Soms is dit vir my baie moeilik om ‘n wag voor my mond te sit. Waarvan die hart vol is, loop die mond van oor…..
Mens dink jy ken jouself, maar as jy die mense in jou huis vra hoe hulle jou sien, is jy soms verbaas!
“Maar ek is nie so nie” antwoord jy dan vinnig, reg om jouself te verdedig!
Helloooo?? Wake-up and smell the coffee my dear!
Hier is wat “ek” dink ek graag sê
Bring die Emsie Schoeman boek
Use your brain pumpkin
Divine
You shine baby!!
Ek is nie van hierdie planeet …
Gorge of georgeous
My ouma het gesê as jy kan lieg, kan jy steel en as jy kan steel kan jy moor!
Ek vra toe vir “jongste” wat hy dink ek graag sê:
Bring die Emsie Schoeman boek
Sies!! Disgusting
Divine
Niemand is dom nie, hulle is net te lui om hulle breinselle vir oefening te neem
Moenie soos ‘n perd met klappe deur die lewe gaan nie
Ek skaam my dood….
Maak gou….
Die “moral” van die storie, ek moet leer om te dink voor ek praat
Ek bedel altyd Rustig se resepte, elke resep wat ek van hom kry is ‘n treffer en kom in my spesiale resepte houer!!!
Wipneus is bekend daarvoor dat sy te veel kos maak! Dus maak ek 2 van die poedings, net vir die wis en die onwis!!! whahaha
My gesin is mal hieroor, dis vreeslik lekker! Baie dankie Rustig.
Iemand kon nie wag nie en het solank weggelê
Spuit bietjie Room op!!
Dan net so paar spuite van ‘n soet dingetjie.
Voila!!!
Rustig se mikrogolf malvapoeding resep is hier
Ek gaan bietjie besig wees met ander dinge!
Hoop julle het ‘n lekker week verder



































Ek travel met die spoed van lig na al die mooi plekke in die heelal, dis magic!!





















Ek wonder al my hele lewe lank, wie het vir Emsie Schoeman gese wat goeie maniere is en wat nie, en wie dit ookal was, wie het vir hom/haar dit gese?!
Hi Eilandjie, nou vra jy my ‘n ding, ek dink sy het seker die gaping gesien!
Nie dat dit eindelik gehelp het nie, mens kry bv nou nog mense wat nie RSVP vir troues en belangrike funksies nie. Die heel ergste hulle sê hulle kom en bly net weg.
Nou vir wat was ek nie daar nie!!! Daai poeding lyk heerlik!!! Jy het nog ietsie vergeet wat jy graag sê: WAAAAT????? Whahahahaha!!!! Jip, elke keer as ek vir jou vertel watse wilde ding die kinders gedoen het, hoor ek: “Waaaat???? Whahahahaha!!!!” Mis jou stukkend siamees….
Pikkie sien jy? Dis nou net waarvan ek praat ander mense ken mens soms beter as wat jy jouself ken! Die poeding is regtig baie lekker, jy moet dit probeer! Vinnig, maklik en amper niks skottelgoed
Waaat, is die resep regtig so maklik. Ek het toe nooit by hom uitgekom die naweek nie. Het darem sy Guiness broodjie en jou paptert gemaak… ***Smul***
Waarvan die hart van vol………. geen wonder dis mos ook my motto nie, dink nie voor ek praat nie en dalkies eendag gaan dit nog my downfall wees.
Grrrrrrrrrrrrrr. ek het nie eers n mikrogolf oond hier nie, ek het 8 weke om te gaan dan gaan ek my dood eet aan al die lekke disse wat jy so maak, ek sal net die resepte moet kry (groot asb)
Wip! Pikkie sê dat ek die resep van haar ma gesteel het. Nie geweet ek en sy het dieselfde ma nie!
Die een gekry uit my ma se “spoeg en plak” resepte boek.
Jammer Tannie Emsie is nie van veel waarde vandag nie. Min mense het maniere en die jeug kort eers elkeen ‘n snot klap voor jy hulle enige maniere kan wys maak. Jy moet so bietjie vir Debretts nader trek. Daar is so reeks van hulle wat handel oor etiket en die orde waarin mense met titels ‘n vertrek binne kom. Onthou tydens my kursus het ek omtrent “bubbles” gehap met al die dinge.
