Ek lees ongelooflik baie blogs. My feeder vat ‘n hele lorry petrol om al my blogmaats se inskrywings te laai. Ek kan eers gaan ontbyt eet( die is nou net 2 koppies koffie), koerant lees, hare blaas, gesig verf en dan kan ek eers kom sit en begin blogs lees, tussen my werkery deur natuurlik obviously!
Soms lag ek, soms gooi ek tantrums, soms huil ek, soms is ek hartseer en ander dae verslae as ek bloginskrywings lees.
Maar met tyd is daar sekere blogs waar jy welkom voel, hulle praat die taal van jou eie hart.
My award aan al my blogmaats!
Die blogs wat vir my Wipneus voel of hulle ‘n hart het, m a w hulle tokkel die mooiste melodieë op my hartsnare is al daardie blogs waar ek gemaklik voel om kommentaar te lewer. Waar ek soms kan speel en terg. Ek hou daarvan om mense te terg en poetse te bak. As jy nog nie ‘n teiken was nie, wees verseker jy gaan binnekort een wees of was dalk klaar sonder dat jy dit eers geweet het
As ek ongemaklik en/of skrikkerig voel los ek nie sommer kommentaar nie. Ek hou ook nie daarvan om negatiewe kommentaar te los nie. Net nou baklei ek met iemand en hy verlaat die aarde dan kry ek nooit weer kans om die saak reg te stel nie. Ek hou ook nie daarvan as ander baklei nie, dit onstel my, ek hou nie afstand, want ek haat dit as mense seerkry!! Weird? mmmm ek weet… ek kry gereeld raas hieroor. So moet asb nie nou ook met my raas nie.
Ek is bekend daarvoor dat ek weghardloop as dinge hittig raak! (Ook in die regte lewe, gee ek jou ‘n koue skouer as jy wil baklei of skoorsoek as ek jou nie toestemming gegee het nie!!! Maw jy moet eers vra of jy mag baklei!
Hittig, vlamme - Whahaha warm soos in die humeure vlam op. Ek moet regtig ‘n goeie bord oats pap agter die blad weg hê, om sommer my Tarzan pakkie aan te trek. (en net vir die rekord ek eet nie ontbyt) As ek ‘n lus kry vir tantrums gooi, ja!! (Hierdie lus kom vanself, ek dink dis die hormone of gene)
dan sal ek inspring. Tantrums is iets wat sommer net met my gebeur. Ek is so ge-issue met geboorte. Hy vat my vas en hardloop met my! Mense dis soos asof hierdie ding met die naam “tantrum” my gooi soos ‘n olimpiese spiesgooier ‘n spies gooi in rekord tyd. Ek vlieg as ek spoed opgetel het. En hoe hoër ek vlieg hoe meer woorde kom by my mond uit. Dis soos hierdie masjiene wat tennis balle uitskiet wat jy moet terug slaan. En wees verseker hierdie mond kan goed terug slaan. My brein werk dan met die spoed van witlig om die nodige seine mond toe te stuur. Noem my sommer dan “minora blade” Ek is besig met my graad in “tollerance” by Emil, so wish me luck eendag …..
Ughhhh!! Na die tyd voel ek gewoonlik so sleg. Ek probeer die skade wat ek dan aangerig het, net op ‘n stil manier regstel. As ek my Teddie se “rooimaak meter” tot hoë “revs” gestoot het, kan ek sy rug krap, vir hom blomme op sy tafel gaan sit, sy gunsteling eetgoed maak ens ens
ek wil nou nie te vêr hiermee gaan nie, ek is seker julle verstaan wat ek bedoel.
Maar wat doen jy as jy in die blog wêreld aanjaag?
Hoe stel jy nou sulke skade in die blog wêreld reg? Hoe gee jy blomme, tjoklits, parfuum en lekker bederfies! Hoe weet jy wanneer jy iemand se rooimaak meter gestoot het. Iemand is dalk ongemaklik of kwaad vir jou kommentaar en jy weet dit soms nie eers nie?
Ons is almal uniek, en ons gaan nie altyd saam stem oor goed nie. Mense gaan kwaad word vir ons.
Daarom het ek besluit om nou maar sommer byvoorbaat onverskoning te vra! Vir as ek alreeds jou rooimaak meter tot volle “revs” gepush het, of indien ek dit in die toekoms gaan doen.
Soos ek alreeds genoem het, hierdie storie gebeur net, dis nie ek nie. Dis buite my beheer, ek probeer hom terug hou, maar “Tantrum” laat hom nie terug hou nie!
Solank julle net weet ek “tantrum” nogsteeds met ‘n hart vol liefde. Ek wil “tantrum” en ek hou nie daarvan as jy vir my kwaad raak nie????? Huh? Ja, ek weet julle verstaan dit nie. Ek ook nie!
Ek hoop julle maak sin van hierdie inskrywing, want ek doen nie, en dis nou 1 uur Donderdag oggend-ure??? Whahaha en ek blog nogsteeds! Môre operate ek weer met so 3 blikkies rooi bulle!!! En ek moet oor 5 ure op wees!!!
Dis eindelik maklik om die inskrywing in 2 woorde op te som:
“Vergeef en vergewe”!!!
Al maak dit seer!! Nicolas Louw se liedjie, vertel dit mooi!
Toedels julle moet lekker paas hasies eet
Ek gee die volgende award
aan Wipneus
van Wipneus

ps: dis natuurlik ook van tantrums dat my man nou vir ‘n plekkie moet betaal waar ek kan blog!
Sorry vir al my tantrums Beerman!!
Dis regtig nie ek nie, dit gebeur net!
Jy weet mos
My tantrums is ook nie altyd verniet nie. Kyk hoe baie spam kommentaar het ek al gekry in net ‘n jaar
Hulle spam sommer my ander blog morsdood!































