
Adrie was so gaaf om vir my ‘n inskrywing vir my blog te doen. Baie dankie Adrie, ek het my muse verjaag!!
Karre en hul dinge
Daar was eendag ‘n jong meisie met twee vryers. Die een was ryk en die ander arm. Sy kon nie tussen die twee kies nie en het toe haar ma vir raad gevra. Die ma het gereken sy moet met die een trou wat die meeste vir haar omgee. Die meisie het nie geweet hoe om dit te bepaal nie.
“My kind, gaan oorsee. Die een wat eerste by jou aansluit, hy gee die meeste vir jou om.”
Die meisie dink dit is ‘n goeie idee en klim op ‘n vliegtuig. Sy het pas haar voete in die aankomslokaal gesit, en daar wag altwee die menere haar in. Dadelik sny sy ‘n lyn na die naaste telefoonhokkie.
“Mamma, altwee wag hier vir my. Wat nou?”
“My kind, klim terug op die vliegtuig. Die eerste een wat vir jou ‘n poskaart stuur, trou met hom. Hy het jou die liefste”
So gesê, so gedaan. Sy is net daar weer terug huistoe. Nog voordat sy die deur oopsluit haal sy die pos uit. Daar is wragtig poskaarte van altwee. Terug na Moeder-lief.
“My kind, ek sê jou wat. Gaan plaas toe. Die eerste een wat by jou kom is die een.”
Die meisie klim in haar tjorrie en het skaars haar sakke by die huis ingedra, toe sy die stofwolk op die horison sien. Dit het ‘n ruk geneem, maar na ‘n ruk kon sy die BMW en die Volksie onderskei. Eers is die Volksie voor en dan die BMW en dan weer die Volksie. Totdat die Volksie breek. Die arm man het darem ondernemings gees en hy gryp die naaste volstruis. Dan is die BMW voor en dan die volstruis. Sy gaan bel haar ma histeries.
“Mamma, hulle is altwee oppad. Een met ‘n BMW en een met ‘n groot voël.”
Die ma bly vir ‘n oomblik stil. “My kind, geld is ook nie alles nie.”
Die meerderheid van ons het ‘n eerste kar gehad en baie van ons het stories om te vertel van karre wat hulle al in die steek gelaat het. Gelukkig vir ons was dit hopenlik nie terwyl ons in ‘n stryd gewikkel was om die hart van ‘n meisie (of ou) nie. Ek weet nie van julle nie, maar ek weet nie hoe om ‘n volstruis te ry nie.
Ek moet erken, my eerste kar – Becky – was ‘n absolute vreugde om te bestuur. Weens veiligheidsredes het my pa daarop aangedring dat ek ‘n ordentlike ryding moet koop. Al was Becky dus tweedehands, was sy net vier jaar oud. Sy was ‘n 1.3l wit Ford Laser gewees. Met goeie brandstof gebruik. Ek het haar vir R49 000 gekoop. Petrol was iets soos R3,85 per liter gewees.
Ek is seker julle sterf nou om te vertel wie julle eerste kar was, wat hy/sy gekos het en wat petrol jou uit die sak gejaag het. Ek het nie so lank terug my eerste kar gekoop nie, maar wat van die wat 10, 20 of 50 jaar terug hulle karre gekoop het.
Adrie
Wipneus se eerste karretjie whahaha































Ek travel met die spoed van lig na al die mooi plekke in die heelal, dis magic!!




















My eerste karretjie was ‘n Datsun 1200, kon daardie ding oor die pad vlieg!!! Heerlike dae!! Ek raak verlief op my karre. Hulle word baie goed behandel. Hulle moet altyd skoon en netjies wees en blink soos ‘n bottel. Ek dink hy het iets soos R3 000 gekos!! Whahaha kleingeld as jy my vra!! Ek kon nie onthou van die petrol nie, maar dit was verseker baie goedkoop.
R3000?
Het hy darem al sy wiele en goed gehad?
Ek wou baie graag ‘n Volla gehad het (ek is ‘n Herbie fan okay), maar my ma het my die dood voor die oe gesweer! Ek het ‘n rooi 1100 Charade gehad wat nou deur my broer besit word! Daai outjie het karakter gehad en as hy kon praat….Hy was ook baie lig op brandstof en ek het net R50 ‘n maand uitgery. Hehehe!
Wip ek het ‘n virendin wat so geel Datsun gehad het…cool karretjies! en natuurlik baie stories
EERSTE!!!!!!!!!!!!!
