Louisa het my getag
*bloos* Louisa is dit my straf???? LOL
- Post a picture of whatever bag you are carrying as of late. No, you can’t go into your closet and pull out your favourite purse! We want to know what you carried today or the last time you left the house.
- List how much it cost. And this is not to judge. This is for entertainment purposes only. So spill it. And if there is a story to go along with how you obtained it, we’d love to hear it.
- Show us what’s in your purse. Spill it out! Take pictures! Tell us what it is!
- Tag some chicks. (sorry boys, but I’m guessing not a lot of you carry bags around anyway).
Nee dit is nie my favourite handsak nie!

Prys? weet nie…

my grimeersakkie omgedop!
Oop vir die hele wêreld om te sien

Hierdie mannetjie is vanoggend uitgehaal om te “charge”
My I-pod – waarmee ek in my eie wêreld verdwyn!!!

Sonder my Rescue spray sal ek nie oorleef nie!
Net so 4 spuite en jy is so mak soos ‘n lammetjie, ‘n regte sweetie pie!
Dit en my I-pod help dat ek nie Road Rage kry nie
Dis natuurlik ook nodig om so 4 spuite in die mond te spuit voor jy die winkel kassiere aandurf
Nou moet ek bietjie verduidelik oor wat in my handsak aangaan!! whahaha
Laat ons sien ….. (wag dat ek net gou Rescue spray spuit)
Bruin handsak vol juwele behang!! Daar is ook ‘n engeltjie tussen daai klomp charms!!
Beursie met my favourite items, my kredietkaarte!!
Teddie sal dit beaam! Daar is ook strokies in!!! he he
My sonbrilletjies om die plooie weg te hou, of is dit die son????
Amethyst steen: Hierdie is hoekom ek hom saam my dra:
Amethyst has many healing properties. It is the traditional stone carried to help combat alcoholism. It also aids against psychic attack. It is also a dream stone, and has been known to induce vivid dreaming. The intensity of this stone usually begins to wear off within three or four days, but can be recharged by soaking in salt water for a day or two. whahahahaha
Moleskin dagboekie
Wet wipes en tissues! Ek vee eers die tafel met wetwipes af voor ek daar eet!!!
Maar nie as ek met ander mense, wat ek nie goed ken nie gaan koffie drink! Hulle sal dink ek is af! Ek vee selfs die messe en vurke af
Ek het ‘n fobie oor kieme
My klein Marilyn Monroe beursie vir kleingeld – karwagte ens
Naelvyl en penne, handeroom, bevogtinging spray mist, selfone, wat ek altyd in my handsak vergeet, en dan kry niemand my in die hande nie
‘n Armband wat ek daarin vergeet het!
In my grimeersakkie, baie te veel lip gloss ek vrek daaroor en my lippe voel nogal baie vinnig droog, Angel parfuum, oogroom, marcara, en uhmmmmm Stimorol vir ‘n vars asem
En die pryse van die goed, ek weet eerlikwaar nie, ek tel nie my geld nie, as dit klaar is moet ek maar van brood en water lewe!!!
Ek tag Zee, Bottertjie en Ogies en Kaalvoete!!! (as julle wil saam speel, ek sal verstaan as julle wil uit chicken!!) LOL
Cool bananas!!! Hoop julle het ‘n lekker week!































Ek travel met die spoed van lig na al die mooi plekke in die heelal, dis magic!!




















