Update 12 September:
Baie geluk aan King wat vandag en Soldaat wat Sondag verjaar, mag die nuwe jaar vir julle net mooi dinge inhou!
Nou gaan ek na:

Lekker naweek
Wipsnoet!!
~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~
Vandat ek ‘n kleuter was, het ek altyd my Dad gepeper met vrae “But why Daddy?” Een antwoord was ook nooit genoeg nie, dit het net gelei tot die volgende vraag. Ek was dus gebore met nuuskierigheid. My Dad is nie meer hier om al die vrae te beantwoord nie ……..
Gister-aand kuier ek op my gunsteling blogs rond. Eilandjie vra ook vrae. Skielik “start” my brein weer op. Ek het soveel vrae, en op hierdie vrae kry ek nou al jare nie antwoorde nie……..
Hoekom …
…. word mense gebore met haat en nyd? (Is dit geneties? Hê Rosie?)
… skinder mense? Gee dit mens adrenalien of een of ander voorsprong in die lewe?
…. is sommige mense altyd, maar altyd nors? Kry hulle dalkies nie genoeg liefde op die regte plekke nie?
‘n Glimlag maak enige gesig mooi, al lyk jy ook soos die duiwel!
…. vertel mense leuens? (Is hulle lewe oninteressant?)
…. kan mense, ander mense nie verdra nie? Hulle soek altyd fout, of is aan die baklei… boring!
…. raak my geld altyd op?
….. Hoekom is daar wêreldwyd altyd rusies oor Godsdiens? As jy glo, dan glo jy mos. Einde van die saak.
…. kry mense lekker as hulle ander verwoes, verniel en in die grond in trap?
…. is mense oneerlik, dit steel en bedrieg of daar nie weer ‘n môre gaan wees nie. Huh?
…. wil dit nie reën, as ek reën soek nie. Die wetenskaplikes moet hulle sokkies optrek!
…. kry ek e pos wat sê: Ek moet dit vir 7 mense aanstuur of die donner en bliksemstrale gaan my tref?
…. neem mense sommer aan jy is ‘n ateis as jy sterre kyk? Watter deel van sterre kyk verstaan hulle nie? Daardie mense is welkom om enige tyd saam my agter die teleskoop in te skuif – ope uitnodiging.
…. spring mense op en af van blydskap as ander mense seerkry en/of huil? Was hulle nog nie in die sirkus nie?
…. kry mens winter depressie?
….. Sukkel ek so om die Politiek te verstaan, dit goël met my kop!
…. kan ek nie op ‘n eiland bly, sonder enige bekommernisse oor werk en datums nie?
Dan my groot kopseer in die lewe, hoekom mag ek nie dink en voel oor mense en dinge soos ek wil nie. Hoekom is daar altyd mense wat my probeer oortuig om my siening te verander. Hulle wil hulle oortuigings op my afdwing. Ek sê: Leave me alone!! Ek kom goed genoeg reg dankie. My brein is nog in perfect working order! Thank you very much!
Ek sorg dat ek ander mense geluk gun. Ek lewe vol empatie vir my medemens, probeer help waar ek kan en probeer lewe om ‘n verskil te maak. Deel genoeg liefde, begrip en geluk uit aan jou medemens, en jy sal self op “cloud 9″ rondsweef. Werk vir my!
In a perfect world
There’d be no tears
There’d be no killing
There’d be no fears
In a perfect world
There’d be no pain
There’d be no sadness
There’d be no bane
In a perfect world
There’d be no dying
There’d be no grieving
There’d be no lying
In a perfect world
There’d be no leaving
There’d be no greed
There’d be no needing
Dit reën nogsteeds nie, ek gaan nou genoeg tyd vat, en nog baie boeke lees, om antwoorde op al hierdie vrae te probeer kry.
As julle antwoorde het vertel my asseblief??? Het julle ook so baie vrae wat onbeantwoord bly?
Hugs
Wipneus
my perfect world …..
exists inside of me
you’re welcome to visit …..
to stay ……
pull up a chair
and together
we can see it through …..































Ek travel met die spoed van lig na al die mooi plekke in die heelal, dis magic!!




