My ma het ook altyd vertel dat haar eerste kar R3000 gekos het! Wat koop jy vandag daarmee?? 4 bande as jy gelukkig is!
Of nie Sammi Q! hehehe! Wip is vandag 1e op haar eie blog! *sug*
Kaalvoeie
As jy baie gelukkig is. My broer het ook vir Becky oor geneem.
Ha!!!! R3000? Dit was seke miljoene jare trug!!
Kaalvoeie
Jy moet my drieling verskoon. Sy het mos nog nooit geleer tel nie.
BTW Adrie, dis ‘n snaakse storietjie en ek het dit geniet!
@ Kaalvoet
Jy MOET skree eerste…… anners tel dit nie!
Sam
Ek is skoon geskok dat daar karre was. Ek het gedink Ouma kom uit die tyd van die dinosourusse.
@ Ouma
Praat bietjie met my drieling. Sy sê ek het nooit geleer tel nie! GMPF!!
Nou verstaan ek Sam….sal dit moet onthou vir volgende keer en ook eerste skree in case die ander vergeet het
Kaalvoeie
Sam se reels bestaan net in haar kop. Kyk wat gebeur as sy vergeet om eerste te skree en jy skree nadat sy gecomment het.
My eerste kar was ‘n mini wat ek by my ouers gekry het. My pa het dit destyds vir R 1000 splinternuut vir my ma gekoop. Later toe vir haar ‘n tazz en toe erf ek die mini. Was heerlik lig op petrol, maar as dit reen moet jy nie oor ‘n poel water ry nie, want dan gaan staan jy. Die punte en “plugs” het blykbaar dan nat geword. Het later die mini vir R 5000 verkoop.
Adrie whahaha hy het alles gehad, mooi karretjie gewees!! Jy moet onthou ek is nie meer so jonk nie. Dis net die gees wat ek jonk probeer hou whahahaha
Kaalvoet ek wou ook eindelik ‘n volksie gehad het, ek is ook ‘n groot Herbie fan!! Ek wou ‘n pienke gehad het met blomme op!!
Hello Sam, welkom in Ouma se cottage!!! Gaan kry maar vir jou moerkoffie op die stoof
Adrie nee wag so bietjie Ouma is nog darem nie heeltemal so oud nie. Ek het met ossewaens gery!! Toe later kry Oupa vir ons ‘n donkie karretjie, en toe Ouma gaan leer het, toe kry ek die Datsun.
En ja Sam ek het nou nog die kwitansie, R3 000 kan jy glo. Dis vandag eenkeer se winkel toe gaan. Waar is my dae heen?
Stem Wipneus, Sal self terug gaan na my ou salaris. Ek kon baie meer met my geld destyds koop en nog spaar ook.
Hoe lyk dit met ‘n foto van die Datsun
Willa
500% wins. Dit wil gedoen wees.
Ek probeer gou al die kommentaar opvang, Ouma is bietjie stadig vandag….. Heksie help bietjie seblief???
Drieling leer nou tel, hoeveel keer moet ek nou nog die albasters uithaal om jou te leer tel!!
genade kind het jy geen wiskundige aanleg nie???
Willa ek kan dink hoe vlieg jy oor die aarde met jou mini, hier speel so prentjie in my kop amper soos die volla hierbo. Jy sien net mini deur die water vlieg en woep gaan staan die dingetjie botstil in ‘n poel water. Hulle moet jou optel en uit die modderpoel dra!! whahaha
Wip
Jy moet maar die Houtjie vir ‘n Foutjie taktiek met Sam beproef. Dit is al hoe sy gaan leer.
Adrie houtjie vir foutjie
Dit was altyd omtrent so iets Wipneus. Gelukkig daardie jare was die mans nog baie behulpsaam en het altyd stil gehou en my gehelp… maar aan die ander kant ek was toe ook baie jonger gewees….EN het nie toe gelyk soos ek nou op my prentjie lyk nie.
Willa, ja ons kon net ons rokkie so tot by die knietjies optrek, dan stop daardie karre langs ons dat jy net stof sien staan. whahahahaha
Wip, jy sal nou BAIE meer as net jou knietjies moet wys en dan moet jy boonop regstaan met ‘n wapen en pepperspray terwyl jy vir die AA of iets soortgelyk wag!
Gelukkig kan ek self ‘n band omruil en ek weet darem genoeg van karre om self te kan kyk vir die basiese goed wat kan fout gaan.
