Ek het baie gedink oor vandag se inskrywing. Ek is nie op die oomblik in ‘n lekker plek nie. Vandag gaan ek op tone trap ….
Die samelewing verwag van mens om altyd stil te bly. Jy moet altyd stil bly of die ander wang draai. Dit is seker goed en wel. Ons ouers het ons so geleer, en dit is die regte manier om te doen. Maar ek wil dit nie vandag doen nie. Ek gaan mond spoel, maak jou uit die voete as jy nie lus voel vir tantrums nie. Of kyk gou hierlangs aan by hulp: Druk daai “X”
Ek wou my gemoed lig. Besluit toe om van my blogmaats se blogs te gaan besoek.
Dis soos dit gegaan het:
Op Alta se blog lyk dit of die leeus losgelaat is. Dr Phil of Phiel het besluit om Alta te besoek. Hy besluit sommer ons is onnosel en dat Afrikaners hulle opwerk oor kak. Dis ‘n nuwe vir my ek was nog nooit geklassifiseer as onnosel nie, maar hel, daar is altyd ‘n eerste vir alles, of hoe?
Op Emil se blog lyk dit nog erger. Rustig en Emil word sleg gesê, ek sal hulle nie eers met handy-andy skoon geskrop kry nie. Dis nie gesonde debat nie. Dis persoonlik en daar word in hulle karakter ingeklim.
Voorheen het ek ook stilgebly toe mense die woord “kaksakkie” dwarsoor die blog wêreld rondgegooi het, so asof hulle die mooiste woord in die woordeboek gebruik.
Ek weet persoonlik van een mens wat altyd seergekry het, as daardie woord so maklik en ligtelik rondgegooi was. Hoekom het sy seergekry? Sy het self so een gedra. Dis dan ook die rede hoekom ek altyd soos ‘n viswyf tekere gegaan het op SSSB. Ek was besig om mense te keer om nie net vir Steve nie, maar ook baie ander die seer te spaar.
Dit is nie lekker of maklik om so sakkie te dra nie. Het julle al ooit regtig mooi oor die saak gedink? Besef julle waste seer julle so verniet aan mense uitdeel? Het julle enige idee? Nee, ek glo nie, want dan sou julle in ‘n hoek gelê en tjank het oor die lewe so wreed is.
Ek is nie ‘n prediker. Ek is net besig om te vertel. Dink voor julle, julle vingers so maklik oor julle keyboards laat gly. Daar is mense aan die anderkant van julle skerms wat lees wat julle skryf.
Die beste voorbeeld is Hansie Cronje. Almal het hom gekruisig oor sy sonde. Nadat hy oorlede is, toe is hy skielik die “goue seun”. Bietjie te laat stem julle nie saam nie?
Ons maak almal foute. Dis die lewe. Een dag is op en die ander af. Partykeer is jy wit soos sneeu en die volgende dag is jy swart soos die nag. Hou maar jou swart kant in toom. Jy mag dalk net lyke agter los.
Klink ek naief? Klink dit of ek in my eie droomwêreld leef? Dit mag miskien so klink, maar ek kan jou verseker dit is nie so nie. Ek het ook al die seer en swaar kant geproe, ek doen elke dag. Maar ek maak my eie wêreld beter. Ek probeer ook om ander se lewe ‘n beter plek te maak.
Aan die mense wat daarop uit is om ander te verneder en seer te maak. Gaan maak jou hart gesond. Maak vrede met jouself en jou omstandighede.
Ek is seker as jy in die spieël kyk, regtig mooi diep in jou oë kyk. Sal jy êrens seer of haat sien wat agtergebly het. Niemand se lewe is maanskyn en rose nie, maak die beste van wat jy het. As jy haat in jou rond dra en jou eie lewe is ‘n nagmerrie, hoekom ander se lewens ook ‘n nagmerrie maak? Dit maak nie sin nie.
Waar ‘n hart klop, moet nooit vergeet daar is ‘n mens met gevoelens. Daar is nooit net lelik in enige mens. Almal het goed in hulle, hulle steek dit miskien net diep weg.
Wie se lewe het jy vandag ‘n beter plek gemaak?????
Ns:
Dan die persoon wat vir my die volgende vriendelike vraag gevra het….
werk jy nie wipneus? as jy so vroeg kan sit in rot skryf……………. (hierdie sin is reg gepaste “in rot skryf” ????)
Ek het besluit om jou te antwoord…. eerder laat as nooit….
Ek werk om die waarheid te sê, baie hard. Wanneer jy al in droomland is, is ek nogsteeds besig om te werk. Ek is ook nie heeldag besig om te dig en agter my rekenaar te blog nie. No Lazy Life this side baby!!
Ek hou ook nie aldag van die nonsens wat ek sien jy neerskryf op jou eie blog en op ander se blogs nie. Maar ek het jou nog nooit daaroor aangevat nie. My ouma het altyd gesê mens se maniere bewys watse tipe mens jy is. Dus dink net volgende keer voor jy jou vingers oor jou keyboard laat gly…… niks is ooit soos dit lyk nie, jy kan my woord vat daarvoor. En jy mag dalk heel verbaas wees, as jy die werklikheid in die gesig staar! Niemand dwing jou in elk geval om my blog te lees nie, die blog wêreld is groot, as jy hard genoeg soek, sal jy kry wat in jou smaak val.
Hierdie inskrywing is dan ook bedoel vir die een wat Pikkie laasweek op haar blog aangevat het oor haar skryfstyl.
Vriendelike groete
Wipneus, Parra, Slak, Roos, Doring of wat jy ookal wil hê ek moet wees


































Ek travel met die spoed van lig na al die mooi plekke in die heelal, dis magic!!





















Ekke sluip in met ‘n wit vlag.
Wipneus, onthou net eending, ek het nie gevra wat ek gekry het van Dr.Phiel nie. Glad nie en ja ek is oor dit. Lankal.
Hi Alta ek weet nie regtig wat daar aangegaan het en waar dit vandaan kom nie, maar ek voel tog dat dit nie nodig was dat hy jou op jou blog moes kom aanvat het nie.
Hi Adrie, jy het nie ‘n witvlag nodig nie, jy is in elk geval nog van die min mense wat oor is, wat opstaan teen onregverdigheid, nie bang is om jou sê te sê as dinge nie reg loop nie. Nie soos ‘n muis te loop en piep agter ‘n wegkruip naam nie. Deesdae is mense mos te bang om hulle mond oop te maak. Asof hulle bang is hulle gaan onpopulêr wees, en ….of…..en …… Stuff it… ek doen nie daardie ding nie. Dankie vir jou oproep, dit word baie waardeer!!
Dankie dat jy verstaan.
