en dit vir sy vrou gewys en toe is hy in die sop toe moes hy van Mej Flirt ontslae raak…
Bravo 2 oor en uit!
007 bestel vir jou ‘n heerlike sonskyn daggie!
Daar is niks so gevaarlik soos ‘n jaloerse vrou nie!!!!!!!!!!
Onthou net dit kan ander kant toe ook werk. Daai laventel haantjies wat dink hy is a Gift to all women…
Dis nie net altyd net Mej Flirts nie, Mr Flirt hang ook gewoonlik by kantore/werksplekke uit, en try sy luck met getroude vroue..
O ja, sorry man…
Môre almal!
ICE dit is so en partykeer is daai laventel haantjie grillerig verby maar hy dink hy is die nek vannie plek!
Dit is vir my die lekkerste om so ou se battery nat te p*s!
Partkeer kan ek mej flirt ook gou-gou af switch en dan moet jy sien hoe gou verander sy van deuntjie partykeer vat sy sommer net die pad!
LOL!
Ja ek dink nie ek sal eers aan die ou se battery dink nie…
Maar gelukkig het so ‘n ou nog nie ons lewens gety kruis nie.
Hallo Ouma..
Mwa hieso ‘n tjoklit.. en nog een!!
Baie nice post die… laat my dink mmmmm.. Aitsa!!
ek belowe ek vang nou niks hiervan nie.
Hi weer julle, ek hardloop vandag soos ‘n mal mens rond, vat nie grond nie, is Vrydag al naby???
Biebs mans herken nie eers daai gevaar, al staan sy voor hom nie. Ons is nie jaloers nie girl, ons pas ons goedjies op hahaha Jy moet watch BB, daai H van jou het spiere, slaap met jou een oog oop vrou!! whahaha
Hi 007 dis lekker om jou hier te hê, Spotlight!! Jy kan enige tyd kom sterre loer, dis egter beter in die somer!!
Mej Flirt was op die einde nie baie populêr nie, kom ons sê ek het in my kristalbal gekyk, die toekoms gesien en vinnig werk gemaak van die situasie!!
Rustig ek sien jy is nou hard besig aan jou nuwe blog ek kan nie wag nie!!! Jaloers watse woord is dit???
Ek ken nie daai woord nie whahaha maar ek weet baie van my goedjies beskerm!!! Dit klink ook baie beter!!
Ice, so julle manne het ook sulke probleme. Ag aarde ek wonder hoe werk daardie spesie se koppe. Ek sal bietjie investigate!!! Dan sal ek julle mans laat weet hoe om van die lastige Mnr Flirts ontslae te raak
Verons ek is te kwaai, sulke laventel haantjies sal nie met my gesprekkies aanknoop nie, ek gee hulle net daai kyk!! I’m spoken for…..
Hi Tinky gaan dit nog goed met jou? Ek het jou so lanklaas gesien, werk jy hard? Dankie vir die tjoklit en die mooi kompliment.
Julle ek is soos ‘n leeu wat sy plek afbaken, hulle pp mos hier en daar…… dan is dit hulle plek….. nou ja ek het ook my goedjies afgebaken….
Ek is nie jaloers nie, nee, nooit gesien nie!!! Dis vir my so aardige woord…. maar hei my goed is my goed
Estelle whahaha ja so bordjie sal enige mens uhmmm Flirt die skrik op die lyf jaag!! Goeie idee!!
Natsie ek is bly jy verstaan
Rosie Wat ek sê is hou altyd jou oge oop, daar is skelms daarbuite wat ‘miskien ‘n ogie het op jou liefie!! Hulle loop soos diewe rond en gaps dit voor jou oge uit voor jy nog kan sê mes!! whahaha Misdaad in SA is aan die orde van die dag. Hou jou goedjies onder oë en naby jou hart!!!
lol@ Wipneusie – ek het ook… spiere
hy slaap met sy een oog oop 
Ek seg altyd solank hy besig is om my en dit wat hy aan my het, op te pas, het hy nie vreeslik baie tyd (of lus) om rond te kyk nie…
BB
Dit is die magic trick girls…. Luister nou vir BB jy moet die arme man so besig hou daar moet nie kans wees vir rondkyk nie. Hy moet permanent moeg wees!! whahahaha Biebs H vrek in elk geval so oor jou, hy het nie eers oë vir iemand anders nie!!!!