My eerste karretjie…’n Datsun 120Y, so ‘n groene nogal! Daai R3000 klink reg want myne was ongeveer soveel …1979. In 1984 kry my boetie ‘n Golf GTI…R10500 en onthou julle nog die LUV bakkies (Chevrolet) raak toe Izuzu – hulle adverteer toe: “Koop hierdie fiets vir net R5000 en kry ‘n Isuzu bakkie by” (1980 het ‘n fiets by die “deal” ingesluit!) Laaank terug…kyk net vandag se pryse, MAAR daai tyd was R5000 …..VYF DUISEND RAND!!
Vandag kry ‘n mens nie eers ‘n ordentlike fiets vir R3000 nie.
whahahaha Kaalvoet dis waar, ek sal hulle in elk geval met pepperspray bykom as hulle net durf waag stop. Ek sal myself help as my kar breek dankie!! Of ek bel vir Teddie.
My kar het so service ding, as hy gaan staan, dan bel jy hulle, ek het dit nog nie gebruik nie. Ek is te jammer om my kar te ry, hy moet net staan en mooi lyk. Ek ry Teddie se Jeepie gedaan!
My kar mag nie kilometers optel nie
Ag nee Wip! Wanneer ek kom kuier wil ek ‘n lekker vinnige spin in jou karretjie he! So, aan daai kant, spaar hom maar! hehehe!
Whahahahahaahaa
Weet julle wat? My drieling (Sam) is mos ‘n mechanic. As julle haar nog nie gesien het nie, sy is maar ‘n klein fyn dingetjie. Ek het haar kos gesteel toe ons klein was.
Sy word toe eendag so teen 7h (in die aand) uit gestuur om ‘n band te ruil. Daar aan gekom is daar die uitgegroeide vent wat nie sy eie band kan ruil nie. Hy het nie eers aangebied om haar te help nie.
kaalvoetinireen: Ek weet ook hoe om ‘n band om te ruil ens, maar ek kan daardie skroewe/boude glad nie los gedraai kry nie. My man het so ‘n “survival kit” gekoop vir my. As jy op ‘n gevaarlike plek staan met ‘n pap band, dan spuit jy die goed in. Die band moet na die tyd vervang word, maar ‘n mens se lewe is meer werd as ‘n band…of dis hoe my man voel.
Wipneus: Dit lyk my ons is nie net dieselfde ouderdom nie, maar het ook dieselfde streke. Ek ry ook meestal met my man se Jeep, om kilo’s op my moter te spaar.
Adrie: Daai ou laat my aan ‘n ou kentucky advertensie dink.
Willa
Ek sal my drieling se om in die toekoms eers by KFC te stop. Dan kan sy lekker eet terwyl sy die wit baas leer om sy band te ruil.
Alda my eerste karretjie was einde 1979!! Jinne dit was lekker tye!! Ek wonder waar is die foto van my karretjie wag dat ek bietjie hier op my rekenaar gaan soek
Kaalvoet daai ding het kompressor in ….hy is te vinnig vir my, my voet trap die petrol te hard in!! Oeps sê ek dan en Teddie wil die mure uitklim!! Hy sê ek is ‘n gevaar vir myself!! Wel moenie te gou gerus raak nie, ek is ‘n gevaar waar dit by spoed kom. Vat my woord daarvoor!! whahahaha
Ek ry myself in my m*er in!!!
Adrie dis hillarious, ek kan my net voorstel, julle Sam is hierdie fyn petite dingetjie!! Ek kan al sien hoe gryp sy die wiel spanner whahahahaha
Willa doen jy ook daai ding??? Nee, ‘n mens moet jou karretjie oppas, dis mos waarvoor die manne se karre daar is. Die Jeeps ry net vir my so stadig
Daardie survival kit ding klink na iets ouliks. Ons vrouens kort deesdae so iets, hier in wilde Afrika!!
Wahahaha, vir daai grappie!
My eerste kar in Engeland, 5 jaar gelede, het ek vir £150 gekoop ( op daai stadium so om en by R2000)
Dit was ‘n verbleikte klein Vauxhal en het gehardloop soos ‘n droom.
Ek het dit gehad vir 2 jaar en dit het nie EEN keer gaan staan nie! Die laaste maande wat ek dit gehad het moes ek na elke 60myl, water in die radiotar gooi, maar dit het laat wiel!
Eilandkind, dit klink of jy weet wat agter ‘n stuurwiel veronderstel is om te gebeur. Spring in die kar en sit voet in die hoek. Jaag resies. Daai Vauxhal moet met 2 wiele om die draai vlieg!!! whahaha Wat ry jy nou???
Hello hello!!