Dankie vir hierdie skrywe.
My persoonlike opinie van iemand wat ‘n ander persoon of persone op ‘n blog so persoonlik aanvat dat dit geestelik en fisiek aftakelend is, is niks anders as ‘n reeks moordenaar nie.
Alta, Emil, Rustig en Pikkie ek geniet julle blogs baie. Hou so aan!!
(((Wipneus))) Jy’s soos ‘n bos bloedrooi rose by die Chelsea Blomme skou!!!!
Dankie Vriendin, eintlik het ek gedink daai persoon is ietwat versteurd. Shame… Maar jy moenie dat sulke goed jou so ontstel nie… (o jeeezzz, hoor wie praat…) Miskien moet ons maar net leer om renostervelle te kweek!
More skyn die son weer, dan post ons ‘n grappie en lag almal lekker saam!
Rustig wees man.
Smile en stuur hulle in hulle peekie in…
Boskind!!! Baie geluk met die goeie nuus!!!!! Ek is so bly vir julle!! Ek was nog nooit ‘n rooi roos by die Chelsea Blomme skou genoem as ek tantrums gooi nie
Miskien moet ek nie weer my Darth Vader masker afhaal nie.
Teddie maak ‘n nota van hierdie kommentaar ek is eindelik net ‘n pragtige rooi roos as ek so kwaai word
Pikkie, renostervelle??? Dink jy dis dik genoeg, as jy hom begin kweek het, sal jy asb die resep aanstuur.
Ice, makliker gesê as gedaan….hierdie girl doen alles in die oortreffende trap, kwaad word, lag en huil…. gelukkig darem die meeste van laasgenoemde!!!
Gaan weer probeer, gisteraand se kommentaar wys nie en miskien kan ek ook ander blameer
Nee, dis die elllendige 3G, skop mens aanmekaar uit. Miskien ook beter so, want van my kommentaar by Emil verdwyn ook.
Wip, ek ken daardie gevoel, dis vir my absoluut onuitstaanbaar gewees dat sommige Afrikaners hul enigste medium om te kan kommunikeer so bitter misbruik het om mekaar sleg te se. Hulle se moele, hoor!
Dis goed om so nou en dan kwaad te raak. Dan is daar weer iets wat ek “stadig kan mak maak”.
Wat?
So jy laaik van huil?
Ice
Jaaa, dit hang af van die mood whahahaha
Die huil gebeur gewoonlik van woede, as ek huil van woede dan is dit moord!! Maar ek mors nie graag goeie water nie
Ice die lag moes eindelik laaste gewees het
maar die kwaad word gebeur ook redelik baie, teen my sin natuurlik. Maar wie kon nou ooit sy eie hart voorskryf!! Ek wil ‘n grot vrou word…. minder probleme met mense, die vlermuise sal my geselskap hou
Pikkie!!! Jy is veronderstel om my kant te vat. Joe hoe… hier is ek sien jy my, dis vir my wat jy moet skreeu
Dankie vir hierie skrywe. Ek is nog maar ‘n groentjie met blogskrywery, maar die saak wat jy hier aanroer het my van vroeg af dwars innie krop gesteek: die ding dat party dink hulle kan alle maniere en ordentlikheid oorboord gooi wanner hulle kommentaar op iemand anders se blog gee.
Frame hulle, suster!
Ek sal maar saggies in die gang afroep en mik vir die oop voordeur: Naand Tannie!
Ek voel sommer al weer beter na so paar glassies wyn.
Hi Sammi, jou kommentaar het deurgekom as spam??? Hoe kan hulle jou spam!! Ek verlang dan juis so na jou.
Sammi hulle is ongeskik, ongemanierd en onopgevoed!! Die prentjie wat in my kop maal….. is iemand wat met ‘n vinger na iemand wys wat nie bene het nie, en hom spot, uitjou en uitlag….. dis presies dieselfde ding. Jy kry sulke mense, en hierdie mense wat hulle so sleg op die net gedra plaas ek dadelik in hierdie boksie. Die uitjouers en spotters. Piep muise wat agter hulle name wegkruip. Arrogant en agterbaks!!
Ek is rooi warm van woede!!
Joh Ek is darem bly dat hier mense is wat met my saamstem. My vraag is nou, is ons in die minderheid of is daar baie wat soos ons voel ?????
Ek wens hierdie onopgevoede mense wil hulle verskuilde naam vat en waai!! Ons wêreld sal dan ‘n baie beter plek wees!!
Drie hoera’s vir wip, se hom/haar goed. Werk hy/sy dan nie, dat hulle nog die ou “k@k blogs kan kom kritiseer nie.”
Lekker aand wip
Hi Rustig,
Drink daai wyn!! Dis al wat ons nou gaan red van hierdie storie!! Ek dink een bottel gaan nie genoeg wees om my rustig te kry nie!! Mens sal ‘n alkholis word in die wêreld
lekker dux en word nou rustig wip, werk jou op dan kry hulle mooi netjies reg wat hulle wou regkry….. @ssh0l…..e’s
Hi Neyks
Presies vir wat lees hulle dan die blogs as dit hulle nie aanstaan nie. Wat soek hulle op enige iemand se blog as daar iets staan wat hulle nie wil lees nie. Dis ‘n vrye wêreld.
Neykie rustig is my tweede naam!! Assholes!! Laat my nou dink aan daai fliek van die Fockers wat die kleintjie leer om “Asshôôôlllle” te sê.
Het jy dit gesien? te cute… een van my favourite movies.
Soos ek laas week gese het! Daar is net een van jou en ek laaik dit.
En daar is geen, maar geen verskoning om kaksakkie, of enige van die lelike woorde te gebruik – wat na iemand se siekte, gebrek of enige fisiese of geestelike toestand verwys nie. Dit is ook nie snaaks nie, nie in die minste nie.
(Nee jy is nie naief nie.)
hi Wippie…Die Engelse gebruik graag die woord “bully” en dis niks anders wat daardie mense doen/is nie…Bullies…en sommer groot dikkes… hulle moet van die aardbol afgevee word… hulle moet bietjie geleer word wat my ma ons geleer het… “as jy nie iets goeds van ‘n ander kan se nie, bly STIL!!” ek ek volg nog al die jare daardie motto as dit in Jan Publiek kom…alhoewel ek dit maar swaar regkry as dit by die Boere-oorlog/Engelse kom…hehehe…jy moet liewer nie by daardie blogentry van my gaan inloer nie, dan skaam ek my LOL!