Hoekom so baie vrae?
Ek sê mos ek het baie vrae Riaan, het jy nie ook vrae nie?
The Beatles (Lennon/McCartney)
When I find myself in times of trouble
Mother Mary comes to me
Speaking words of wisdom, let it be.
And in my hour of darkness
She is standing right in front of me
Speaking words of wisdom, let it be.
Let it be, let it be.
Whisper words of wisdom, let it be.
And when the broken hearted people
Living in the world agree,
There will be an answer, let it be.
For though they may be parted there is
Still a chance that they will see
There will be an answer, let it be.
Let it be, let it be. Yeah
There will be an answer, let it be.
And when the night is cloudy,
There is still a light that shines on me,
Shine on until tomorrow, let it be.
I wake up to the sound of music
Mother Mary comes to me
Speaking words of wisdom, let it be.
Let it be, let it be.
There will be an answer, let it be.
Let it be, let it be,
Whisper words of wisdom, let it be
Yes Adriana dis nou lekker positief! Let it be!! Nie altyd maklik nie…..
“Oor al die eeue heen was dit daar, en nog al die eeue wat gaan kom gaan die mens met dit gekonfronteer word… ‘n mengsel van goed & kwaad, ook mooi & lelike dinge in die lewe. Dis die balans van ons menswees. So die beste raad is: “probeer jou bes om net die goed en mooi na jou aan te trek”. My engeltjie pa het dit altyd vir my gesê, as ek so baie vrae gevra het, ek vertel dit vandag vir my kinders…Al een wat ek regtig, oor wonder is daai een van:”hoekom raak geld op” Ai!
Hoekom kan ‘n week nie korter wees en naweke langer nie?
Is dit net ek of sloer hierdie week vreeslik???
Mens kan jouself siek maak met al die vrae. Ek het besluit om te berus by dit is soos dit is, en ek dobber nou maar net saam.
Ek dink nie hier is genoeg plek vir al my vrae nie…
Ek dink ek ken die antwoorde op sommige van hierdie vrae. Maar ek deel dit nie graag nie, want mense wil dit nie hoor nie. Ek dink altyd so daaraan…….. eendag wanneer alles nuut gemaak is, gaan ons al die antwoorde kry – en dan gaan dit nie meer saak maak nie! Maar ons mense is almal met verstand gemaak. Gebruik dit. Vra vrae. As mens nie meer vrae vra nie, hou jy op met leef en verdor jou hart.
Hi Wipneus
Ek stem: mense moenie probeer om mekaar te verander nie maar eerder mekaar aanvaar soos hulle is – ek het toevallig vandag ‘n “laaste gedagte” op my blog geplaas wat hiermee in lyn is.
Groete
Hoekom is daar so baie maand en min geld oor??
Snaaks genoeg het ek nie baie vrae gevra as kind nie. Het stilletjies dinge om my waargeneem
Nee man, Wipneusie. Vir meeste van hierdie hoekoms moet jy net in jou borreltjie klim en tussen die sterre gaan kuier. As jy nie kan verander of doodslaan nie, spaar jou energie vir al die wonderlike dinge wat jy ontdek en bedink.
(stem saam: “let it be”
).
Ag ou Vriendinnetjie – ek reken op meeste van die persoonlike vrae soos: haat/nyd/skinner/verdra… kom dit seriously neer op hierdie: dis mense wat net genoegsame kwaliteit aandag kort – dis die tipe mens wat altyd of groot gedeeltes van sy lewe met minder tevrede moes wees – en ek praat nie van minder materieel nie – ek praat van minder ’saakmaak’ – vistaan djy my maatjie??
xx
Those are the people I envy the least and pity the most. Nee ek dink nie dis ‘geneties’ nie, maar ek glo ook ‘n ouer kan daardie eienskappe oordra – it rubs off…
Ek het laaaaank gevat om die jammerte vir daardie tipe mens te ontwikkel, eerder as om my te vererg vir hulle. Die meeste van hulle reageer ongelooflik goed op ‘n positive bydrae van buite af – a kind word, ‘n kompliment (man, soek iets – jy sal wel iets kry;) , ‘n “kom jy lyk ‘af’ ek skiet jou vir koffie” uit die bloute al is dit ‘n ondraaglike kollega. As jy die moeite doen, sal jy die kwaad-wortel kan raaksien en dalk net dalk kan jy help om dit te begin uitroei.