My eerste tjorrie was ‘n rooi Ford Fiesta! Sy was te oulik!! Ek dink sy het R40 000 gekos nie heeltemal seker nie.
Net jammer ek het haar net vir 6 maande gehad!!
Ouma
Is jy seker jy het nie ‘n kleiner foto van die eerste kar nie.
Tweeling
Dit wil gedoen wees.
Nats dis ‘n oulike karretjie. Het jy voet in die hoek gesit??
Adrie ek soek foto’s maar al wat ek kan kry is waar ek met my bikini op die bonnet pose!! En dit gaan ek definitief nie hier uitstal nie, net-nou kry julle verkeerde gedagtes whahahaha
Het julle geweet dat karre soos o.a. die Opel Astra is nou se dae ‘n Vauxhal in die UK? (Eilandkind na aanleiding van jou Vauxhal)..en ja Wipneus dit was wonder tye…heerlike lekker dae van vetpret! Ongelukkig het ek nie ‘n foto van my groen blits nie.
My eerste karretjie was ‘n bloedrooi Golf …. en dit ook my broer se eerste karretjie …. en ook manlief se eerste karretjie
Alda ek het dit nie geweet nie!! ‘n Groen blits vertel jy my!!! whahaha
Dit lyk my jy vat ook nie nonsens van ‘n petrol pedaal nie!!
Paula Golf karretjies was groot gunstelinge as eerste karretjies!! Ek wonder watter karre is vandag gunstelinge onder die jonges???
Ek het mos ‘n jongman! As hy sy sin kan kry sal dit ‘n Audi TT wees, maar ongelukkig het sy pa vir hom van daai ander TT’s gekoop….Toyota Tazz….shame
LAASTE!!! (tel dit?)
Ek ken iemand (‘n vrou) wat ‘n volstruis gery het wat nooit eiers gele het nie…en daarna het die voltruis broeis geraak. Dit daar gelaat.
My eerste kar as ‘n Beatle wat ek van my suster geerf het, wat my oupa in 1985 van die dominee gekoop het vir R600. Die blerrie ding het op die N1 naby PTA met my gaan staan toe die clutch-plaat gebreek het.
Hallo julle,
My 1e karretjie was ‘n ST mini gewees so ‘n gele, later toe maak ek di mini toe pienk! Die mense het my omtrent aangestaar met die pienk mini!
Eendag toe ry ek in die stad toe sien ek so ‘n mooi baja bug by ‘n motorhandelaar staan! Ek ry toe daar in en vind toe uit die volla en mini is van dieselfde jaar en het min of meer dieselfde hoeveelheid kilo’s op, net daar en dan ruil ek die ou toe en hy het my mini toe as ‘n versiering gebruik om klante te lok, hy wou nie die mini verkoop het nie!
Toe my kinders begin skool gaan en ek hulle baie moes rondry besluit my man toe dat ek ‘n meer betroubare ryding nodig het en toe koop hy vir my ‘n Ford Escort XR3!
Ek die ding vir 10 jaar gery toe ruil ek hom in op ‘n Citi Golf en 10 jaar later ruil ek hom in op my Ford Fiesta wat my dogter afgeskryf het ‘n jaar en 7maande later, met die asuransie geld (wat maar erg min was) koop ek toe vir my ‘n 1400 Nissan bakkie wat hulle toe gesteel het, net nadat ek die 1e paaiement op hom betaal het! Gelukkig was die asuransie se uitbetaling beter en toe koop ek my Ford Ka waarmee ek nou ‘n jaar lank ry!
Rosa
Jy sal maar die Ousie moet vra. Net sy ken haar reels.
My pa het in 1986 vir hom ‘n 2 L luukse demo model gekoop vir R15 500. Laaste keer dat hy so iets kon bekostig het ook.
Alda hahaha solank hulle darem net wiele het. Karre het so duur geword!! Ons kinders het Corsa’s gekry as eerste karre. Nou moet hulle maar self daardie Audi TT’s koop
Rosie wat gebeur toe, toe die volstruis broeis raak, het hy die pad verloor?
Ek wou so graag ‘n beatle gehad het. Maar nou dat ek daaraan dink ek kan nog altyd vir my nou ‘n beetle koop! Ek meen wat is nou ouliker as ‘n gypsy wat in ‘n blommetjies beatle rondjaag??? Maar hy mag nie stadig wees nie, en dit mag nie die nuwes wees nie. Die ding moet warm gemaak wees!! Hy moet sing oor die teer!!
Verons
Jy hou darem baie van halwe karre.
Ek het ‘n vriendin wat ‘n mini by haar ouma geerf het. Dit is verstommend hoeveel kaartjies sy met die einste mini verower het. Nee, nie vir parkering nie. Spoed kaartjies.