Ek hoop jy voel al beter! Sit terug, voete op en laat Teddie vir jou ‘n LEKKER koppie tee maak…en lag vir daardie swape wat bietjie moet grootword in die lewe! Hulle dra “rotten” gedagtes binne hulle rond…en hulle is dalk “rotten” ook… hulle is regtig nie die tyd/moeite werd wat ‘n mens aan hulle afstaan nie…siestog, hulle moet seker ook saam met ons in hierdie wereld wees, asof dit nie al genoeg is dat ons wereldjie so vol allerhande booshede is nie…
Hey liewe skat…al wat ek kan se is – ek het nie besef dat mense so kleinsielig kan wees om as ‘n uitgenooide gaste op jou webblog – gaste in jou hart – so kwetsend en op ‘n ongemanierde manier – onrespekvol met ander kan omgaan. Spytig vind ek…ek het nog altyd gedink my mense is besonders, goeie maniere en so aan…maar ja ek veronderstel ons almal ‘n karakterfout vergewe maar swak maniere? nee sorry hoor. Lekker dag en skryf jou hart uit – moenie worry wat ander dink of se nie – dit se iets van hulle…nie van jou nie. Groete uit Belgie. Riana
Eish! My motto is “Be what you are and say what you feel because those who mind don’t matter and those who matter don’t mind” (Geleen by Dr Seuss)
Wipneus (((hugs))).
Ordentlikheid kos niks!!!! Al wat ek vir die mislukke mense te se het is :”Vat jou lemoene en gaan weg!”
Mens het genoeg te doen met varke elke dag , dis nie nodig om hier in die blogwereld, waar mens bietjie wil ontsnap, ook nog met hulle te doen te kry nie!
Vat hulle vas!!!
Eish, dankie Wip vir die SPAM waarskuwing. Dis vandat ons in die bos kom bly het! Ek het my email nou verander en toets weereens.
Hoe gaan dit met Steve? Weet enige iemand? Was nou ‘n paar weke van lyn gewees.
As jy nie iets goed/moois van iemand kan sê nie…bly tog net stil. Dis so eenvoudig soos dit. EN heel tereg gesê Wipneus, as jy nie van die persoon se uitlatings op sy blog hou nie, MOET DIT NIE LEES NIE! Hoe moeilik is dit dan om te verstaan?????
Hallo Wipneus, dankie dat jy jou mond oor hierdie saak gespoel het. Ek het my blog as terapie begin en byna in die eerste week opgegee agv die lelike goed wat mense kwyt geraak het. Al kon ek die comments delete sodat niemand behalwe ek daarvan geweet het nie, het dit tog baie seer gemaak. Baie dankie vir jou unieke “jy”. Ek sien uit in die oggend as ek my rondtes doen om op jou blog te kom loer.
hehe- wipneus ( ek het snaaks genoeg aan die fliek gedink toe ek gesê het Asshoooole) Geniet die dag, kan ek jou later ‘n epossie stuur?
Ouma Wip
Onthou jy wat ek gister vir jou gese het?
Eerste baie dankie vir al die e pos wat ek ontvang het na my inskrywing van gister. Ek werk deur dit en is besig om almal terug te beantwoord so vinnig as wat ek kan, tussen my werkery deur!! Ja glo dit ek werk ook nog whahaha
Ek sit regtig nie heeldag en blog en dig en rot skryf nie whahaha
Ek waardeer dit. Ek wil ook net aan Steve, Rustig, Emil en Alta sê daar is baie mense wat agter julle staan. Dit maak my hart so lekker voel vandag.
Adrie en Pikkie baie dankie vir julle bystand gister, toe ek op ‘n laagtepunt was. Die trane is weg!! Dis weer veilig. Teddie het toe regtig die trane weg getoor!!!! Wipneus is vanoggend weer mak!! whahaha
Neykie jy mag my enige tyd e pos. Jy hoef nie eers te vra nie, jy weet mos!!
Alta dankie vir die drukkie en jammer vir die “faux pas” gister. Dit is eindelik hillarious vanoggend, ek wil my dood giggel!!
“Spook” sorry hoor!!! Dinge in my kop het uitgetrip!!! Jy dink seker ek is nou heeltemal mal! Dankie tog dit was jy, iemand wat hope humor ronddra!! whahaha dis skreeusnaaks!!
My beskerm engeltjie bo in die hemel lag haar seker dood vir my. Dit gebeur met my as ek seer het!! Ek val alles en almal aan. My muse het weggehardloop
Rosie dis vir my ook glad nie mooi en reg om iemand te spot oor ‘n gebrek of siekte nie. Dit maak my wild!
Nikita Teddie het toe vir my Milo gemaak
Bullies klink vir my mos nou ook na ‘n lekker woord. Jy is so reg, die wêreld is nie aldag ‘n lekker plek nie vol boosheid, maar daar moet altyd van die mense ook wees.
Wipneus jy moet nou ‘n lekker dag he hoor
Hello Riana,
Baie dankie vir jou mooi woorde. Ek waardeer. Mooi bly ek dink baie aan jou!
Ek hoop dit gaan nog goed met jou. Jy is amper hier in die sonskyn land!!
Carina baie nice motto, my motto gaan verander, ek sal moet gaan soek. Mens se motto moet verander as jy in hierdie wêreld wil speel!!
Ek sal laat weet. Drukkie vir Nathan.
((((Alta)))) Jy is die een wat die drukkie nodig het!!!
Hello Kaalvoet
Hulle beter vir jou luister, vat julle lemoene en skoert!!
Dit is so waar, en dit gebeur al meer. Daai mense wat agter hulle skuilnaampies wegkruip en mense persoonlik aanvat en slegsê. En dit is fokken sad! Ek is seker almal hou van debatteer oor ‘n onderwerp, ons kan nie almal oor alles saamstem nie. Maar dit is uiters laag en gemeen om mense se persoonlikhede en karakters te takel net omdat jy nie saamstem nie. Ek dink egter menigte van die stokers gaan elk geval net rond om kak te maak vir die reaksie wat hulle gaan kry. As hulle moes debatteer sou 2 woorde nie saamgesit kon word nie. Wel daar is my 2c ok nou. By the way – Ek het vir jou muse gesê hy moet ophou om agter Aphrodite aan te hardloop en huis toe kom
Hi Alda,
Dis wat ek ook sê, moenie verder lees of kommentaar lewer as jy nie hou van wat iemand skryf nie. Maar moenie iemand tot in die grond in verneder nie. Dis onnodig.
‘n Ander belangrike ding is natuurlik ook dat wat jy skryf bly vir ewig daar, tensy iemand die kommentaar verwyder, ek doen nie daardie ding op my WordPress blog.
As jy jou naam op hierdie blog van my met ‘n plank kom slaan, gaan dit daar bly!!!