Nee, ons kan nie die wereld en sy pelle fix nie, maar een vir een gee ek elkeen graag ‘n ou kansie – and somehow THAT rubs off just as well.
Net nog een ding: as soon as you hear that person make a negative remark or comment – you tell them straight out that you don’t appreciate it and would rather not be part of it. But tell them in dieselfde asem dat jy joy het om te share en dat hulle welkom is om daaraan deel te he.
Ag ou Wipneus – jy’s maar steeds jou daddy’s little girl, nê?? and we love you for it
Alda, deur die mooi en goed na my toe aan te trek, sal ek genoodsaak wees om mense uit my lewe te sny!! Sommige mense het die slegte manier om van hulle lelik op jou af te vryf!
Maar jou pa was reg, mens moet balans hê in die lewe anders gaan die lewe maar baie boring wees, en jy gaan nie jou geluk so waardeer nie.
Kaalvoet maar jy het dan nou ‘n lang naweek! whahaha
Jou week is korter!
Jaco ek dink jy het die regte idee, mens moet maar net “go with the flow” hanteer maar elke probleem soos hy kom, op die beste manier wat jy kan.
(((Carina))) ek het ook nog baie vrae, maar dan gaan die mense dink ek is heeltemal “clueless”
Vriendin jou inskrywings het my vandag so tranerig gehad, sterkte vir jou, ek dink so baie aan jou!
Ek het nou eers kommentaar gaan los, ek was en is eindelik woordeloos oor hierdie hartseer. Baie mooi video wat jy geplaas het.
Hi Gypsy, nou gaan ek wegtrek en vrae vra! he he
Ek wil nie leef met ‘n hart wat verdor is nie. Enjoy jou ride in België, dis so lekker om weer by jou te lees!
Hi Ninette! Dankie vir daardie gedagte op jou blog! Sterkte met die skou! Ek hou styf duim vas
Verons vra jy my???
Paula ek het my ouers gedaan gemaak met al die vrae, ek het dit nogsteeds nie afgeleer nie
Gaan ek ooit? Oops daar vra ek weer ‘n vraag! he he
Annerkant
Sê ek ook mos, ek gaan kruip weg in my feëtjie tuin of spring agter die teleskoop in. Dis al waar daar regtig rus en vrede is. Stilte, vrede, magic, asemrowend….wat meer wil mens hê
Hi Biebs,
Ek dink dit is uitstekende raad, mens moet mense regtig net jammer kry. Dit help net nie om jouself moeg te maak deur jou te vererg nie. Dit bring jou absoluut nêrens.
Om die waarheid te sê dit maak my soms siels ongelukkig. So erg dat ek eerder wil wegkruip!
Ek sal maar kanse gee BB, net dalk kan ek ‘n verskil maak
Ek dink ons almal sal altyd ons “Daddy’s little girl” bly. Dit was so veilig en sonder probleme …… wonderland!
Hoekom … nie?
Hoekom? Want ek mag vra hoekom!
Emil whahaha
Zee die oumense het altyd gesê nie hoek om , straat af!
Haai dit reen in Piet Retief wippie. Ek staan solank gereed met die hot chocolate en koekies
Wat het ooit geword van “agree to disagree”. Wens ook dat mense tog die son oor ‘n ander se kop kan gun. Dis ‘n lelike ou wêreld waarin ons leef Wip. Ons verantwoordelikheid is dus soveel groter om ons stukkie “wêreld” om ons vol vreugde te maak.
Aventer reën dit hard en lekker of is dit net ‘n paar druppels, ek is so opgewonde!!! Net toe ek weer in ballingskap wil gaan!!! Hier waar ek bly trek die reën mos net 1 meter van my verby
Ogies jy is reg dis ‘n verantwoordelikheid en baie harde werk, om ons eie en die mense waarmee ons daagliks in aanraking kom, gelukkig te maak.
Love One Another
Love one another, but make not a bond of love.
