
Midnight
Not a sound from the pavement
Has the moon lost her memory
She is smiling alone
In the lamplight
The withered leaves collect at my feet
And the wind begins to moan
Memory
All alone in the moonlight
I can dream of the old days
Life was beautiful then
I remember the time I knew what happiness was
Let the memory live again ……
Oor 70’s kindwees kan ek ure aan die dink en gesels gaan… Hoola hoops, Chopper fietse, Zoom roomys, Ding-bats, albasters, Matchbox karretjies, yo-yo, sjokelade sigarette, Pep-a-dilla koeldrank, platespelers, 7 singles, “Drive inn” (inry teaters), Die griek se kafee op die hoek, Garage partytjies, Porra se groentewinkel, Nicker balls in bottels op die toonbank, 4 chappies as kleingeld vir ‘n sent, Pinn ball, Kite papier, Die Indiër se nagosie winkel, Springbok radio stories ….

My choppertjie het presies so gelyk! ‘n Beauty nê? ![]()
Gratis porselein diertjies in die koffieblik, Melk en Lemoensap in glas bottels voor jou deur afgelewer…….
Ek verlang soms na my kinderjare…. veral noudat ek besig is te dink oor my doelwitte en drome vir 2009 …..
Voorskool het ek karretjies gespeel saam my seuns maats, ek het nie eindelik dogtertjie maats gehad nie. Hulle was boring want hulle speel pop en wil nie die wêreld gaan verken met fietse nie. Ek wou in die bosse en velde gaan ry. Dan het ek grassade en klippe opgetel. Vandag is daar oral in my huis mandjies of houers met klippe en mooi sade!!
Ek onthou Juffrou Malan my graad 1 onderwyseres, sy was ‘n engel en ek was vreeslik lief vir haar. My ouers moes elke week geld gee dat ek vir haar blomme kon koop. Miskien is dit sy wat my so lief gemaak het vir geskenke uitdeel. Sy het ‘n vreeslike ophef gemaak as mens vir haar geskenkies of blomme gegee het ….
In St 6 het “Skelie” my geleer kos maak, ons het die wonderlikste geregte, poedings en koeke opgetower. Vir iemand wat niks van kosmaak geweet het nie was die 2 jaar wat ek Huishoudkunde moes neem ‘n fees. Sy het my geleer om met speserye en kruie te toor! Yes! kosmaak is soos toordery, met ‘n paar basiese goed kan jy geregte opdis wat soos feëtjie pp proe! SMAAK SENSASIE!!
My Ekonomie onderwyser was ‘n droë mens, grappies en glimlag was nie deel van sy lewe nie. Hy het my geleer om ernstig met my geld sake om te gaan! Die lewe is nie net altyd pret en giggel nie, daar is tye om ernstig ook te wees…
My Wetenskap onderwyser was so goed, dat ek besluit het om sy rigting te volg en dan ook sommer met ‘n Wetenskaplike te trou… ek wou hierdie vak heeldag en aldag in my lewe hê.. wat kan ek sê ![]()
Aardrykskunde…. wow! dit bring die “magic” in my lewe… Dankie ou “Planet” jy het jou werk goed gedoen… Op wolke vlieg ek, ook verby wolke na die “Universe” waar ek stil verby Saturnus sweef …..
Dan “Madam” sy was my Engelse onderwyseres, sy het ook gesien dat ons dogters se naels nie oor die vingers steek nie, dat jou rok se soom nie te kort was nie. geen naellak of juwele!!! Engels was vir my “boring” my “Rooinek” bloed skuld. Essays was my gunsteling! Madam het my geleer om my eie liggaam te respekteer, om myself mooi te maak en te versorg. Wow! en sy het by my ‘n groot liefde geplant vir klere, handsakke en skoene!! whahahaha Ja-nee dis alles haar skuld Teddie, ek is onskuldig hier! ![]()
Ag mense dan my Biologie onderwyser, hy het gelyk soos ‘n Griekse god, ek was op ‘n stadium verlief op hierdie onderwyser! Hierdie man het sy dae met my gehad want ek het geweier om muise en parras oop te sny! Dit was so erg dat ek sommer woeps omgekap het, uit soos ‘n kers. Serves them right, ek het hulle mos gesê ek kan dit nie doen nie! Maar nietemin was Biologie my gunsteling vak… Ek het elke jaar pryse gewen vir die vak. Vandag weerspieël my hele lewe die liefde vir Biologie, my tuin en potte vol mooi blomme in die huis. Ek is lief vir enige dier, selfs paddas bly deesdae in my tuin!
Ek was vreeslik lief vir skool!
Toetse skryf was lekker, alles van skool was vir my lekker (behalwe nou om parra’s te disekteer).
My kinders het dit vreemd gevind dat hulle ma so heeltemal mal verlief op skool was…. wel noudat ek daaraan dink sommige van my skoolvriendinne het dit net so snaaks gevind.
Ek was nog altyd anders… ek wonder net watter een van die talle onderwysers of mense op my pad het my geleer om gemaklik te wees daarmee. Dit het my regtig nooit gepla nie, om die waarheid te sê ek het dit nie geweet tot baie later in my lewe nie …
My andersgeite het ook nooit ‘n tekort aan vriende/vriendinne veroorsaak nie.
