Voordat ek my blog begin het, het ek by Steve se blog uitgehang. Vinnig het ek vriendinne bymekaar gemaak.
Die eerstes was Zee en Krissie, meeste van julle ken Krissie as KKeet. Krissie was baie siek. Maar wat ‘n wonderlike mens. Die van julle wat haar geken het sal weet, sy was die dierbaarheid vanself. Sy het Steve bv. altyd moed ingepraat, terwyl sy met dieselfde dinge geworstel het. Sy het my baie laat lag, sy het hope humor in haar rond gedra. Ek was lief vir hierdie mens.
Sy was so positief al was sy so ernstig siek. Hier gee ek net 1 so bewys, sodat julle ook kan sien hoe wonderlik was sy. (Sy sou nie omgegee het nie) Dus dodelik siek maar sy maak tyd om vir my nag te sê.
Liewe M
Gisteraand het ek koue koors gehad… En deur die nag al my dik klere weer uitgetrek. Vandag kry ek weer te warm, maar ek het myself gedwing om hier te kom en vir jou te skrywe…
Jy moet lekker doeks want more is ek weer op en wakker!
Sy was vir ‘n operasie en die wond het nie mooi gesond geword nie. Ons het mekaar daagliks gebel en/of ge-epos, want ek was bekommerd oor haar. (O ja dit was ook my werk om elke dag Steve se inskrywing vir haar deur te stuur in die hospitaal) Die wond het septies geword en sy is weer terug dokter toe, en daar is besluit sy moet weer geopereer word. Die aand voor die operasie lui my telefoon half twaalf. Ek spring deur die slaap op, dis dood sê ek vir Teddie. Ek antwoord die telefoon, wa-wyd wakker geskrik. Dis Krissie.
Hi M, jammer ek bel so laat, ek het nie geweet wie anders om te bel nie.
Nee man geen probleem, is daar fout?
Ek is baie bang, iets voel nie reg nie. Die keer is ek regtig bang.
Nee man… moenie worry nie, alles gaan reg uitdraai, een van die dae is jy mooi gesond en gaan ons weer lekker kuier!!!
Ons het nog lank gesels, want ek wou haar kalmeer en in die bed probeer kry, sy was nie baie lief vir die kamer nie, sy wou rook!!!
Dit was die laaste keer wat Krissie met my gesels het…………..
Die wêreld het gister ‘n feëtjie verloor en my hart is seer!!!
Ek dra dan ook hierdie song aan een van die liefste mense op wat my pad gekruis het. Haar plekkie sal altyd gesave wees in my hart.
When you have a dear dear friend
Even death can’t separate you
You know you will see them again
A friendship so true.
Friendship last beyond the bounds of time
A true friend reaches out to you
Beyond the barriers of old and new
Fighting through death’s thick awful slime.
A true friend is always beside you
To help with decisions of life’s tribulations
They reach out beyond the realm of the sleeping sun
To be beside you always true.
Beyond death I hear her call
To let me know she protects me
In the midst of death’s great waterfall
To let me know she’s there even though I can’t see
Friendship lasts beyond death
Each of us should know
And so to my dear friend Krissie
I will never let our friendship go.![]()
Dankie vir jou vriendskap Krissie, rus sag maatjie!!!
Begrafnis Maandag 2 uur Stilfontein
































Ek travel met die spoed van lig na al die mooi plekke in die heelal, dis magic!!





















((((Wip))))
Sy is in die hande van die Almagtige.
Die engeltjie het haar tuiste gevind.
Nou rus sy in sagmoedigheid en vrede.
My gebede is met jou en haar familie.
Sy sal altyd in jou hart wees Wipneus.
Wipneus ek dedicate die volgende liedjie aan haar en enige iemand wat haar gaan mis.
PAOLO NUTINI – LAST REQUEST
Baie dankie Kaalvoet en MJ.
Sterkte Wippie!
Ek het haar nie geken nie, maar weet sommer dat ek moerse uitgemis het om haar nie te ken nie.
RIP Krissie!
[...] people are saying Krissie ek gaan jou mis!! trackback from post [...Voordat ek my blog begin het, het ek by Steve se blog uitgehang. Vinnig het [...]
Ek is so vreeslik jammer oor jou seer ((((((Wipsiamees)))))). Sterkte vir jou!
Dis so sad. Mens kan nie glo dat mense vandag nog sterf as gevolg van infeksie nie.Was infeksie die oorsaak gwees?
RIP
Dis sad! (((Wipneus)))
Regtig hartseer
aai, dis nooit lekker nie, Die lewe is so kort om sulke dinge te laat gebeur. Ek het haar nie geken nie, maar ek weet jy wipneus het ‘n goeie vriendin verloor. Rus sag Krissie.