Ek vee net vieslike kommentaar op my blogspot blog af. Daardie blog het nie plek vir onopgevoede, ongemaniere buffels nie. Dis nie waaroor daardie blog gaan nie. Daardie blog is die regte Wipneus en daar vat ek nie bollie nie. Daardie blog is vir my familie, vriende en mooi mense in my lewe!! Dus ek erken ek het al kommentaar daar uitgevee!!! Ek laat nie Steve op daardie blog sleg gesê word nie. Finish en klaar!! Dis soos dit is en was……
Estelle natuurlik maak lelike kommentaar seer. Mens is ook maar net mens. Ek geniet jou!! My blog is nie op die oomblik ‘n baie lekker plek nie, nie eers vir my nie
Ek gaan my blog vandag buite skryf. Ek kort inspirasie. Dus ek en my notebook gaan stilletjies verdwyn
Adrie ek onthou baie goed wat jy gister gesê het. Baie dankie!!
Baie dankie Neyks, jy ook!
Hello Demoerin, ek is bly jy sien dit ook so. Hulle is klein muise wat agter hulle simpel name wegkruip en seermaak en verneder so vinnig as wat hulle vingers oor daai keyboard raas. In die werklike lewe is hulle saai, boring, nerds!!!
HIERDIE MENSE IS NOOBS!!!!!!!!!!!!!!!!!!
So people don’t act like noobs!!! Grow up, get a life!!!
COMMON NOOB CHARACTERISTICS
I. Noobish
Often, but not always, noobs will attempt to communicate in their own primitive language, known as “n00bish.” It is a variant of the hacker language that exposes them as having little intelligence or will to learn. Here is an example of some noobish. Do not attempt to comprehend it: it cannot be discerned without professionals at hand.
stFU /../..an, i r teh r0xx0rz liek emin3m, u cna go tO EHLL OR ATLE4St help m3 wit hthIS!!111!!!!!!!1~~1!!“!! LOLLOLOLLOLOLlOoLLOlollLLl u n00b
Although you may find this unbelievably funny and/or annoying, it is best to restrain yourself and keep from talking back to them, as they are very territorial and easily angered. This will result in their attempted verbal abuse of you, possibly backed up by other noobs, because they work in packs when doing offensive tasks. It is not an easy task to learn this language because our intelligent accent will keep it from sounding quite right when spoken. You can write some simple noobish of your own, however, by slamming your face into your keyboard repeatedly.
II. Where to find n00bs
On the internet, n00bs make their colonies on forums. They migrate in waves, usually on weekends, and proceed to clog up bandwidth with stupid questions and sometimes even stupid answers. If you happen to be unfortunate enough to be on a board large enough to attract migrating noobs, there will hopefully be authority in charge who is smart enough to take extermination measures before they can make nests and larger colonies.
Noobs! Whahahaha! Let the extermination begin! Sal on die terminator inroep??? Boohahaha!
Noobs en boobs is vir my dieselfde ding. Ek dink hierdie mense is cyber bullies- pik op iemand in groepe en klim in hulle karakter in. Hulle teer op die respons wat hulle kry- dus moet mens hulle maar toetentaal ignoreer.
Noobs – man dis darem nou oulik
Is dit soos die Engelse ‘nob’
Damn, ek is baie dit genoem toe ek nog krieket daar gespeel het!!
Wipneus (en ander wat so stilweg darem ook by my inloer, en ook die wat so af-en-toe kommentaar los) baie dankie vir hierdie skrywe! En die ondersteuning.
Ek wil ook nie graag kommentaar uitvee nie – ek verdra baie en het persoonlik self ook maar min grense (wat soms die wenkbroue laat lig). Maar daar is darem ‘n paar sinsnedes en woorde wat een te veel is.
En een ding wat my regtig dwars in die krop steek, is hoe party mense hulle anonieme identiteit op die internet wil skep deur barbaars en vieslik met mede-bloggers om te gaan. Dit dui maar net op ‘n lekker ou persoonlikheidsversteuring, ‘n patalogiese wanbalans in die psige van ‘n persoon wat verseker oor die algemeen sukkel met interpersoonlike interaksie, of erger nog, onderbewustelik vreeslik eensaam en onvolkome voel. Ek kan sommer dadelik aan ‘n paar kandidate dink – en ek het nie eens brandewyn nodig om dit uit te pluis nie
Foeitog, die dinamika agter die optredes van hierdie emosionele afkrakers is eintlik ‘n tragiese verhaal. Dit is maar mense wat hulself nog nie aanvaar het, wat eintlik na hulself deur ‘n donker bril kyk en nooit geleer het dat die werklikheid soveel anders is nie. Die basiese probleem begin by hulself! Weet jy, Wipneus, die tragiek van hierdie mense is nie soseer dat hulle siek is nie, maar dat hulle bloot die slegte gewoonte het om skeef na hulself te kyk en dan so gefrustreerd daaroor te voel dat hulle daai frustrasie anoniem op ons uithaal, baie keer onder die vaandel van “stir’ of “net ‘n grappe, hoor”.
Hierdie – as ek nou self ‘n naampie mag gebruik – mormels kan my nie seer maak nie. Ek laat dit nie toe nie – ek sien hulle opmerkings, by my en wanneer ek my so blootstel in my skrywes vir bosparra, as ‘n aanduiding van ‘n hulle swak selfbeeld. Geen mens kan my sonder my toestemming minderwaardig laat voel nie. Ek laat nie toe dat hulle probleme myne word nie.
Verdraagsaam? Altyd! Die persone wat regtig emosioneel volwasse wil word, huiwer nie om so te wees nie. En hier by jou en elders is almal gelukkig so!!!
Dankie.
Kaalvoet whahaha definitief sal ons die Terminator moet roep.
Maar ek is self ook ‘n goeie speurder. Pasop mense julle blogrolls gee julle weg!!!
Blixer Ek dink ook ons moet die Noobs begin ignoreer
Hallo Wip!
Lyk my ek het baie gemis die laaste tyd was erg besig gewees en kon nie oral inloer nie!
Al wat ek wil weet van die mense wat so loop in stir, is dit lekker? Wat bereik jy daaruit? Floreer jy op mense wat jou slegsê is dit jou inspirasie?
Want wraggies as dit is moet jy ‘n baie onvergenoegde eensame mens wees, shame……………..
Ek sal eerlik erken. Ek gebruik ‘n skuilnaam, want ek wil nie he mense moet my google en my verantwoordelik moet hou vir Adrie se woorde nie.
Ek het nog nooit ‘n Adrie ontmoet van wie ek gehou het nie. Daarom dat ek die naam vergat.
Ek lees so lekker aan al die blogs en raak sommer gou debliksem in as ek sulke slegte kommentare raaklees, maar dan raak ek nie betrokke nie…
Dankie dat jy dit aanspreek en behoorlik KWAAD raak daaroor. Hoop jy voel darem beter, ou rooi roos!
Ek dink Emil het die situasie goed opgesom! Dit is eintlik tragies!! Wipneus, moenie dat hierdie mense jou vreugde steel nie!