Ek was maats met almal, ryk, arm, slim, nie so slim, gewild of ongewild…..
Hierdie storie is vandag nog so …. ek kan maklik aanpas. Dit gaan oor die hart van ‘n mens …. mens moet altyd die hart van enige mens disekteer…. as hy mooi is, dan maak die buitekant nie saak nie…..
Maar pasop ek was nie net ‘n skool “nerd” gewees nie, ek kon die lewe hard geniet. Ek het tennis gespeel! Ek het gedans op die ysskaats baan. Hier wil ek my ouers bedank dat hulle geen koste ontsien het vir my mooi kostuums en die beste skaatse wat my soos ‘n feëtjie oor die ys laat gly het nie. whahaha Natuurlik het ek daardie jare gedisco! Maar my seuns maats is goed die Leviete voorgelees, hulle moes my oppas soos “goud” En hulle het. Moet ook nie vir een oomblik ‘n vryery aan hierdie storie koppel nie. Die eerste man wat my ge-kiss het was my Teddie! Miskien omdat ek nooit my seunsmaats as kêrels gesien het nie…
Dankie aan al my seunsmaats wat deel uit maak van my memories! Julle sal altyd vir my spesiaal bly! En my Teddie sê ook so…. want sonder hulle, sou ek nie gewees het, wie en wat ek vandag is nie. Elke mens wat oor jou pad kom vorm jou tog in ‘n mate, nie waar nie?
Chris, Neil, Johan, Bennie, Willie, Leon, Brian, Wayne, Mannie, Nicky (RIP), Faan (RIP) en Duccio (RIP)
Touch me,
It’s so easy to leave me
All alone with the memory
Of my days in the sun
If you touch me,
You’ll understand what happiness is
Look, a new day has begun…
Ek gaan nou weer op al my blogs begin woeker!!!
Whoop whoop!!! Dis die 2de dag van ‘n magical jaar.
Pasop ek is oppad 2009!
Die lewe beter stilstaan want ek gaan hom verby !!
Baie geluk met jou verjaarsdag Riaan, mag al jou drome die jaar waar word!!!
It’s time to shop baby!! Bye bye
Wip






























Ek travel met die spoed van lig na al die mooi plekke in die heelal, dis magic!!




















*SUG*
Hoe laat jy my nou terug verlang na al my mannewales as kind… Dit was darem maar lekker om net kind te kon wees en dis jammer dat dit so gou verby gaan.
Om ‘n grootmens te wees het sy voordele, maar almal vang nie altyd die andersgeit in mens nie. Ek geniet dit om anders te wees. Wie wil nou die massas soos ‘n skaap volg! EK dwaal maar altyd van die massas af weg en gelukkig is daar genoeg ander wat ook so is en wat mens so aanvaar.
Geniet jou naweek Wippie! Ek kry net loud hier waar ek nou sit en my brein is gevries! Ek kan nie dink of skryf nie…
Hello girl sonder skoene!
Jy is reg, kindwees gaan so gou verby.
Hoop jy het ook ‘n lekker naweek daar in die koue! Klim onder die wolkombers in en kyk “movies”
Kindwees is lekker, studentwees is beter, maar volwassene sonder verantwoordelikhede is die beste.
Adriana maar jy is nie een van die nie, kindwees en studente wees is vir jou verby. Sonder verantwoordelikhede is jy ook nie
Om die waarheid te sê jy het baie, of het jy dalkies vergeet, noudat jy so lekker vakansie hou sonder enige sorge…… of lees ek nou weer die verkeerde boodskap in jou kommentaar
Hiep hiep ek is al hierdie goed wat jy noem, ek is kindwees wanneer ek wil soos in “She’s a devil, she’s a woman, “she’s a child” ….
Studentwees, ek leer elke dag van my lewe….
Sonder verantwoordelikheid kan ek ook wees, wanneer ek op ‘n verbeeldings vlug vertrek! ROFL
Op hierdie verbeeldings vlugte waarop ek vertrek, na Neverland kan ek enige iets wees wat ek wil wees!
Verantwoordlikheid soos kinders, man, huispaaiement ens. Wie gaan my keer as ek die naweek in die kaap te spandeer of n maand lank oorsee te gaan? Wie gaan ek te na kom as ek in die tronk land oor iets? Geen verantwoordelikheid in die sin wat ek kan kom en gaan soos ek wil. Of minimum verantwoordelikheid. Ek moet werk en my kar betaal.
Dis tyd om hierdie jaar huis te koop Adriana, ek sal jou gal vir jou werk! Verantwoordelikheid soos huispaaiement moet nou deel van jou lewe word! A-nee-a
Dit is buitendien ‘n goeie belegging!!
Dan kan jy vir jou ‘n edel ras hondjie aanhou!!! Ek sal jou kom help met die tuin en vandaar af kry jy tuindienste.
Kom nou huis toe dat ons ‘n nuwejaars jol kan gaan hou!
