Wipneus se geselsmaat: Marie Antoinette
Wipneus:
“Kom uit jou slaap Marie, ons moet gesels. Ek kan dit nie hou met myself nie.
Pas net op ek is op ‘n honger dieët,
ek mag dalk net byt as jy my “provoke”
Yooo-hoooo word wakker! “
Ek loer vir Marie onder my kuif uit. Afkop gemene Versailles vroumens, dink ek.
Marie:
“Wipneus wat is jou probleem nou weer vandag. As jy aan die kandelare rond swaai en “happy” is vergeet jy
gerieflikheidshalwe van my. Jy behandel my dan soos die een of ander ornament. Gesels ek luister.”
Wipneus gooi ‘n glasie van die gode se nektar in. Vat sommer so wilde sluk en gee die
vere boa so woeste pluk. Ughh dis droog ril ek, ek hou nie van droeë wyn nie. Maar van
vandag af, moet dit so droog wees soos ‘n kledingstuk wat 3 ure op hoog
in die tuimeldroeër gedraai het.
Wipneus:
Hoe kry julle Franse dames dit reg om nooit gewig op te tel nie?
Dis macarons, lekker brode en kase. Daar is selfs ‘n boek: French woman don’t get fat.
Kom vertel julle geheime?
(Ek loer weer vir haar, spits my ore of sy nie dalk vir my lag nie. Nee dit is tjoep stil!)
Ek beweeg al rollende deur die lewe, kompleet soos ‘n 2010 sokkerbal!
Marie:
Ons eet stadig en met smaak! Jy moet in vervoering gaan oor jou kos! Buitendien los die kos, drink wyn!
Wipneus:
Moet ek nou slingerend deur die lewe gaan en altyd half gekletter wees?
Wat ek nie kan verstaan nie, die Amerikaners word altyd voor gehou as die slimste en sterkste en en en ….. Kan hulle nou nog nooit ‘n towerformule uitgewerk het vir hierdie gewig kwessie nie. Iets soos pop ‘n pil en verloor dadelik 5 kg.
It is a hard matter, my fellow citizens, to argue with the belly, since it has no ears. ~Plutarch
Albert Einstein, who discovered that a tiny amount of mass is equal to a huge amount of energy, which explains why, as Einstein himself so eloquently put it in a famous 1939 speech to the Physics Department at Princeton, “You have to exercise for a week to work off the thigh fat from a single Snickers.”
Die onderste foto is natuurlik wat ek moes eet!
Maar dan moet jy nog vir jou gesin lekker geurige kossies aan die brand slaan! ![]()
Lekker naweek almal!



































Ek travel met die spoed van lig na al die mooi plekke in die heelal, dis magic!!




















Ja’k! Wat kan ek se? Dit bly maar ‘n stryd.
Ek het vir my ‘n Lae GI resepteboek gekoop. Heerlike reseppies, maar o wee. My seun dink dis regtig net te weird. Lensies en sulke goed is mos nie kos nie. As daar nie vleis in is nie – hou verby!
En dis toe ek ontdek: die rede vir oorgewig vrouens, is bleddie mans.
Yea, ek stem vir Fraanse Leefstyl, meer wyn minder kos en as daar kos meot wees mag dit dan iets wees waaroor mens kan skryf of praat
Skimbro ditto. Wipneus baie mooi naweek
Dagse Wipneus
Die dinge wat mense so laat opswel sonder rede.
Sterkte met die planne. Maar lekker was nog nooit sleg nie, of is dit.
Groete
Ai, dis nou jammer – nou kan jy net een gemmerkoekie kry vandag…
Hie-hie, Wip, daai twee soorte kos maak is die ding wat my ook onderkry. ‘n Slaai vir ete is fyn vir my, maar my liefie dink nie ‘n man kan op slaai oorleef nie – en een van die dae is Seun terug, en hy verlang so na lekker kos… en hoe op aarde moet mens dan nou vir hulle lekker kook as jy nie eers kan proe aan jou maaksels nie?
From the mouth to the tummy to the thighs…. EEEEK!!!! En dis al amper weer Kersfees… Hoe kan enigiemand gewig verloor oor Kersfees… Dis marteling, vriendin, marteling!!!
Ek hoop die Amerikaners ontdek daai towerformule nog in ons tyd!!
Sterkte vriendin!!
For a moment on the lips…forever on the hips….(DIS wat my liewe engeltjie pa altyd vir my gesê het!!) Hoe ouer ek word hoe meer waar word hierdie woorde!! Ag ja…..Jackie Kennedy-Onnasis het gesê: ‘n Vrou kan nooit te maer of te ryk wees nie……
Ai tog, as die “pil” ok maar net wou help. Maar ek het ok al agter gekom dat baie min pille rerig help vir enige van die probleme wat ons in ons jeugdige jare beleef.
Maar ek sê nogsteeds, Ons is nie een oorgewig nie, net te kort vir ons gewig.
Ek soek ‘n pil wat die mense wat my gat krap sal laat poef . . . verdwyn.