Ek’s anyway bly om te sien jy voel nou weer beter!! Dis soms nodig om bietjie te ontlaai, dan voel jy sommer weer beter en dan weet almal ook waar hulle met jou staan!
Amen. Ek is al moeg stoom afgeblaas op my blog oor hierdie tipe mense Wip. Ek begin al hoe meer onttrek. Deesdae blog ek vir myself en het (ongelukkig) min meer te sê vir ander a.g.v. hierdie juiste ding. Die ergste vir my is die psigopate. Op die een blog is hulle so en op ‘n ander blog weer anders. Weird. Kies ‘n persoonlikheid en stick to it.
Emil ek haal my hoed af vir jou om by die Parras te skryf. Dit vat guts!!!
Ek was te chicken om myself so bloot te stel. Sê nou net ek moet skryf en dis nie een van my goeie dae nie. Hulle swets jou dalkies?
Nee op my bad hair days, sal die vure brand!!!! Ek sal my naam met ‘n plank slaan dat ek nooit weer regop sal kom nie! whahaha Maar ek wil net bylas dat ek hope Parra vriende en vriendinne het. Goeie mense!! Mense wat dit lekker maak om daar te rooflees whahaha gee ek nou my geheime weg. Maar woeps kom daar mos altyd iemand, wat die hele inskrywing high-jack en dit word ‘n gemors!!!
Ek het ook daar op Leon se site foto’s van die Parras gesien, party lyk vir my na lekker mense om in jou lewe te hê.
Ek het jou kommentaar geniet, ek voel sommer self nou weer beter!!
Hello Veronsie
Jy het verseker baie gemis!!! Weet jy toe ek die naweek deur hierdie inskrywing geworstel het, het eensaamheid ook in my gedagtes op gekom. Miskien is hierdie mense regtig eensame siele by die huis, of hulle het ‘n tekort aan aandag. En as dit wel so is, dan sal ek hulle jammer kry.
Want dit moet sad wees as die blogwêreld jou enigste “high” in die lewe is. En dat al manier wat jy aandag gaan en kan kry, is deur jouself soos ‘n NOOB te gedra. Really sad
Maar daar is ander maniere om hierdie eensaamheid aan te vat. Maak ‘n blog oop, gesels lekker dinge, en binnekort gesels ons almal saam!
Kom Noobies ek daag julle uit, maak ‘n blog oop, julle sal dit baie meer geniet as om heeldag te loop en stir!!!!
Wip
JOU BLOG IS LELIK MET MY
NJ, man as ek jou naam sien, dan word ek sommer opgewonde!! Ons twee gaan lekker saam koffie drink en troue praat!!! Ek vergeet skoon ek is besig om te baklei whahahaha
Ek wag vir jou!!!!
Hi Adrie, dis jou reg om onder ‘n skuilnaam te blog, soos jyself gesê het, ook veiliger. My naam is maklik om te kry, ek gee ook nie om dat mense weet wie ek wat ek is nie. Ek gebruik Wipneus omdat dit meer Afrikaans klink. My eie naam is nou nie juis vir my ‘n mooi Afrikaanse naam nie. Ek kon dit ook “Sussie se blog” genoem het, nou dat ek so daaraan dink
Hoekom is my blog lelik met jou??? Wag dat ek gou gaan kyk watse spam is weer op my blog. Ag gee my krag….
Reisiger dankie!! Ek hoop jy is al gesond???
Roer ek is nou-nou oppad na jou inskrywing oor blog politiek toe??? Daar is vanoggend iets wat my seriously tickle.
Weet jy dis soos ek gister-aand vir een van my blog vriendinne genoem het. Ek is besig om siek te raak vir hierdie blog storie. Dis nie meer aldag lekker nie.
Nou almal wonder seker ook hoekom loer ek nie by hulle blogs in nie, dis nie omdat ek nie wil nie. Maar ek is nou effens moeg baklei!!! Ek moet eers weer moed bymekaar skraap vir hierdie storie!!! Maar ek is oppad, ek sukkel net om alles bymekaar te hou… soos ek gesê het, ek probeer nog werk ook!!
WAG VIR MY
Ek moet ook by Tannie Roer gaan spioen.
Wip: Al die hoender gemaak al? Ek is honger.
Adrie jy was nie as Spam gemerk?????
Sammi jy was wel weer spam, toemaar ek sal jou elke keer gaan vang!!
Ek weet nie veel van Steve nie, maar ek dink hy moet nou een of ander tyd weer vir ‘n operasie gaan. Daar was wel ‘n foto van hom in die koerant en hy het vir my goed gelyk. Hy is ook weer besig met shows!! Maar ek is seker dat dit baie beter met hom gaan van daardie blog van hom toe is, hel dit was nou vir jou ‘n nagmerrie, as jy nou al ooit ‘n nagmerrie beleef het. Daar was altyd ‘n klomp NOOBS wat daar rond gehang het.
Adrie sy het daardie spesifieke ding waaroor ek nou net vir jou geposduif het daar aangespreek!!!!
Rustig daardie hoender van jou is op vanaand se spyskaart!!! Dis maklik en dit lyk baie lekker!!!
Wip
Ek is of blind, of Tannie Roer het daardie post van haar gedelete.
Ek kon nie van die comments hier sien nie.
Adrie stuur asb gou vir my daai link
Ek dink sy het die comments toegemaak op daardie inskrywing.
Adrie dit lyk of sy dit gedelete het.
Sorry Adriana, ek het ‘n paar posts die naweek te’private’. Sal hom vir jou posduif as jy nou regtig baie nuuskierig is.
Roer ek soek hom ook asseblief!!!
Sammi is by my ook spam! Ek wonder of dit iets met haar nick te make het – Aksimet dink seker sy adverteer sammi-automatics
Daar is niks fout om anoniem in die blogsfeer om te gaan nie. Soms dink ek dit is dalk beter. Die meeste mense is darem steeds ordentlik, al is dit onder ‘n skuilnaam.
Ai, ek mis ook al die sports. Wippie, ek kan sien jy voel darem by nou al bietjie beter. I rest my case op hierdie onderwerp, dis hoeka oor sulke mense dat ek van SSSB af weggegaan het. Ek kan nog nie kleinkry hoe mense dit guts het om sulke lelike goed te skryf nie, ek het nie die guts nie, miskien het my ma my te goed opgevoed om dit te doen!
Adrie, sodra jy A3 ontmoet dink ek jou siening gaan effens change oor Adrie’s!
Daar’s hy http://kruidjieroermynie.wordpress.com/2008/06/15/blogrol-politiek/
Emil ek dink ook hulle dink dis Sammi automatics whahaha!!!!
Jy is alweer reg, die meeste mense wat onder ‘n anonieme naam kommentaar lewer is gelukkig dankie tog, ordentlike mense!!!