Kan ek solank begin soek vir die huisie?? LOL
Watter kleur was die chopper?
My chopper was so pragtige blou, turkois blou! Daai ding kon woema! Dit was ‘n baie spesiale juweelstukkie, ek het hom gereeld blink gevryf!! Ek ry nogsteeds nie met vuil karre nie, my karre moet soos ‘n bottel blink! Nog ‘n les vanuit my kinder dae!
Hey hey
Terug in jou kas.
Het jy ook ‘n chopper gehad? As ek vandag ‘n kind was sou ek graag een van hierdie nuwe motorfietsies wou gehad het.
Maar ek het nou ‘n nuwe ding in my alie. Ek soek ‘n Quadd bike! Ek neul en neul maar Teddie wil nie hoor nie. Ek sal my magic kragte moet begin inspan
Snaakste is ek het altyd gesê ek sal nooit, ooit quadd bikes ry nie!
Ek gaan hierdie jaar nie eenkeer in die kas klim nie! ROFL
My pa sn was pers!
Ag moet nou nie maak of ek stok horing oud is nie! Ek wiks vir jou! Klein merrie
Nee. Ek het n bergfiets in st 3 gekry. Pienk en geel. Het wel al my pa sn gery.
Het gehoor daar is quadbikes wat tussen winkelrakke kan rits
Ek sal nooit se stokhoringoud nie. Ek het meer gedink aan uit Noag se ark.
Adriana ek wil in die bos gaan ry
Ek wil hom spin oor die aarde, my kar is te stadig vir spin!! Ek is dood ernstig.
Jy moet vir my sê ek kom uit die ark!! Gaan terug Sterkfontein grotte toe Mev Ples!!
A-la-mapstieks. Ek is nog jonk en viriel!!! whahahahaha
Hierdie jaar beter jy respek kry vir ons tannies in die blog wêreld!!! Jy gaan op jou jis kry!!
Is respek n nuwe sweet? Huh?
Viriel genoeg vir n baba wipneus? Spaar ons dit.
En mevrou se moer.
Sal jy nou alweer so vroeg in die nuwejaar op my blog aan die swets gaan? Siesa! Jou mond word met seepsoda uitgewas!
Ek maak nie meer klein Wipneusies nie, ek steel hulle!
Daai respek sweetie gaan jy op jou boudjies voel Adriana!!
Iemand is baie aggressief vandag.
Verlang seker na haar gorilla oumagrootjie toe.
Haai nee ek is mos nie ‘n aggresiewe mens nie! Ek is net besig met my nuwejaars voorneme LOL *grin*
Wat? Om aggro deur die lewe te gaan? Terveel aaptwak gerook.
Hi Wip, laat jy my nou ver terugdink. Geskiedenis onnie was mmmmmmmmmmm seker hoekom ek steeds so bree siening oor dinge het, dit by hom geleer, hy was amper toegesluit omdat hy opdrag gegee het dat ‘n wekstuk oor die ANC geskryf word, nie dat hy links gesind was nie, hy’t net geglo dat elkeen die reg het om alles te weet en dan te besluit en dat almal se regte gerespekeer moet word, by the way hy was ook Afrikaanse onnie tot in st. 8, nou verstaan ek sommer waar my liefde vir skryf en lees vandaan kom, dankie “Sam”.
Lekker naweek vir julle.
Adriana LOL
Ingrid, klink na ‘n oop-kop onnie!
en baie spesiaal! he he
Lekker naweek vir julle ook!
Daar’s nie tyd vir onder die komberse le nie vrou. Hierdie is my laaste vakansie tot Augustus en ek moet ‘n paar plekke besoek en in die proses “frost bite” beveg!
Volgende naweek besoek ek die koudste plek in Korea…mal? JA!!! Maar dit gaan so die moeitewerd wees. Hehehehe!
[...] 3, 2009 Destyds nadat die water van die groot vloed verdamp het, het Wipneus op haar Chopper uit Noag se ark gery. Vandag nog dink ek dat elke kind iewers in hulle lewe [...]
Voetjies die koudste plek? En jy gaan nou al dood van die koue!
Sjoe Augustus is ver in die toekoms. Geniet jou/julle laaste vakansie!
Jy het net een ding vergeet – “Dirkies” – Daai driehoek kondensmelk goetertjies wat mens so kon uitsuig tot op die laaste vou . . .
Wow ja ek onthou Dirkies dit was nou lekker eetgoedjies daardie. Ek kon nie onthou nie maar daar was so roomys wat in ‘n plastiese gedoente was wat jy met ‘n stokkie bedryf het om meer te kan eet! Dit was my gunsteling!
Ek onthou die roomys in ‘n plastiek kegeltjie met ‘n ronde kougom heel onder. Dit was altyd ‘n treat! Natuurlik ook die sjokolade sambreeltjies!
Voetjies jaaa! Dis daai roomys waarvan ek praat hmmmm!
Mind u nou kry mens darem net sulke lekker roomyse. Magnum is my gunsteling
Ek sien hierdie jaar is verskriklik koud daar by julle. (Ek volg die oorlog op tv) Sterkte vir hierdie naweek, ek dink jy gaan as ‘n ysblokkie terug kom!