My tuin is my favourite wegkruip plek…..
There’s a place for us,
Somewhere a place for us.
Peace and quiet and open air
Wait for us
Somewhere.
Theres a time for us
Someday therell be a time for us
Time together and time to spare
Time to learn, time to care
Someday, somewhere
Well find a new way of living
Will find theres a way of forgiving
Somewhere… somewhere… somewhere…
Theres a place for us
A time and a place for us
Hold my hand and were half way there
Just hold my hand and Ill take you there
Somehow…
Someday, somewhere…
NS: Ek het gister uitgevind ek is definitief familie van die “Koekie monster” My gunsteling is “Romany Creams”…..
Sorry ek het nie iets nice om te skryf nie, my muse het weggeloop, want ek verskreeu hom!!
Maandag 21
Ek het my muse gaan soek.
Lekker week almal





































Ek travel met die spoed van lig na al die mooi plekke in die heelal, dis magic!!




















In so mooi tuin sal ek myself mos nou goed kan verloor….
(((Wip)))
Kaalvoetmeisiekind, jy moet die tuin sien om dit regtig te kan waardeer. Ek het nog nooit soveel bonsai’s in my lewe bymekaar gesien nie, ook nie orgidee nie.
Wipneus, jou blomme is pragtig….. ai en die koi’s, my liefie sal die nou darem waardeer om sulke mooies te kan sien!
Kaalvoet
Jou duifie is oppad
Jy gaan saam my hier in my tuin kom speel, ek wag vir jou kuiertjie!! Ek kan nie wag nie. Jy moet vir ons ‘n tellertjie op jou blog sit tot die tyd wat ons gaan PARTY!!! (Ek sien almal het nou sulke oulike tellertjies, ek soek so een op jou blog ook)
Hi Zee
Zee julle koi’s is net so mooi!!
jy moet Mnr Zee volgende keer saambring!! Ek het so gelag vir A3 se storie oor die sleutels gister!!
Dankie, ek dink ook my vis kinders is mooi!! (Elke ma dink mos maar haar kinders is die mooiste) Party is beduiweld, party is vriendelik!!! Ander gaan deur die lewe (of dam) soos ek, weet nie aldag waar hulle is nie. Hulle swem so waansinnig rond, ek wonder soms of hulle nie dalk hulle koppe teen die klippe gestamp het nie
Ek kan ‘n tellertjie opsit, maar ek weet nog nie wanneer my presiese terugkeerdatum is nie. Al wat ek weet is dat dit nie na die 3e Nov kan wees nie want dan verval my visum. Ek sal maar ene opsit voorlopig vir daardie datum as mikpunt.
Zee, ek kan net dink! Ek is versot op bonsai’s en mooi blomme is my dood! Ek sien nog hoe ek my kamera uitbrand in daai mooi tuin van jou Wip! Ek het natuurlik ook ‘n sagte plekkie vir sukkulente. Dis die enigste goedjies wat ek aan die lewe kan hou
Ek het hordes en hulle is my pride and joy en as hulle blom dan partikuleer my binneste!
Dankie vir die duif…ek het hom vetgevoer en teruggejaag!
My ma sal soos ‘n bytjie zoem om daardie orgidieë! Ek is mal oor orgidieë en visse. Makliker om na te kyk as kinders en honde en katte.
Ai Wip, my Muse troon oor my en sprak nie ‘n woord nie. Ek dink die Berg het my woorde ook sommer ingesuig. Vandag is hy weer BLOU en duidelik!
Jou tuin is awfully mooi! Ek het glad nie groen vingers nie, as dit nie vir Liefie was nie, het ek in ‘n woesteny gebly
Wip
Ek kom jou Bonsai’s steel. As jy my betrap gaan ek maak asof ek vir jou kom kuier het.
Kan ek groot asseblief net vir ‘n rukkie saam met jou kom speel???? Beam me over Scottie!!!! Ek sal my voortande verruil vir ‘n uur in jou tuin….
As jy familie van die koekie-monster is, is ons verseker “koek-sisters”.
Jy het ‘n pragtige tuin en dis eers as mens hier waar ek is nie in ‘n warm woestyn tuin kan sit of onder ‘n skadu of koelte boom kan kuier, dat mens besef hoe ‘n tuin waardeer moet word.
jou tuin is rerig ‘n paradys waar mens verlore in kan raak, rustig word en jouself weer vind.
Lekker aand
Sjoe, stunning tuin, Wipneus!
Pragtig! My ma is so erg oor orgidee! Jy het seker ook die eendag-orgidee tussen all daardie pragtige orgidee.. lekker week en ek kan net dink hoe lekker ruik daardie tuin! Ek het my liefde vir tuinmaak ook van my ma ge-erf ….
Vrek maar jy het n mooi tuin! En daai orgidees!!mmm To die for.
Mmmmmm – een Romany Cream elk in ‘n (geblikte) perske helfte op ‘n oondpan – ek sit dit sommer in my skons/muffinpanne… skep 3-4 (of 5 of 6) eetlepels Ideal Melk oor elkeen – laat staan tot koekie sag is en bak dan net voor jy poeding bedien in ‘n lekker warm oond (200) vir 10-12 minute. Bedien met geklopte room. NJAMMIES!!
(Jy kan ook ‘n skoot likeur oor elke koekie skep voor die Ideal Melk – vir xtra skop – Amarula werk mooi)
Ah wow! Dis mooi! Ek dink jy voel oor jou tuin soos ek oor die Karoo…daar waar mens sommer net vir ‘n oogknip kan wegraak…
Hmmmmm, sterkte!
WIp
Skaam jy jou nie om so te kroek nie?
Ja my favourite wegkruipplek is die viswater.Daar is `n tyd vir ons almal , sterkte met die soekery.
Is ek blind almal sien fotos maak ek nie, miskien is daar `n fout op my rekenaar.
Zee dink DieBrein is blind!
Pragtig, pragtig. Verseker ‘n wonderlike plek om tyd te spandeer. Man, ek sal kan lekker lees en skryf daar.
Dit lyk so lekker rustig daar in jou tuin. Ek dink ek het jou muse daar by die Acropolis gesien Saterdag…..hy het agter Aphrodite aangehardloop
Wat ‘n mooie tuin, duidelik het jy nie ‘n boerboel nie, want glo my met ‘n groot hond kan mens vergeet van so mooi tuin maak, die dat ek net struike in my tuin het en heelwat dammetjies!
Daar is niks mooier as blomme en plante nie!
Die tuin lyk pragtig!! Ek sal ure daar kan verloor.
Mooi, ek het nie groen vingers nie. Glad nie.
Ek is familie van die tjips-monster.
Ek wil ook so tellertjie op my blog sit: Hoe lank nog voor die perde horings kry?
Hoe kan ek dit doen? hehehehe
(ai hel wat ‘n hel van ‘n dag was dit nie. ek vreet myself sommer dood)
Hi Almal eerder laat as nooit
Kaalvoet ek het jou tellertjie gesien, dankie, nou kan ek ook begin dae aftel
Dankie vir al jou pragtige e posse, dit het baie gehelp!
Rustig orgideë en visse is baie maklik om aan te hou en aan die groei te kry. Altwee is my pride and joy
Hi Sonnie, my muse is ook nog weg, soos jy sal sien met die volgende inskrywing. Hy het weg gehardloop en wil nie meer terugkom nie. Ek dink hy is bang wat hy sal aantref as hy terug kom. Met rede.
Adrie dit sal bietjie moeilik wees om hier by Ford Knox in te kom
Soos jyself weet.
Pikkie ek wag nogsteeds dat Scottie jou beam!!
Sandra, het julle nie tuin nie? Ek is ‘n emosionele eter
Hi Neykie dankie
Ek sal nog daar by jou kom loer, hoop jou naweek was lekker.
Dankie Boendoe
Nikita, ek het die eendag orgidee, ek is versot op orgideë.
Hi Alta
Dankie
BB daardie poeding is ook een van my gunstelinge!!! Maar ek gaan hom hier bo by die resepte bêre. Dankie
Duskant, die Karoo is vir my ook ‘n mooi plek.
Hi Krista, baie dankie
Adrie, niks sies nie… daar was ‘n rede
Dankie vir die oproep, ek voel nou sommer baie beter.
Brein die viswaters is ‘n lekker plek, stil, rustig en sonder mense. Die paradys??? Sorry ek weet nie hoekom jy nie die foto’s kon sien nie.
Zee
ek het self vandag hier en daar gesukkel!!! 