Let it rather be a moving sea between the shores of your souls.
Fill each other’s cup, but drink not from one cup.
Give one another of your bread, but eat not from the same loaf.
Sing and dance together and be joyous, but let each one of you be alone.
Even as the strings of a lute are alone though they quiver with the same music.
Give your hearts, but not into each other’s keeping.
For only the hand of life can contain your hearts.
And stand together, yet not too near together.
For the pillars of the temple stand apart.
And the oak tree and the cypress grow not in each other’s shadow.
Khalil Gibran
Geniet dit! Ek’s mal oor hierdie gedig!
Gun mekaar ‘n plek onder die son en waardeer mekaar en respekteer mekaar se gevoelens, waardes, sieninge ens ens ens…dan’s die wereld ‘n soveel beter plek! Lekker dag!
Nikita pragtig!!! Ook een van my gunstelinge
Lekker dag vir jou ook!
Ag dit reen nie so baie nie, maar dis beter as niks
Hier is nou ‘n hele paar hoekoms???
Why do we press harder on a remote control when we know the batteries are flat?
Why do banks charge a fee on ‘insufficient funds’ when they know there is not enough?
Why do Kamikaze pilots wear helmets?
Why does someone believe you when you say there are four billion stars, but check when you say the paint is wet?
Whose idea was it to put an ‘S’ in the word ‘lisp’?
What is the speed of darkness?
Why is it that people say they ’slept like a baby’ when babies wake up every two hours?
Are there specially reserved parking spaces for ‘normal’ people at the Special Olympics?
If the temperature is zero outside today and it’s going to be twice as cold tomorrow, how cold will it be?
Do married people live longer than single ones or does it only seem longer?
How is it that we put man on the moon before we figured out it would be a good idea to put wheels on luggage?
Why do people pay to go up tall buildings and then put money in binoculars to look at things on the ground?
Did you ever stop and wonder…..
Who was the first person to look at a cow and say, ‘I think I’ll squeeze these pink dangly things here, and drink whatever comes out?’
Who was the first person to say, ‘See that chicken there… I’m gonna eat the next thing that comes outta it’s bum.’
Why do toasters always have a setting so high that could burn the toast to a horrible crisp, which no decent human being would eat?
Why is there a light in the fridge and not in the freezer?
Why do people point to their wrist when asking for the time, but don’t point to their bum when they ask where the bathroom is?
Why does your Obstetrician, Gynaecologist leave the room when you get undressed if they are going to look up there anyway?
Why does Goofy stand erect while Pluto remains on all fours? They’re both dogs!
If quizzes are quizzical, what are tests?
If corn oil is made from corn, and vegetable oil is made from vegetables, then what is baby oil made from?
If electricity comes from electrons, does morality come from morons?
Why do the Alphabet song and Twinkle, Twinkle Little Star have the same tune?
Stop singing and read on…….
Do illiterate people get the full effect of Alphabet Soup?
Did you ever notice that when you blow in a dog’s face, he gets mad at you, but when you take him on a car ride, he sticks his head out the window?
Does pushing the elevator button more than once make it arrive faster?
wonder ook maar net?
Wippie: Dit was Greta Garbo wat gese het: “I just want to be alone”. En ek dink, sy het ook juis dit bedoel. Laat ek net ek wees.
Se maar net vir die wat jou wil oortuig: ja ja ja ja dankie sonder om te luister en sulke glasige ogies. na ‘n rukkie hou hulle op.
Flip daar vergeet ek om jou vraag oor genetiese nydigheid te antwoord:
)
Wel ons word gebore met sekere instinkte om te veg/vlug. Van die dinge kan kwaadwillig en nydig wees om jouself op die oomblik te verdedig en dit is aangebore. Veral in erge gevalle waar jou lewe bedreig word, sal jy iemand anders doodmaak om te oorleef (al dink jy nie jy sal nie
Maar waar jy rustig sit, calculated en iets viesliks sit en beplan, wel dit is ‘n mengsel van nurture en nature. En natuurlik jou eie persoonlikheid.
En onthou ook: Jy helfte van jou ma en pa. Dan ‘n kwart van jou oumas x2 en oupas x2. ‘n Agste van jou grootjies en 16de van die agtergrootjies, ‘n 32ste van die agteroupas en oumas.