EERSTE!!!!! WHOOP-WHOOP!!!
Blikemmer, maar jy’t BAAAJAAA goeters in jou handbag! En check net al die kaarte!!! (ag, moenie worry nie, ek’t net so baie!)
My sak is groter en glo my daar’s baie meer stuff in….ek dink ek gaan skrik as ek dit vir ‘n slag behoorlik uitpak
Sies Bottertjie!!! Ek is seker jy het net so baie goed in jou handsak
Ons vrouens het almal so baie kaarte!!! he he
Ons luv shopping!!!
Demoerin, kan jy glo!! Ek dink dis omdat jy op vakansie was dat my kop my gelos het!!
Voetjies laas het jy sommer ‘n backpack vol goed gehad, ek is nogal nuuskierig om jou handsak te sien
Rescue spray – daar’s nou ‘n blink plan!
My handsak is so vol dat sekuriteitswagte in winkels my gewoonlik agtervolg.
Kon dit nooit verstaan totdat die tienerseun eendag sê:
“Mom, they probably think you’re a shoplifter with that bulging bag of yours”.
Maxie ek het nogal gewonder of ander mense se sakke ook so vol is!!
Rescue spray, maak my gemoed kalm, weet nie wat ek daarsonder sal doen nie!!!
Wow ek kan nie glo ek is eerste nie Louisa!!! Dit was eindelik ‘n maklike tag, dop die handsak uit en snap snap snap!!!
Ek is bly dit was darem nie uitskryfwerk nie
ROFL
Demoerin, my Teddie dink ook so! My handsak is altyd vol van sy goed ook! Toe die kinders klein was, was dit hulle goed ook nog! En die hele apteek!
Ek het sommer ‘n streepsak gedra
Wipsie, ek het my handsak gesnap-snap gisteraand, met ‘n GROOT gesukkel, want Blommie wou net die heeltyd aan alles vat. Ek sal dit post sodra ek ‘n tydjie het.
Ek ken van die ding dat Manlief ook sy goeters in die handsak sit en sommer kleinding se bottel en dummy en wetwipes en en en…
Ek sal môre bietjie my huiswerk doen. Sjoe ek is gelukkig, het net Sondag bietjie springclean gedoen, so nou kan julle nie al die gemors sien wat tien teen een by die einde van die week weer daar gaan wees nie!…
Whahaha Bottertjie, het jy ook ‘n doek in jou handsak?
Mmmm…. ek is bly om te sien jy is ‘n soet dogtertjie om Canderal te drink, aangesien jy mos so lief is virrie Lindt tjokkies
Ek sal vannaand gaan fotos neem van my saamsleepsel.
Bottertjie ek kan nie wag om te sien hoe lyk jou handsak nie!!! Ek wed jou daar is ‘n apteek daarin!!!
Zee ek het so lanklaas ‘n Lindt tjokkie gehad
Ek smag daarna!!! Ek dink dis juis die probleem. Hulle sê sjokelade is baie goed vir mens??? Dit laat jou goed voel!
Zee jy kan goed sien hê? Ek het nogal gedink ek gaan bietjie kroek en goedjies nie so duidelik laat wys nie!!! LOL
Dankie Ogies, wys vir Wipneus hoe lyk jou designer bag!! LOL
[...] 25, 2009 by Bottertjie Wipneus het my getag. Fanks, [...]
[...] my handsak? February 25, 2009 Posted by Zee in Sommer net. Tags: Sommer net, Tags trackback Wipneus het my getag… gelukkig het ek Sondag so bietjie skoongemaak, so julle kan nou nie eintlik [...]
Jy is ‘n treat Wippie, lag ek nou vir die rescue-spray!!! Jy is mos so bang vir kieme en vlooie en dinge….waar is jou anti-bacterial gel ????
Rosie, ek het antibakteriese spray!! Daai klein dischem botteltjies!! Ek bespuit alles en die wet wipes is ook anti bakteries!
Ek het my huiswerk gedoen, maar ek sien my ping het nie gewerk nie! Gaan loer maar daar as ju kans kry!
Oulik! Is dit ‘n LouisV handsak? Ek sien jy doen ook graag die lipgloss ding.
DMI, ek kan nie wag om jou handsak se inhoud te sien nie.
Dankie Kaalvoete ek het dit geniet om jou Lucky strike handsak se inhoud te sien! BTW ek like jou handsak!
Roertjie dit is inderdaad
Ek vrek oor die goed, kan dit ongelukkig nie vir myself koop nie, dis ‘n geskenkie gewees, toe die land se finansies nog goed gelyk het. Nou kan ek nie eers skoene bekostig nie 
whahahahaha