(((((wipneus))))
Kaalvoet baie dankie vir die drukkie.
MJ jou woorde is so mooi en ek sal jou liedjie gaan soek.
Ice, mens het groot uitgemis deur haar nie te ken nie. Sy het nie ‘n blog gehad nie, want sy was altyd in en uit die hospitaal.
Piks baie dankie vir daardie drukkie, jou vriendskap is vir my so spesiaal! Baie dankie vir die omgee en die telefoonoproepe, ek waardeer!
Hi Cleo, ek waardeer en dankie vir die inloer! Sy het infeksie gehad baie van haar organe was al verwyder. Dis ‘n wonder dat sy nog gelewe het. Sy het ook ‘n plastieksakkie aan die buitekant van haar maag gedra. Maar glo my sy het altyd gelag!!
Reisiger dit is baie sad!! Dankie
Hi Skerpioen dankie vir die inloer, jy is reg dit is baie hartseer.
Hi Neykie, jy is reg ek het ‘n baie spesiale vriendin verloor een wat verstaan het hoe my brein werk, dis nie baie wat dit reg kry nie. Baie dankie vir die drukkie.
Die liedjie se lirieke, spreek vanself, hang on, dit is wat Krissie gedoen het, deur die lang dae en nagte!!
When the day is long and the night, the night is yours alone,
When you’re sure you’ve had enough of this life, well hang on
Don’t let yourself go, ’cause everybody cries and everybody hurts sometimes
Sometimes everything is wrong. Now it’s time to sing along
When your day is night alone, (hold on, hold on)
If you feel like letting go, (hold on)
When you think you’ve had too much of this life, well hang on
‘Cause everybody hurts. Take comfort in your friends
Everybody hurts. Don’t throw your hand. Oh, no. Don’t throw your hand
If you feel like you’re alone, no, no, no, you are not alone
If you’re on your own in this life, the days and nights are long,
When you think you’ve had too much of this life to hang on
Well, everybody hurts sometimes,
Everybody cries. And everybody hurts sometimes
And everybody hurts sometimes. So, hold on, hold on
Hold on, hold on, hold on, hold on, hold on, hold on
Everybody hurts. You are not alone
Ek gaan net so bietjie wegraak van die wêreld, my juweleboksie glinster nie op die oomblik te veel vir my nie!
Baie dankie vir almal!
((((((((Wipneus))))))))))) My vriendin, vandag gaan my hart na jou toe uit!
Jy is kosbaar, spesiaal en baie meer as wat jy ooit sal weet. Jou vriendskap beteken vir baie mense vreeslik baie en vandag kyk Krissie af en sê vir haar Maker dankie dat Hy jou oor haar pad gestuur het, daardie iemand wat almal nodig het om soms by te kom aflaai, iemand wat opreg omgee nooit te besig is om te luister nie… Sterkte vir jou… En soos altyd sal jy heeltyd in my gedagtes wees…
Sterkte Wipneus! Ek het Krissie lank terug raakgelees en nogal oor haar vordering gewonder.
Ek sug altyd as iemand ‘n sakkie kry. Dit is juis die omdraai operasie wat jare terug ‘n vriendin van my in die fleur van haar lewe weggevat het.
Mooi dag vir jou!
Wippie, hier is vir jou baie baie baie baie drukkies. Ek weet dat jou hartjie baie seer is op die oomblik.
Dankie dat jy vir ons laat weet het. Ek het nogal gewonder hoe dit met haar gaan noudat ons nie meer updates by SSSB kon kry nie.
Everybody hurts…… dis so waar, mag jy bietjie vrede van onse Vader kry vandag. Ek weet hy maak die seer beter!!!
RIP Krissie, onse Vader het jou kom haal want Hy het geweet dat jy vir veel meer bestem was daar by Hom. Daar by Hom het jy nou geen pyn meer nie!!
(((((((((((((((((((((((((Wipneusie))))))))))))))))))))))))
Die trane loop onkeerbaar vanoggend, Kris was ‘n baie spesiale mensie.
‘n Engel het huis toe gegaan
(((((Wipneus)))) ek dink aan jou vandag en alle sterke
Sterkte vir julle almal wat Krissie liefgehad het. (Nog ‘n beskerm engeltjie by wat gaan help om na jou te kyk Wippie!)
Luister nou weer na die liedjie terwyl ek die woorde lees en soos Boskind, loop die trane ook vrylik oor my wange…
Die sadste is die feit dat ons op ‘n vriendelike basis met mekaar is, baie geheg raak aanmekaar en mekaar se pyn kan deel alhoewel hierdie steeds en altyd ‘n anonieme wereld sal bly.