Oe, daai poeding lyk heerlik! Ek sal natuurlik net roomys daar op skep ipv room…
Lekker dag Wip!
Zee die resep is verspot maklik, dit kan nie flop nie ek belowe!!! Ek is bly die paptert het toe lekker uitgekom. Jy moet kyk Nikita het weer ‘n ander variasie van die paptert op haar blog!
Zee’tjie ek wil my mond toeplak met Elastoplast!
MJ al die resepte is maar orals op my blogs, die links is hier aan die kant!
Maar hierdie een sal jy op Rustig se blog kry, ek het ‘n link hierbo gegee! Toemaar die tyd gaan vinnig verby dan gaan jy lekker smul aan poedings, skaaptjoppies en pepper steak pasteie
Rustig ek het nog nie so lekker mikrogolf malvapoeding geëet nie, dis regtig divine!!
Ek het baie etiket boeke, maar die “Emsie Schoeman” storie is eindelik ‘n grap. Wel soms sarkaties as ek sien iemand verloor dit.
Goeie maniere is volgens my maar net om ander mense se gevoelens in ag te neem. ‘n Wag voor jou mond te plaas. Iemand nie doelbewus te na te kom of ongemaklik te laat voel nie! Dit kan tog nie so moeilik wees nie???
Haai Dellie, ek hoop jy voel al beter en dat die sandstorm daar by jou al bietjie bedaar het.
Mmm Roomys is altyd lekker saam poeding!! Lekker dag vir jou ook Dels!
Ek raak wild.
Adriana Magrieta Swanepoel!!!!
Oooooo, maar jy is stout.
Ek hoor dit al in my slaap.
(Net die eerste 1 is ernstig)
so vroeg die oggend en jy maak my lus! Sies..LOL! dit lyk so lekker!! “use your brain…” se ek altyd…”hallo!!!”
ek sal bietjie daardie resep moet gaan beloer een of ander tyd!
Môre!
Ag Adriana wat gaan ek met jou maak?
Ek het skoon vergeet van die wild storie, die sê ek vreeslik baie! Maar jy is reg as ek dit sê is dit gewoonlik die tye wat ek die elastoplast boks moet nadersleep.
Hi Nikita julle kan die poeding in 15 minute aanmekaar slaan, hy bak so 10 minute in my mikrogolf! Baie lekkerrrrrr!
Hi Ysie, hoop jy het ‘n lekker week
Wie is Esme Schoeman
Of is ek net dom … nee, moenie daardie een antwoord nie!!
Geniet jou dag, goeie inskrywing!
Mmmm, die ompad na my hart….lamsvleis en malvapoeding…
Emil:
Oe, ja, Demoerin, malvapoeding is my doodsteek! Jamjamjam!
Danksy Pikkie wat vir my die link gestuur het, het ek jou pynappeltjie gesien! Ek weet nie wat om anders te se behalwe dat dit flippen cute is nie! Ek is mal verlief!
dankie vir die resep yummy ek dink vanaand gaan ek dit probeer.
Dit lyk yummy!
Emil
Ek weet self nie waar kom ek aan die snaakse sê goed nie
Dankie Meermin, hoop jou week is ook lekker verder!
Demoerin, ek stem niks so lekker soos “boerekos”
Boendoe help ook nie veel as hy nooit weer gaan pynappel dra nie
Nickey dis baie lekker!!
Roer daai 2 mannetjies van jou sal dit baie geniet!
Dankie vir al die kommentaar julle, ek gaan vir ‘n ruk van die web af verdwyn! Mooi loop!
Kom gou weer terug!
Hi Wipneus, ek is maar stadig om by te kom.
Se maar “hallo” vir wanneer jy weer terug is.
Dit moet nie so maklik en vinnig wees om poeding te maak nie! Heeltemal te sondig!
Het gelukkig nog nie die “voorreg” gehad om te sien hoe iemand my namaak, of my segoed aanhaal nie. Dink ek sal my doodskrik. Bliss is soms in onkunde.
Hi Maxie, ek gaan jou baie mis
Annerkant, hierdie is sonde!! Dis regtig vreeslik maklik en geen moeite!!!
Dis vreeslik as mense jou begin namaak
Ek lei nou nog aan ‘n kompleks!! Ek is ook lief om “bliss” te sê, veral as ek so fantastiese happy gevoel oor my kry
Mooi bly!