Zee ek dink Adrie sal onmiddelik haar naam verander as sy A3 ontmoet. Vat my woord daarvoor Adrie.
Zee ek dink daardie mense het nie guts nie, want hulle sal dit nie in die werklike lewe doen nie, wel nie voor my nie. My kop is nie lekker aangeskroef nie, daar is baie drade missing in action
Baie dankie Roer!!!
Wip
Ek het die Adrie al baie afgekoel. Op ‘n stadium het Adrie nooit gecomment sonder om te fok nie. Daar was al baie mense baie kwaad vir my.
Roer dis wat ek nou vanoggend beleef het, SO JA EK HET DIT AGTER GEKOM, DIS HULLE WAPEN!!!
Hierdie inskrywing is op Roer se inskrywing oor blog politiek gewees:
Link:
http://kruidjieroermynie.wordpress.com/2008/06/15/blogrol-politiek/
“Ek lewer kommentaar waar ek wil. Of ek nou op iemand se blogrol is of nie, maar dit is interessant hoe sommige mense dit soms as ‘n wapen of eerder boodskap kan gebruik. (LET WEL sommige.) Is dit net ek of het iemand anders dit ook agter gekom? Een oomblik is jy nog daar, dan skryf jy ‘n pos waarmee die persoon glad nie saam stem nie en voila!, jy’s gefire van die blogrol. Ja, soms dink ek dis kleinlik, maar dis almal se perogatief. Meeste blogrolle is seker maar net ‘n kwessie van ‘ek skaar my by hierdie individue’.”
~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~
Wel kom ek reageer dan nou daarop, dis seker wat jy van my verwag, nie waar nie?
Ek voel ‘n veer, en ek gaan jou NIE VAN MY BLOGROLL AF VERWYDER NIE. Ek is nie kleinlik en kinderagtig nie. Ek is nou al bietjie ver verby my tienerjare….
En jou blogroll wapen gaan dit nie doen nie, jy kort ‘n BULLDOZER!!!! Ek is enige sielkundige se favourite pasiënt!!!!!
Adrie ek wil ook vanoggend begin fok…. maar dan verskyn mens mos op die Rapport se voorblad!!!
Hoe bly is ek nou dat ek nie ‘n blogroll het nie.
Tweeling
As jy rooflees, jy sit onder geen omstandighede vir ons ‘n blogroll op nie. Lyk my dit maak net moeilikheid.
Wipneus, dit he tmy nou ‘n hele rukkie geneem om deur al die kommentaar te lees. Ek wonder ook hoekom mense die tyd gebruik om iemand seer te maak en sommer net onmiddelik persoonlike aanvalle te doen. Sterkte en hou aan met jou blog. Ek kommentaar nie baie nie maar ek probeer redelik gereeld lees.
Adrie my blogroll is my tool, ek gebruik dit ook so, ek volg net die link!! Dis orals waar ek uithang….. ek gaan nie aan my blogroll verander!! Ek sê weer ek is nie ‘n NOOB
Hi Leon
Ja jammer vir al die kommentaar, my inbox lyk nog slegter!!!!!
My werk het opgehoop soos die berg Ararat!! Geen slaap vir Wipneus vannag nie. Dankie dat jy soms hier lees!!
Ek het heerlik foto’s gekyk op jou blog. Dankie dat jy vir ons gesigte by die name gesit het.
Wippie, ek het nog nie een van die comments gelees nie, net jou inskrywing. Ek wil sê wat ek dink van die hele gedoente sonder om beinvloed te word. Ek sal net-nou al die comments lees.
Jy weet, sommige mense het ‘n sin vir humor wat moeilik is om te verstaan. Ek is all there vir ‘n lekker grappie, maar sodra dit persoonlik begin word, oorskry dit perke. Daar is ‘n fyn lyn tussen snaaks en onbeskof wees. Ek het nogal die gawe om myself in die persoon wie se blog ek lees, se skoene te plaas. Ek probeer my bes om te verstaan uit watter oogpunt die possie gedoen is, en my reaksie is dan baie maklik – maar sommige mense is net daarop uit om iemand anders te spot, en hulle besef nie rerig wat dit aan daardie persoon doen nie. En as ouens eers hulle IT vernuf begin gebruik om namens ander mense iets te sê, wil ek nie iets daarmee te doen hê nie. Ek het self ook deurgeloop by Biegblok, die eerste comment was myne, en groot was my verrassing toe ek sien “ek” het weer ‘n eier gelê! Dit wassie ek nie!
Dit is vir my rerig oneties. Spot maar met my as jy wil, dit kan ek handle, maar moenie namens my praat nie! Dit is nie jou reg nie!
Dan begin ek myself afvra of ek nog hier wil speel. En elke dag het ‘n ander antwoord. Soms wil ek baklei daaroor, soms wil ek sulk, en ander kere is ek sommer plein demoerin! Hoe durf iemand sommer woorde in my mond lê? En dit beinvloed ons hele aura – wie gaan op die ou end glo dat daai comment rerig joune was?
Ek weet nie meer nie. Vir my is die beste manier maar om terug te gaan na die basics. Hoekom het ek begin blog? Omdat dit lekker is, en omdat ek soveel goeie mense al leer ken het. Dus sal ek aanhou om die res van die blogsfeer te verveel met my kladboek-blog, want ek geniet dit. Let wel: EK geniet dit. As jy nie daarvan hou nie, hou verby na die volgende blog. En ek het maniere. (.) Moet net nie vir Frank naby my bring nie, want dan vlieg al my maniere en common sense by die venster uit. Sorry. Dis my swak punt.
Haai Wipneus,
Ek was vir ‘n tydjie weg gewees en is nou baie hartseer om van Kkeet te lees. Sy was so baie maal in my gedagtes en gebede.
Mense wat ander mense beledig en in hule karakters klim op die blogsweer is gewoonlik mense wat nie kan o of a se in die werklike lewe nie en ly aan ‘n minderwaardigheids kompleks.
Ek het nog altyd jou blog geniet en sal noudat ek weer terug is in die beskawing weer gereeld kom inloer.
Dankie vir jou blog.
Sjoe! Ek dog ek kom milo of hotchocolate hier kry…
ek het vir ‘n verandering niks om te doen die kant! Skole sluit more hier, terwyl ander alreeds vakansie het! Ek stem saam met Roer… en wens Reisiger wil van haar lamsvleis aanstuur… ek is honger! Wipneus…ek het ‘n Science tydskrif by die huis en sal kyk of ek bietjie daardie Sterre-goete vir jou kan scan en aanstuur die vakansie…. ek is maar ‘n luierige persoon, so dit sal so in volgende week gebeur en nie al die week nie… maar ek dink jy sal dalk van die goete interessant vind… of gooi weg as jy dink dis gamors…
dag ek se jou net vir afleiding hier … wens ek kan nou skaak speel!!!