Ons vergeet soms die genetiese bydraes van die mense voor ons.
Flip daar vergeet ek om jou vraag oor genetiese nydigheid te antwoord:
)
Wel ons word gebore met sekere instinkte om te veg/vlug. Van die dinge kan kwaadwillig en nydig wees om jouself op die oomblik te verdedig en dit is aangebore. Veral in erge gevalle waar jou lewe bedreig word, sal jy iemand anders doodmaak om te oorleef (al dink jy nie jy sal nie
Maar waar jy rustig sit, calculated en iets viesliks sit en beplan, wel dit is ‘n mengsel van nurture en nature. En natuurlik jou eie persoonlikheid.
En onthou ook: Jy id helfte van jou ma en pa. Dan ‘n kwart van jou oumas x2 en oupas x2. ‘n Agtste van jou grootjies en 16de van die agtergrootjies, ‘n 32ste van die -agter-agteroupas en oumas.
Ons vergeet soms die genetiese bydraes van die mense voor ons.
Hoekom gooi 3G mens af?
Hoekom sny my haarkapster my hare morsaf, terwyl ek SO mooi gevra het om dit nie WEER te doen nie? GRRR!
Hoekom het ‘n nuwe huis soveel teething probleme?
Hoekom gaan Zuma pres word?
Hmm, Wipneus?
Ag nou voel ek sommer stukke beter. Ek het gedog dis net my varkies wat so op hol kan raak met al die hoekoms en vra in die lewe….
Wippie, http://moermekaar.wordpress.com
KLIKBEK!!
Ai M, ons klink so dieselfde.
Ek dink ek het hierdie week, beleef wat jy beleef het daardie week van die blog ‘oorlog’
Soms dink ek, ek is te sensitief vir die blogwéreld, of miskien moet ek nie betrokke raak by goed wat my passievol maak nie.
Ek dink ek het die week bietjie oorboord gegaan.
Lekker naweek vir jou!
♪ ♫ There are more questions than answers… ♪ ♫
Na aanleiding van jou eerste paar vrae kan ek ook maar net beaam wat BB gesê het. Mens moet sulke mense eerder jammer kry. As jy gaan dieper delf, gaan jy die rede vir hulle optrede kry. En die probleem begin gewoonlik al in die kinderjare.
Lekker naweek hou Wippie!!
Aventer dit het niks by ons gereën nie
Lekker naweek vir jou!
Verons!! whahaha
dis te erg
Rosie noem my van nou af Greta Garbo
Ja, nee ek het mos altyd gesê hierdie maniere van mense moet hulle gaan navors in hulle stamboom! Daar is geen hulp nie! Ag berge val op my en bedek my! Al wat oorbly is veg en vlug na Neverland met glasige ogies!
Sammi kry ‘n ander haarkapster, dit help nie sommige is doof en is skêr happy!! 3 G ? Kry vir jou ADSL…
Die staatskoffers moet eers dol leeg wees voor hulle gaan wakker skrik.
Oor Zuma wat president gaan word …. dan kan daar nog meer korrupsie plaasvind, die soustrein het nog baie plek
Dankie Alta!!! dit was lekker!
Adrie jy mag nie lelik wees nie!
Kriekie ons het almal so paar varkies wat weg loop, ek e pos jou oor daardie storie hoor! Ek sal jou nie vergeet nie
Eiland ek het gesien!! Nee wat vriendin, elke mens het sy eie opinie. Ek het baie gaan nalees oor haar, selfs uitgekom by iemand wat saam haar groot geword het! Dus ek stem nog al die pad saam met jou!
Ons is maar almal sensitief en as jy passievol is oor iets dan mag jy jou mening lug. Niks fout daarmee nie.
Ek hoop die Yank bederf jou hierdie naweek uit jou klere!
Hi Reisiger
Ek hoop ook die happiness verveel jou die naweek (((Reisiger)))
Ek onthou daai liedjie!!! he he ♪ ♪
Ek gaan van nou af met glas oë rond vlieg, soos Greta Garbo ek gaan die wêreld jammer kry en as dit nie help nie dan veg en vlug ek
Lekker naweek hou almal!