Miskien moet ons insameling hou vir Brein se bril
Grappie!!!!!!!!!!!!!!!!!!
Hi Emil, dankie!! Ek geniet dit in my tuin.
Dm whahaha jy vertel my jy het agter Aphrodite aangehardloop. Soek jy dan nou ook ‘n muse????
Meermin ek het net vir Shane, hy is gelukkig klein!! ‘n Boerboel sal alles vertrap!!
Maar ek is ook so lief vir diere, dat ek nie sou omgee nie
Tersia ek stem, blomme is van die mooiste goed op aarde. Die mooiste vir my is natuurlik nie op die aarde, maar in die universe!!
NJ ek is so bly om jou weer te lees!! Jy is amper terug in SA. En jou vakansie het so heerlik geklink!!
Hello tjips monster
Watse “flavour” is jou gunsteling? Ek kan nie glo dat jy nie groen vingers het nie!!! Rosie ek is ook ‘n emosionele eter, as dinge nie goed gaan nie. Dan eet ek ‘n hele pakkie romany creams by myself op
Lekker week vir almal
Die tjips-monster wissel: tans is dit BBQ. Glo maar ek het nie een groen vinger nie. Ek gril vir nat groen. Droe grond is natuurlik 100%.
nat grond meen ek
So jy sal nie daai mummies in die moerase wil gaan opgrou nie Rosie???? Ek is mal om in die grond te krap, verkieslik met handskoene…. my naels gaan breek

Ek moet darem nog vrou ook probeer speel!!
*sug*
Ek love jou tuin…
Dm Ek het so gelag toe ek daardie foto sien, maar ek het dadelik verlief geraak op daardie foto!! Ek hoop ons gaan nou baie van daardie foto’s sien. Ek is mal oor foto’s.
Hi Louisa
Ek is baie lief vir tuinmaak, dis lekker om in ‘n mooi tuin te lewe!!