Ek travel met die spoed van lig na al die mooi plekke in die heelal, dis magic!!




















Wip, ek dink mens mag verskil. En jy verskil nie op ‘n bitsige manier nie, so, relax. Mens kan ontmoontlik almal happy hou. Mens moet se hoe jy oor ‘n saak voel, anders maak jy ‘n moordkuil van jou hart. En ek, vir een, sal dit waardeer as jy eerder op ‘n posting van my ‘n comment los en se hoekom jy nie saamstem nie, as wat jy niks se nie. Ons ken mekaar mos. En genade, ons kan verseker nie dieselfde oor elke liewe ding voel nie!
Maar ek is 110 % seker jy sal daai rokkie baaaie hoog opgooi oor my nuwe posting!
Dankie vir daai inskrywing Boendoe!! Ek vlieg hooooog!!!
Dankie ek sal dan met jou verskil op jou blog! Maar dit was nog nie nodig nie, ons gesels lekker dinge daar soos plante, angola en wat in die bar gebeur!! Jou blog is een van die blogs waar ek tuis voel, van dag 1 af! Lank, lank gelede was daar ‘n vrou wat in Angola gebly het, daar was nie vars vrugte en groente nie ….
Onthou jy nog?
Lekker slaap
Wip, het jy dalk sopas in hierdie post “askuus” gesê?????
Ek het, ek het, ek het!! Het jy dit gesien!!!! whahahaha
Hemele behoed die wêreld ek is op ‘n roll! Ek moet ‘n groooooooot paashaas kry.
Fluister: jy moet onthou Ogies dis maklik om goed te skryf! Dan staan jy nie bloed rooi en bloos as jy jammer moet sê nie. Slim wees vriendin! As jy aanjaag skryf liewers ‘n jammer briefie, dit maak allles soveel makliker!!!
Mens kan verskil verseker. Ek kan nie dink dat ek al ‘n negatiewe kommentaar van jou gesien het nie, maar ek kan sien as jy bietjie “af” is en comment
.
Ek hou nie by met al jou blogs nie – miskien moet jy ‘n blog he om links te he waar jy wat gepost het ?!??!
want ek wil nie graag uitmis nie.
Ag hoe kan enigeen dan vir jou kwaad wees na jy so mooi please explain . . . Jy sal immer ok nie doodgaan van swak hart nie, want tantrums is baaaaaie goed vir stress ontlading.
ek is mal vir jou
Neuk hulle op, Wipneus
Sandra, nee ek doen nie sommer lelike kommentaar nie! Maar ek het ookal my sê gesê
Mens kan nie anders nie. As jy net altyd ja en amen op alles, is jy agterbaks en oneerlik! Ek spring ook in as iemand seerkry!
Die doen ek altyd selfs in my lewe buite die blog wêreld!
Oeps, ja soms is ek “af” ek gaan harder probeer dat jy dit nie kan sien nie!
Oor die blogs, Glamour en fun sal altyd bestaan, al hou ek eendag op blog. Dis baie persoonlik en vir my kinders en toekomstige kleinkinders en familie oor die wêreld heen! Oor die geluk en hartseer in my lewe
Joernaal????
My maan en sterre by blogspot gaan ek sluit! Ek het hom reeds in die nuwe Wipneus.co.za ingetrek.
Die kersfeesblogs, wel die gebeur net Paasfees en kersfees!
Hierdie blog sal altyd my gunsteling bly (sal ook altyd wees) en ek sal sorg dat ek darem gereeld ietsie hier kom neersit.
Wipneus.co.za die besigste v d lot!
Dus net 3 blogs!
Lekker paasfees vriendin! Stuur groete vir almal!
Salami!!
Geseënde Paasfees vir jou, jou liefie en die kinders!!!
Mense ek verlang na jou! Watse lekker eetgoed het jy die naweek aan die brand geslaan???? Stuur die resep, ek is lus om my hand aan oond te slaan!! Dis vir my mos terapeuties!!!
Rosie, whahahaha Is jy my partner in crime???? Ek is mal vir jou ook
Jy is uniek met ‘n groot hart! I salute U!! “Celebrate you” Rooskind!
Emil, jy mag nie dit sê nie!! whahahahaha Uhmmmmm Ek vertel dan nou so mooi vir die mense ek doen my graad by jou????? Hoe nou???

As daar van geduld geleer kan word, is dit jy Emil!!! Ek respekteer jou oneindig baie vir al die geduld wat jy al op jou blog uitgeoefen het. Ek sit verstom en kyk hoe jy situasies seepglad oplos.
Op ‘n mooi manier, sonder enige tantrum. Aan die anderkant mans tantrum nie.
My Teddie baklei nie eers met my terug nie, hemele behoed my, dan moet jy sien hoe hak my kop uit. Ek wil skreeu!!
Dis natuurlik sy magic trick
Lekker naweek vir jou, jou vrou en Robert! Daai mannetjie het my hart gesteel
Ek tantrum behoorlik by kommintaar.com, veral as die rugby nie na wense verloop nie.
Emil ek het nou so getantrum by Rosie se blog. Ek skaam my dood! Ek hoop net sy vee alles uit.
Hoekom moet iemand wat nie saamstem met iemand so lelik gaan praat van masturbasie ens ens om iemand so seer te maak???? Hotz vir die pope??? Wat gaan hier aan?
Ek het dit in my water gevoel, dat ek hierdie inskrywing moes maak oor my humeur, en dit was nie ‘n oomblik te vroeg of te laat nie!
ns: ek het ook al daar by kommintaar uitgehang hoor!
Ons het nogal lekker gekuier!