Beste Greta Garbo as jy ‘n berg kry wat bereid is om op jou te val, laat weet my asb, dalk is daar ‘n “spare”.
Hi Rosie ek sal jou laat weet , whahahaha
Oei! DIe wereld hierdiekant is ‘n malhuis! Ek probeer myself sielkundig voorberei vir ‘n baie lang en frustrerende busrit!!! Ek kan nie wag om by my destination uit te kom nie, want dan kan ek ontspan…aaaah!
Hoop jy het ‘n heerlike naweek!
Wip, hier is nie ADSL nie en min haarkapsters om van te kies. Jy weet mos as mens ‘n lewe in die bos kies dan is daar sekere D_ziner goete wat moet agterbly
Hmm, watse gem====ry is nou alweer aan die gang?
Geniet jou langnaweek Kaalvoet!
Sammi, die gem**rery was net ‘n speletjie, waarvan ek in kennis gestel is, toe die speletjie al begin het

Volgende keer moet daai girl haar ore oopmaak as jy sê nie te kort nie, jy moet op ‘n mooi manier vir haar sê: nie te kort nie ek lyk dan soos ‘n hanswors!! Miskien verstaan sy dan! he he
Sommige mense het baie woorde nodig voor hulle verstaan!
More Wip,
Wat hoor jy van Pikkie? Ek mis haar erg.
Hi Boendoe
Hulle wag nog vir ADSL lyne! Maar dit gaan goed! Sy mis julle net so baie!
Ek mis haar ook
Hi…. ek begin dink jy is my cloud no 9……. Ek gaan bel! Eks by kantoor en nie by my eie pc! Liefies
Daar is so baie hoekoms (steeds) by my ook….. dis soms of mens net weet wat die antwoord is, maar jy kom nie daarby uit nie… Ek wens ek was ‘n feetjie….ek wonder of hulle ook so baie vrae het…. Ek dink eerder ek wil ‘n skoenlappertjie wees wat net nooit in ‘n wurmpie en ‘n papie verander nie…..
Hi Ters
Jaaa!! ‘n skoenlapper is ook ‘n lekker ene, maar ek sal maar ‘n feëtjie bly, ek hou van die magic
Reën dit nog nie by jou nie? Skryf ietsie…toe man!
Hi Alda hoe lekker om jou hier te sien!
My Muse draai stokkies, die vervlakste man is alweer op sy eie mission
(Ouma kuier by my, maar ek sal wel in die week ietsie skryf)
Lekker week vir jou!
x x
Hoe gaan dit met haar na die val? Bederf die girl …my ou blom het Vrydag verjaar. ‘n Hele 79 jare oud, en so op en wakker soos kan kom! Enjoy!xxx
My langnaweek was bliss, maar nou’s dit verby!!! More is dit weer ek en daai terroriste!
Hi Voetjies ek is bly julle het die naweek geniet! He he dus môre is dit vir jou eers Maandag, sterkte!
Dankie tog my Maandag is verby, dit was donker blou!!!
Het jy foto’s geneem, van die feesvieringe?
Ek was nie naby enige fees nie en daar waar ek was was dit doodstil. Jy sien nie ‘n mens nie! Was bietjie see toe en na ‘n mark, maar ek sal nog skrywe daaroor. Ek was byna dood en kon nie eers ‘n foto neem van die besigheid nie.
Kaalvoet dit klink lekker, kan nie wag vir die inskrywing nie!
Love you for you ouma Wip
Hi Aventer
Dankie, luv u 2!
Vertel bietjie vir my hoe het dit met die Biologie gegaan?
Ek het gister ‘n boodskap gelos…wonder waar hy heen is? Sê maar weer: Hoe gaan dit met oumatjie na die val? Julle moet haar uit haar skoene bederf! My ou blompot het Vrydag verjaar. ‘n Hele 79 jare oud, en nog steeds stunning stuff! Ons het haar na haar favourite restaurant geneem, vir ‘n surprise party, en watter surprise was dit nie! (Tot vir my, want ek kon “manage” om die HELE familie met al die kleinkinders saam kry! Dit wil gedoen wees met ‘n klomp “in die 20 jariges”. Hulle het mos hulle eie agendas…veral op ‘n Vrydagaand!)