Ouma !!! dis reg sê hulle … klomp mense met geen lewe wat sulke twak kwytraak oor mense wat hulle nie eers ken nie!!
Dellie, hierdie ding dat mense hulle name so kan verander soos dit hulle pas, gee my die horries!! Ek het dit nog nooit gedoen nie, het nog nie eers ondersoek ingestel nie. Ek stel nie belang nie. Wat ek te sê het, sê ek, vir wat moet ek nou agter ‘n skuilnaam wegkruip. Dis wanneer jy hierdie dinge begin aanvang, dat jy regtig moet begin dink om jouself by Weskoppies in te boek.
Vanoggend het ek bv opgetel dat hulle van die een of ander naamlose gmail af kommentaar lewer of e pos stuur. Dus dis iemand wat my e pos adres het.
Iemand wat ‘n blogger is. Dis hoe hulle my e mail in die hande gekry het. Dis scary om te dink dat ek by iemand kuier wat nie al sy varkies op hok het nie!!
Is al hierdie dinge die moeite werd??? Ek glo nie meer so nie!! Gelukkig het ek nog altyd my ander blog!!! So ek het niks om te verloor nie.
Hi Willa dit is hartseer van KKeet, maar ek is seker haar boetie van oor die waters lees al die mooi kommentaar wat julle gelos het, en sal dit ook aan die familie gee om te lees. Hier en op my ander blog. Ek is bly jy is terug!!
Nikita ek kan nie wag vir daardie Sterre goete nie
Ek gaan myself vanaand weer soek tussen die sterre. Ek het myself verloor
Waar is Wipneus????
Hi Zoeks
Daar vra jy nou dieselfde vraag waarmee ek worstel??? Hoe kan jy iemand sleg sê en verneder, as jy hom nog nooit met ‘n oog gesien het nie. Want boetie dinge is nooit soos dit lyk nie!!! Mense sal hulle oorhoeks skrik as hulle die werklike mense agter die name ontmoet!!
Ek dink dis mense met ‘n baie groot minderwaardigheids probleem wat vreemde mense so maklik sleg sê…. mens moet amper jammer voel vir hulle . . .
Ek skryf eendag my boek oor mense at seermaak. Mooi geskryf!
Ek skryf eendag my boek oor mense wat seermaak. Mooi geskryf!
Zoekoe ek het ook altyd gedink mens moet hulle jammer kry, ek willie mee nie. Hulle moet hulle minderwaardigheids gevoel gaan terug vat. Dit is juis hoekom hulle, hulle minderwaardigheids gevoel verloor het!!! Hulle was uitgecut agv swak maniere en optrede!! Hulle moet hulself reg ruk of uit die samelewing verwyder
En dan sal ek sê: “thanks for leaving, brother”
Hi King, welkom in hierdie deurmekaar gemors!!
dan gaan die vure brand.
Ek kan nie wag vir jou boek nie. Jy het definitief hierdie seerkry beleef. Ek het dit op jou blog gesien!!
Gelukkig is daar van ons wat sterk is, en weer opstaan….
Ek sê altyd hulle moet oppas as ek opstaan
Ek is nogal kalm van geaardheid, niks gooi my maklik van die spoor af nie, kan ook baie vat …… maar dan kom daar dae wat ek “snap” !!! En dan gaan grou ek al die dinge uit Noag se ark, wat my al lank gegrief het.
Waar bly Zee dan dat sy altyd alles uit mis?
Wip ek het nuwe resep. Ek dink jy moet dit toets en dan terug voering gee. Lyk my jy is al boere tannie hier wat kan raak vat in die kombuis.
Rustig dis omdat ek van nuwe resepte hou, ek is mal oor resepte, hier bo op die pages het ek ook ‘n resepte blaai, my kombuis bestaan omtrent net uit resepte boeke. Dis lekker om met kos te speel
Zee werk nou, sy speel eindelik in die aand op die net rond
Vanaand gaan ek ou bene kou voor die rekenaar!!! Ek sal moet insit om op te vang!! whahaha
Mense ek is nog besig om julle e posse terug te beantwoord!! Gee net so bietjie kans asseblief!!!
Wippie: ag asseblief jy kan tog seker nie SO besig wees nie!!!!!
jinne aarde
Loer net gou in….. besig met kooklesse!! (En botteltjie wyn in die hand)
Hi Rosie, kan jy glo ek is klaar!!! whahaha nee dit was erg hierdie kant vandag!! Maar ek is nou weer terug uit die bos!!
Hoop dit gaan goed met jou.
Zee kook jy???? Ek maak toe nou nogal verskoning en dink jy werk
Ek gaan ook net-nou Rustig se eerste resep uit toets!! Ek wil hierdie mense van my se smaakkliere bietjie oefening gee
Ja-ja kooklesse!!! Ons ken daai, vanaand swaai die hoenderboude lekker!!!
Mens se manier wys watse tipe mens jy is. En al het jou ouma dit gese, is dit steeds waar.
Ek het nou twee gevalle kort na mekaar gehad van kliente wat die gat in hulle opvoeding, hier kom openbaar het.
Twee mense (nie verwant) wat nie bereid is om te wag vir goeie diens nie, en wat dan kom gil en persoonlike beledigings slinger in ‘n kantoor waar ander kliente en werksmense in en uit beweeg.
En dit is asof hulle vergeet dat hulle later die mens beledig en diep seermaak, omdat, en so vind jy agterna uit, hulle aan stres ly.
Die hele donirse SA gaan gebukkend onder stres, maar dit is die manier waarop ons opgevoed is, wat wys hoe ons dit handle.
As daai mense omdraai en ek my trane klaar afgedroog het, hoop ek om hulle nooit weer te sien nie. En dat hulle name hulle ver vooruit sal gaan! My dae van vergewe en vergeet is verby. Ek kan in my stilte ook my opvoeding gestand doen.
Whahaha Rosie, jy bly snaaks!! hoenderboude wat swaai!!!
Skoor whahaha jy is reg die hele donerse SA het verseker stres!! En het ons nie daai ding?
Ek stem saam met jou ek gaan nie meer vergeet en vergewe nie, in die vervolg moet hulle by my verby hou!! Ek is nou net mooi siek van mense en hulle swak maniere!!!
Kan jy dit oorvertel, dis ‘n nuwe vir my… jy behandel ander sleg en sê net dit is stres!!!
Ek wonder nou tog of hierdie bloggers wat hulle so swak gedra het dit gaan aflag as ‘n stres aanval!!!
Hulle kry seker swaar om met hulself saam te leef dis verseker!
Wippie, nee man, sien my nuwe avatar (weet nie hoe lank hy daar gaan wees nie) het gesê ek moet maak asof ek kook met n botteltjie wyn innie hand
Whawha, ek het nou net die kerrie gebrand!!!