Ek het ‘n baie beter oplossing, erken net rond ook as ‘n vorm. Dan maak dit mos nie meer saak hoeveel en wat jy eet nie, of hoe?
[...] 7, 2008 Ek tel die versugting vir onbekende pille by Wipneus op. Natuurlik nie vir myself nie, eerder vir diegene wat ek uit die diepte van my hart [...]
Hello Almal, jammer ek antwoord nou eers, ek het ‘n heerlike dag gehad!!
Niks bekommernisse gehad oor diëte nie!
Boendoe, dis waar die rede vir oorgewig vrouens is verseker ons mans! Hulle wil lekker eet, en ons moet die kossies maak!
Skimbro definitief meer wyn en minder kos! Die franse het sulke lekker kos
Ingrid net so lekker naweek vir jou ook
Knight dis nag jong! Die ergste is Kersfees lê voor so ek beter vinnig baie hard aan die werk spring. Haaskos is my voorland!
Dellie die probleem kom juis in by die proe! Mens moet darem proe of jou kos smaaklik is
Proe, proe tot jy soos ‘n sokkerbal lyk of hulle jou in ‘n kruiwa moet rondstoot
Pikkie jy is reg daar is net een woord hiervoor marteling. Die marteling gaan nou vir my begin, want ek kan dieët maar sonder oefening is daar nie ‘n manier wat ek gewig verloor nie. Ek wil mooi spiere hê
Thea, hulle beter skouer aan die wiel sit
Alda dis ware woorde van Jackie Kennedy!
Lekker naweek!!
Saloom ek stem ek is net te kort vir my gewig!! Ek dink ek het my klere ook te styf gekoop, die goed knel en knyp deesdae!
Adrie’tjie wie het nou met jou baklei! Jy moet vir jou “Los my uit” pille koop. Teddie het nou die dag vir my daarvan gekoop, ek sal dit nog wys
Jaco slim plan!
Maar jy het dit maklik – jy kyk nog net vir ‘n dieët dan val jy sommer kilogramme af!
Dis unfair
Ek sal fokkof-net pille koop
Daar is nie van daardie pille nie Adrie.
Ek is vandag in ‘n lekker plek, ek het feeste gehad~
Vanaand lê ek in die wierrook dampe en ontspan ver van die wêreld
I’m in shape! Round is a shape!!!
Die geheim is om te eet net wanneer jy honger is en om jouself nie te ooreet nie. Peusels aan allerhande goeters is ook uit! As ek lus is vir iets dan eet ek dit, want dan het my lyf dit sekerlik nodig. Luister na jou liggaam, maar moet jou nou nie verbeel hy roep heeltyd vir sjokolade en soetkoekies nie!
Dieet is vir die voels het ek besluit… Ek maak net soos hierbo en probeer gereeld oefen en verder kan ek nie meer omgee nie! Dis nou maar hoe dit is en bogger die res!
Wippie, mens lewe net eenkeer en waarvoor sal mens jou nou so straf? My oupa het altyd gese ons moet eet want dis al wat ons saamvat
Sy laaste maal was ook ‘n lekker gekookte bord kos, nes ouma dit kon maak…
Bly jy’t ‘n heerlike dag gehad en mag daai wierookdampe alle kwaad wegdryf sodat jy net lekker daggies sal he! Lekker weekend!
Hello #34
Dis vroegoggend ek sit alweer hier en gebruik nou ‘n ander geur wierrook. Divine stuff!
Ek dink daar is iets verkeerd met my ore, of my maag – ek verbeel my dan altyd ek hoor so sagte gefluister – L I N D T – dit klink sag soos die see. My maag gesels met die brein in morsekode
Maar ek het my brein op vakansie gesit dat hy dit nie hoor nie!
고맙습니다
안녕
모후
Hê???????
Ek moet my brein ook met vakansie laat gaan – hoor allerhande goed wat ek nie wil hê moet gehoor word nie. Koekietaal is die ergste!
Hi NJ, hierdie gesels tussen die brein en maag kan groot probleme afgee. Wat is nou lekkerder as koekies!
En mens sê vir jouself net een.. maar voor jy jou kan kry het jy al 4 koekies geëet! Ek het nou my brein afgeskakel, hy is alreeds op Desember lang verlof!
Maar jy het nie nodig om jou brein op vakansie te stuur nie. Jy het so pragtig gelyk op jou trou dag! Of is dit nou die Honeymoon wat probleme veroorsaak het. Ons kan nie wag om oor jou Honeymoon te lees nie.
Dis die trourok wat ‘n tower rok was, met “bones” en ander goed wat alles mooi op die regte plek gehou het.
Ek blog hierdie naweek oor die wittebrood – belowe!
NJ jy jok, jou vel, jou lyf en alles was baie mooi! Jy moet onthou ek het al van jou trou foto’s gesien
In fact ek het dit dadelik op my rekenaar gesave! Jy het soos ‘n prinses gelyk. Jou harde werk vir die troue was nie alles verniet nie. As ek weer kon trou sou ek definitief in rooi wou trou! Magic!
Ek sien uit na die wittebrood inskrywing!
Sjoe hoe lus is ek nou vir die mushrooms……
Hi Zee, maak vir jou? Het jy al jou leather outfit gekry? whahahahaha