Verons lyk my jy kan stories vertel oor jou karre!!! Ek het net vanoggend vir my broer gesê ek wil vir my ‘n beach buggy koop!!!
Waaat??? skreeu hy heel verontwaardig. Het jy dit nou heeltemal verloor my ou sussie.
Nee, sê ek, ek wil in die bosse gaan jaag.
Nou gaan ek Teddie vra vir ‘n Quad bike, nie hierdie stadiges nie, ek soek ‘n vinnige een. Hulle ry die goed hier naby ons. Julle moet sien hoe vlieg daai goed oor die pad!!! Jy sien net stof en ledemate vlieg. Dit nou waarvan ek hou. Die Adrenalien moet pomp deur my are.
My seun se verloofde is mal verlief op mini’s, sy wil met mag en mening ‘n mini hê.
Ek hou nie van stadige karre nie, die ander mense jaag vir my weg
My eerste was ook ‘n Volksie – wat ek en ‘n Varsity pel saam gekoop het vir R3000. dus R1500 elk. Hy was vrot geroes en het skaars gestart maar ons het beurte gemaak met haar. Een week bestuur ek (en moet haar rondry) en die volgende week maak sy so. Ons het die hele kar vol pienk butterflies geverf (sommer muurverf) en moes in die winter die kar amper tot op kampus stoot!!! My oorlede pa het hom een vakansie onder hande gekry en hom so oorgedoen dat ons hom verkoop het aan een of ander “versamelaar” vir ‘n massiewe R 10 000.00. Lekker wins gemaak en ek mis tot vandag toe nog vir Tokkie (die kar)!
My eerste kar was dekades terug. ‘n Charade vir R5000-00. Man was hy lig op petrol.
Maar toe ons 8 jaar terug in Engeland aankom, toe koop ek ‘n Lada vir £400-00 (Daai tyd was dit so R4000-00) Drie maande later ruil ek die Lada in op ‘n Renault Kangoo en kry £1280-00 (R13000-00) vir hom!!
Ek dink dit was ‘n great deal!
Puik storie Adrie!
mooi storie adrie,
wipneus hoe is dit dan nou dat jy so ly is om ‘n inskrywing te doen?
Lekker dag verder
My eerste kar – 1984 Mazda 2.0 626 hatch – spierwit met roeskolle. Maar was die doner nie haastig nie…sjoe!
Petrol was so net net oor die R2.00 per liter en die kar was nogals swaar op sous. So 8 kilos op ‘n liter as ek gelukkig was. Ek mis hom…al het 10 liter olie ‘n maand gebruik!
@Willa – jy moet net ‘n stuk pyp van so 30- 5ocm saamry in jou kar en dit dan oor die wielspanner sit. Dit gee jou meer leverage omdat dit die spanner dan langer maak, en jy sal nie glo hoe maklik draai jy daai wheelnuts los nie! Dan kan jy sommer een oor die kop ook donner as hy moeilikheid soek!
Hi Wipneus!
Nou deel ek my man se ou, swart, Ford trok! Nie baie goed vir my ‘carbon footprint’ nie, ek weet.
Dit voel egter lekker om agter die stuur in te skuif en daai krag te voel.
Dis ook die eerste keer in my lewe dat ek ‘n kar met kragstuur het!
Hier op die eiland ry ons aan die linkerkant, maar die stuur sit ook aan die linkerkant, so ek het in die begin so gevoel, voel vir die rathefboom aan die linkerkant en amper elke keer die venster oop gedraai!
Carina, ek wens nogsteeds ek kan ‘n volksie kry, maar ek neem aan hulle is seker skaars! Julle het ‘n lekker wins gemaak
Ice jy het net so groot wins op jou karretjie gemaak. Ek dink ook Adrie se storie was lekker!
Neykie Adrie het my gered!!!
Wipneus was wit van die woede whahaha maar ek hardloop nou weer tussen die feëtjies rond …….. ek het dit bietjie verloor Blommie
Pagoda maw jy kon laat wiel oor die pad met jou Mazda???
Hy was so swaar op petrol omdat jy so erg voet in die hoek gesit het whahahaha
Kaalvoet dan moet ek vir my so pyp kry!!! ek draai nie wheelnuts los nie maar ek sal hom gebruik om mee te slaan hehehe
Hello Eilandkind
Dit klink mos vir my of jy laat waai in daardie swart trok van jou man!! Ek draai in elk geval die venster af, die wind moet my hare deurmekaar waai, as ek oor die pad vlieg!!!