Dis nie die eerste “online” mater wat ek verloor het nie en ek’s seker, aangesien ek geseen is met so baie van julle, dat dit ook nie die laaste sal wees nie. Ek is net bang vir daardie dae wat mens vergeet van so iemand…ek’s altyd so bang dit laat my soos ‘n slegte mens voel.
Sal jou baie mis Krissie…rerig…jou nie so lank geken nie, maar soms, net soms, skyn iemand se kleure mooi deur die pen…en almal kon dit sien!
Pikkie baie dankie vir die mooi woorde. Dis dierbaar van jou.
Ek hoop ek kan al die mooi dinge wat jy hier skryf leef, dan sal ek happy wees.
Jo-Ann, hierdie sakkies is nogal ‘n harde storie. Baie dankie.
Zee, baie dankie, ek het vanoggend nog kwaad geword toe my moeder vir my sê Krissie is in ‘n beter plek. Maar soos die dag aangegaan het, het ek dit ook nou so begin insien. So ja ek stem tog saam, ten minste is sy verlos van die pyn!
Boskind jy is reg, sy was spesiaal nê? Sterkte aan jou ook.
Ice dit was vir my die beste liedjie wat ek aan Krissie kon koppel. Sy het aangehou en uitgehou. Verstommend ek weet eerlik nie waar sy die krag vandaan gekry het nie.
Pagoda ja, in hierdie wêreld tel jy baie mense op, jy ontwikkel ‘n band met sommige van hulle. Soos jy reeds gesê het ‘n baie hegte band. Later ontmoet julle mekaar en dan ontwikkel goeie sterk vriendskappe.
Daar was baie gedink oor dinge vandag….. ongelukkig is ek iemand wat gou emosioneel betrokke kan raak by mense. Ek sal aan hierdie probleem moet werk! Aan die anderkant jy kan ook nie juis vir die seer in die lewe weg hardloop nie, hy kom soek jou!
Our tears cleanse us. Our tears heal us; they make us whole. Tears are as important to our growth as rain is to a flower. They help release the pressure of sadness so we can feel better. The soul would have no rainbow had the eyes no tears. If there were no rain, fields would become parched and brittle, and many creatures would die. If we could not cry, all our emotions would eventually dry up, too. Soon we would not laugh, either.
Dankie aan almal en my innige simpatie aan Krissie se ouers, familie, vriende (ook blogmaats wat haar dae opgekikker het) Sterkte.
My innige simpatie dan ook aan Gert Gariep met die afsterwe van “Ma Esmeralda” Sterkte vir julle!
hi Wipneus…BAIE sterkte en ek hoop dat Jesus die seer in jou hart sal wegneem…sy is na ‘n plek van vrede en liefde, soveel soos jy haar gegee het. Jy was ‘n ware vriendin vir haar! Mag jy ook krag van Hom ontvang in hierdie sware dae wat vir jou voorle!
Ai tog Wipneus. Het haar ook op Steve se blog raak gelees. Dierbare mensie gewees. Maar sy is nou “IN THE ARMS OF A ANGEL” Sterkte ((((((Hugs)))))))
Nikita baie dankie, sterkte ook aan julle met julle groot verlies!
Mag julle familie ook die krag kry vir julle swaar dae wat voorlê. My innige simpatie.
Dewies. Jy is reg sy was so dierbaar, die laaste paar dae bly hierdie mooi dinge aanhoudend deur my kop maal. Sy het grappies gemaak, gelag en baklei met al die bloggers (laasgenoemde natuurlik tussen ons twee alleen) al het sy so gesukkel met asem en pyn. Ware inspirasie gewees vir my.
Ek het ook besef as iemand my van nou af gaan vra wie is jou helde…… dan sal ek eerste die mense in my lewe begin opnoem. Want is dit nie eindelik die mense in jou daaglike lewe wat jou ware inspirasie is nie. Ouers, familie en vriende!
Sterkte.
Sterkte Wippers. Ek hoop Krissie is op ‘n beter plekkie. ((W))
((((((Wipneus)))))))
So jammer om te hoor om tge hoor van Krissie — Baie sterkte ♥
Hi Adrie dankie/
Hello Roer, ek weet sy is op daardie plekkie, dankie
Hi Monna,
Hoop dit gaan nog goed met jou, ek verlang na al julle mense!
Baie dankie
Thanx for sharing this with us. And thanx for being there for someone in her final hours. Is that not what life is about? Good luck. xxx
Hi Kate
Thank you! you’re so right. Makes me think of Leo Buscaglia’s words:
“Too often we underestimate the power of a touch, a smile, a kind word, a listening ear, an honest compliment, or the smallest act of caring, all of which have the potential to turn a life around.”
Hello Biebs, hartseer nê?