Jealousy makes you nasty, nasty makes you fat, fat makes you ugly and that’s why you look like that!!!
Ek is beslis nie jaloers nie…mens moet immers kan vertrou! Seker niks daarmee fout om op die uitkyk vir daai flirts te wees nie.
BTW…nog net ‘n uur dan’s dit Vrydag!!!!! Oops, ek dink dis net by my
Kaalvoet sê ek ook mos ons moet net die wêreld dop hou, en op die uitkyk wees. Liewe aarde jy slaap alweer nie
Jy weet mos slaap is vir die voels hierdiekant van die wereld! My posduiwe rus sommer vir my part ook daar by jou
Daar gaan die posduiwe whahaha ek het skoon vergeet om die posduiwe te stuur, my adsl het probleme gegee vanoggend toe gaan bêre ek jou en Verons se e pos in ‘n ander folder… sorry Verons joune het ook vertrek. Eish ek raak nou oud!!
sjoe! jy het my bekommerd gehad…ek het gedink daai duif het verdwaal,maar nou sal ek met ‘n geruste hart kan gaan slaap!
Lekker middag/aand verder!
/me gaan nou inkruip en droom van vakansie by die see!
Hi Kaalvoet ek voel nou so sleg, jammer man dit het my totaal ontgaan met die gerondhardlopery vandag!! Lekker slaap en droom van jou vakansie by die see
‘n ogie op my liefie? skelms daar buite? skrik ek nou…..nee wag hulle moet skrik, het my nog nie gesien as ek van my kop af kwaad raak nie….skuim my mond nou!
Rosie whahahaha nee jy is klaar gevaarlik jy het glad nie die waarskuwing nodig gehad nie
LOL Ek sê nog altyd jy het hope humor wat jy in jou rond dra!!
Ek is nie van die groen-oog monster soort nie. My Liefie go die girls net so lekker terug en ek geniet dit as die “Mej Flirt” op haar se neusie kyk, want vanaand gaan Liefie saam my huis toe.
hey wippie, hoe gaan dit? Weer ekke ja maar darem is dit nie so laat nie. Lekker slaap.
Salome ek is bly jou liefie is wakker en ruik hierdie flirts uit!!!!! Mans moet natuurlik wakker loop vir hierdie flirts, hulle smokkel met die mans se koppe
Hi Neyks, ja dis darem nie so laat nie!! Dit gaan goed die kant en ek hoop dit gaan sommer vrolik daar by jou ook!! Lekker slaap jy
Ouma Wip
Ek het hierdie week heeltemal geloose met al die koek en koffie. Kan nie glo die weke is so kort nie en kan ok nie verstaan hoekom daar net 24 ure in ‘n dag is nie. Ek is seker die aarde draai vinniger as toe ek in die skool was. Dae is net eenvoudig korter.
Rustige nag en geniet jou dag more. Sal julle weer oor die naweek sien. Hopelik is volgende week rustiger.
Ag ek wou nog daar in jou kombuis ook draai, maar moet eers die resep in my kop agtermekaar kry. Het skoon van die staatmaker vergeet tot Ds gevra het of ek Saterdag vir haar verjaarsdag daarvan sal maak. Sy hou ‘n bring en braai maar hulle voorsien gewoonlik die bykosse.
Saloom dit gaan so dol hier by my ek hang vanaand net aan ‘n garing draadjie en my brein wil nie meer werk nie!!
Ek moet skryf oor vlieg…. en my brein wil nie vlieg nie
Alles draai vinniger, ek is seker al die horlosies is stukkend …… die aarde vlieg ook skielik teen ‘n vreeslike spoed in die rondte…ek is seker daarvan, want my dae kan onmoontlik nie sommer vanself so kort word nie!!
Jy moet ook môre ‘n lekker dag hê, sweet dreams!!
Saloom ek soek van daardie resepte boekies, hoe moet ek maak???
Confess jy nogsteeds?
Ek slaan jou sommer met ‘n lang klip oor die kop! Vir wat sal jy nou staan en sleg voel??? Jislaaikit! Don’t make me come over there!
Lekker daggie
Alta ek het in daardie cubicle vasgesit…. wat ‘n confession
Hi Natvoet, ek raak bang
Lekkertes. Ek glo ook: draai ‘n ding nek-om voor hy nog gebore word!
Hello Skoor, draai die ding se nek om