En toe begin die week ook met ‘n bang…glad nie lekker na ‘n rustige naweek nie. Ek dink ek moet my kop teen die muur stamp sdat ek op dieselfde vlak kan operate!
Hi Alda, ek het jou uit die spam mandjie gaan red!
Sy is darem oor die val storie Alda, maar dit gaan nie te goed met haar op die oomblik nie. Dis ook die rede wat ek nie nou so baie blog nie.
Baie geluk met jou blompot se verjaarsdag Vrydag! Dit klink of julle die verjaarsdag vieringe baie geniet het. Dit is voorwaar baie moeilik om die jong mense bymekaar te kry vir ‘n familie byeenkoms!
Hoe lyk die weer by julle, reën dit nog so baie? Ek is so jaloers want ons kry geen reën nie
Hi Kaalvoet, toemaar myne het ook met ‘n bang begin!!
Whahaha miskien moet ek ook die kop stamp ding probeer!
Hi Wi[neus. Ek moet het ook baie vrae, maar ek bly maar gewoontlik stil en hou dit vir myself, want vroeer jare het ek moes nie geweet wanneer om opte hou om vrae te vrae nie, en gewoontlik het dit in een groot onderonsie geeindig, deesdae is ek maar versigtig vir wie ek so baie vrae vrae.
Ek is bly om die reaksie van so baie bloggres teenoor die blog te sien, dit wys jou wat ander mense dink en hoe hulle hieroor voel. Miskien net eendag wipneus sal ek my lysie vrae gaan uitgrou in die klerder van my brein en weer vorendag bring.
Dit is jammer ons wil altyd hunker na wat ons dink die perfekte wêreld is, eerder as om bietjie selfondersoek in te stel en te besef dat dit wat jy nou het perfek is. Ons moet bietjie die mooi weer raaksien. Dit is van te veel bevraagteken en wonder wat ons onsself so op hol maak. Sit back, relax, take of the glasses, see the beauty and enjoy the ride. Hoekom ons alles altyd so wil fokkin kompliseer gaan my verstand te bowe!
Dis baie waar demoerin, dis hierdie hordes vrae van ons wat ons lewe baie ingewikkeld maak, maar in die anderkant is dit juis wat elke persoon so uniek en anders maak.
MJ gaan grou uit daai vrae, my “dad” het my altyd geleer, dis net dom mense wat nie vrae vra nie
Elke tweede sin van my is ‘n vraag!!
Demoerin dit is waar, ek is gewoonlik nogal baie positief, maar ai! die lewe bly nogsteeds vir my vol vrae, soos ek sê dit lyk mos vir my of ek by geboorte so “ge-issue” was!
In die skole hierdie kant het hulle so ruk terug begin met filosofie..in die laerskole. Ek het so ‘n kursus gaan doen, VREESLIK lekker gewees en ook so ‘n les aangebied. Op my blog het ek die boek geblog wat ek gebruik het en ek se ook hoe ek hom gebruik het, sal die link vir jou met email stuur…die kinders geniet dit vreeslik, maar wat belangrik is, is dat hulle word juis aangemoedig om vrae te vra! Ek het ook my lesse naderhand begin…veral Wetenskap/Aard/Gesk….en vir hulle gevra hulle moet aan elke moontlik vraag dink wat ons oor die onderwerp kan vra(wat hul wil weet) en ons het dit gelys…ok, jy kan ook nie die hele les net vrae opskryf nie, maar darem so ‘n gemaklike 10 min ten minste gespandeer net aan vrae waaraan hulle kon dink. Dit maak kinders dink oor dinge! En ek is in daardie roetine om vrae te vra oor dinge waaroor jy klas gee…dit prikkel hulle en kry hul belangstelling. Dus: vrae daardie vrae…Wipneus!
Ek is bly dat dit dan in die haak is om vrae te vra Nikita!! Nou gaan jy my sien los trek vir die eerste span
Maar dit is waar, ek het my kinders ook geleer om te vra as hulle nie weet nie. Maar deesdae is dit natuurlik maklik, as jy vrae het dan “google” jy!