Hi Zee ek hou van jou nuwe avatar!! Maar jy lyk baie sexy met die ander een!! If you’ve got it, you must flaunt it baby.
Zee ek is gatvol vir “die” wêreld!!!
[...] begin gaan. Dit het so ‘n tsunami veroorsaak dat onbetrokke bloggers sommer hulle moere wou vloer. ‘n Ander rede kan dan natuurlik indifference wees? Ek het hierdie week egter ‘n baie [...]
Wipneus,
Sorry dat die hele storie jou ontstel het maar ek moes seker dit as ‘n grap gesien het. Vir my was daai grap te vieslik en ek kon dit net nie aanvaar het nie. Dus het ek hom 1 ste op sy blog aangevat. Toe die hele storie op my blog gaan sit en ons het oor en weer mekaar sleg gesê. Ek kon nie toelaat dat hy hiermee wegkom nie. Dit wasvulger verby. maak ‘n grap maar moenie mense afbreek wat jy nie ken nie.
Dankie aan almal wat verstaan het. Alles is nou weer honkie dorie!!
O ja wou ok sê dat hy die storie van sy blog verwyder het. Ek het my sin gekry!!!
Hi Alta
Ek sien dit nogsteeds nie as ‘n grap nie. Mens maak nie sulke grappe met vrouens nie. Ons het kinders, ons is eerstens ‘n ma.
Geen kind wil tog die goed van sy ma lees nie.
Ek is ook net half siek daarvoor dat enige iemand wat land verlaat uitgeskel word. Hoekom mag mens nie land verlaat nie. Dis nie asof my land die tuin van Eden is nie. Maar dit daar gelaat, ons lewe nie meer in die steentydperk dat jy op een plek moet stagneer nie. Ons kan orals in die wêreld reis, kuier, bly of werk. Ons kan dan nie uitgeskel word dat ons “spils” raak oor ‘n ander land nie. Dit maak nie vir my sin nie. Sou dit jaloesie wees?
Nee al was dit ook ‘n grap, ek hou nie van daardie soort grappe nie. En ek dra hope humor rond, ek kan vir enige ding lag, ek is altyd besig om te speel of mense te tart ens. Maar ek gaan nie iemand beledig en verneder nie.
Ek is bly alles is weer honkie dorie, ek neem aan hy het jou ‘n verskoning aangebied op sy blog en op joune?
My storie is iets heeltemal anders. “Iemand” het my hele rekenaar opgeduiwel. Wel nie eers net myne nie, ek weet ook van Kaalvoet se rekenaar wat opgeduiwel is. By Dellie lees ek nog sulke ander snaakse dinge. Hulle het ons e pos adresse gekry, as ons kommentaar lewer. Ons was gebombardeer met virusse en e mails dat jy dit nie kan glo nie.
So al wat ek van die hele saak kan uitmaak, is dat dit iemand is wat sy mes in het vir my/ons. Dit kan natuurlik wees oor ek mense uitgetrap het. (Kaksakkie???????????) Dit kan gaan oor stats ens ens
Alhoewel ek so lae profiel blogger is dat ek regtig nie kan insien hoekom iemand tot diè uiterstes wil gaan nie. Daarom kom ons weer terug na die eerste een toe, iemand is kwaad oor ek hulle aangevat het. Ek het ook ‘n baie goeie idee wie dit kan wees. Dis nie net kinderagtig nie maar regtig iemand wat baie siek is en in ‘n inrigting hoort.
Ek is nie so verslaaf dat die blog my alfa en omega is nie. Op die oomblik kan my blog maar so hang…. soos dit vir my lyk is dit die veiligste.
Lekker naweek Alta!!!
Ek is baie bly jy voel weer beter!
En vir wat dit werd is, ek dink dit was ‘n baie goeie keuse om Kanada toe te immigreer. My vriendin is ook daar, en sy is baie, baie gelukkig.
Wippie (((((W))))….!
Hi Rosie
Ek het jou inskrywing sooooo geniet!!!
Ek wil jou ego streel, maar net nou dink liefie ons streel jou ego te veel. hahahaha
En jou skoolsuster storie hoort op Litnet!!
Thanks Wipneus.
(((((((baie hugs))))))))
Bietjie koffie?
Dankie Zee!! Net wat ek nodig gehad het
Ek hou van al jou nuwe Betty Boops!! Geen vervelige oomblik met jou deesdae nie. Betty Boop aka Zee hou dinge kleurig en interessant met al die nuwe BB foto’s
Dellie is reg – ek dink ons moet fokus om die basics. Hoekom het ons begin blog? En binne daardie kraal bly. Dus, vir eers, is ek self klaar die spot gedryf met Gemene Delers en fokus ek weer terug op my eie stem – niks meer reaksies om ander se gemeenheid nie.
Ek dink ons moet terug beweeg na die fun tags, stories oor dinge om ons en beelde van die Skepping.
Een dinge is verseker: ek is bly ek het met die mense hier kennis gemaak. My lewe is daardeur verryk. Waarom sal ek my dan nou laat mislei en aflei deur ‘n handjievol gemene delers (hulle verdien nie eens die hoofletters meer nie
).
Lekker naweek vir almal.
Emil as jy trek, moet jy tog asb net nie ophou blog nie!!!
Ek geniet jou blog!! Ons is baie wat jou blog geniet!!
Ek sal en gaan weer blog Emil!! Maar ek is natuurlik nou baie besig om die skade te herstel!
My juweleboksies het ook ‘n nuwe naam gekry, dis nou
“FORD KNOX” whahaha
Lekker naweek vir jou ook!!!
Nee wat Wipneus – daar is geen kan dat ek sal ophou blog nie. Dalk onthou jy nog hierdie oefenig:
http://emiljung.co.za/?p=322
92% !!
Ek het ook baie nice mense “ontmoet” met blog, ek smaak dit en sal aanhou. Hoop julle doen dieselfde.
Emil whahaha
Ek onthou hierdie blog addiction van jou soos gister! Jy is nog tot op hede die voorloper!! En natuurlik mag jy maar blog, want jy kan die ding goed doen.
Rosie daar is nie ‘n manier wat ek ophou blog nie!! Ek rus net, doen bietjie anger management, kry my varkies weer almal op hok!! Blog bietjie op my ander blog, blog sommer op ‘n ander ou se blog ook!!
Ek het ook die wonderlikste mense ontmoet met blog. Ek sê altyd dis in die blogwêreld waar die goeie mense al die tyd wegkruip. Ek het die laaste paar jaar nogal gewonder waar is die mense ????
Hier is nou wel die paar vrot appeltjies (gif appeltjies, Blommie)
Daardie dag hou ek partytjie tot die son opkom!!
maar die kry jy mos maar altyd orals!!! Hopelik verdwyn die appeltjies of maak hulle uit die voete