Sedert toentertyd toe Faantjie ons beste vriend Sterre en planete op RSG saam Hennie Maas aangebied het, bly hierdie program een van my gunstelinge. Ek dink dit is steeds die beste program op RSG.
Baie mense dink altyd Hennie is ‘n droë siel, maar dis nie so nie. Hy was al baie hier by ons aan huis en is baie oulik en kan heerlik gesels oor baie onderwerpe, groot algemene kennis!! Hulle het ook gedink Faantjie (Faan le Roux) is droog en sonder humor. Maar hello? hy was groot pret, ons het baie, baie fun saam gehad! Hy was jonk van gees. Ag ek mis hom altyd as ek die aand die teleskoop Maan toe draai. Ek weet dis ook nogsteeds sy gunsteling plekkie!! Ons sal mekaar eendag daar “meet” as ek die tydige met die ewige wissel. Ek wens ek kan vir hom een van my specialities: Strawberry milkshake saamvat. Dit was sy gunsteling, en ek moes dit altyd vir hom maak. Terug na die punt, mens kan mos nou nie soos ‘n hanswors tekere gaan as jy oor die Sterre en planete gesels nie. Mense luister want hulle wil meer oor die onderwerp leer. Dis opvoedkundig. As jy “comedy” wil luister gaan neem vir jou “Mr Bean” uit!
Louis Barendse het Faan na sy dood, vervang. Dit was vir my direk na Faan se dood baie moeilik om na die program te luister. Dis of ek die heeltyd gewag het om sy stem te hoor …. Dus het ek vir ‘n lang tydperk glad nie daarna geluister nie. Dit was een van hartseerste tye in my en Teddie se lewens ….. (Faan was vriend, pa en my hero)
Maar ek het met tyd gewoond geraak. Louis het ‘n magdom kennis van Astronomie. Ek het hom nog nie ontmoet nie, maar Teddie sê hy is ‘n baie aangename mens. Dus ook geen droë siel hier nie. Om die waarheid te sê, my Beerman sê ek sal baie van hom hou, want ek is ‘n girl wat omtrent net vrae vra, baie nuuskierig, en hy hou van antwoorde gee!! 
Ek is nie ‘n groot “Sê wie” fan nie. Ek neem aan dit is baie mense se gunsteling RSG program. Die rede hoekom ek nie daarvan hou nie, is net omdat ek so skaam kry vir sommige van die inbellers, dit werk op my senuwees. Hello, is dit Nickey? Verdomp man, dis mos waarheen jy geskakel het. Jy luister elke dag met jou oor teen die radio na “Sê wie” Jy het seker ook al 100 keer jou opinie daar gelug, hoe kan jy nou skielik nie Nickey se stem herken nie. Hemel dan vertel hulle van die skaap wat gelam het, en dat die wolke lyk na reën. Dis net hier waar ek gou die radio afsit! Want ek kners so op my tande, dat ek bang is, ek byt my kroon uit! (So by the way wie bied nou “Sê wie” aan, is dit nog op RSG?
Jeremy Mansfield, my koffie en die koerant is hoe ek my dag begin! Al vir jare. As hy nie daar is nie, voel dit vir my of ek nie aan die gang kan kom nie! Mind-u deesdae is ek meer en meer agter die rekenaar besig om blogs te lees (Donker oggend ure) by die tyd wat ek by die koerant uitkom is dit al gister se nuus. Dit sal ook moet verander die volgende paar weke moet ek agter boeke sit en swot) 
Ek het altyd Jacaranda geluister deur die dag, maar deesdae kan ek dit nie meer doen nie, die musiek maak my deurmekaar as ek berekeninge moet doen… Seker maar die ouderdom! Op die stadium wat ek opgehou het om Jacaranda te luister, is toe hulle die musiek oor en oor gespeel het. My kar radio is nog op Jacaranda, maar ek is ook nou nie so lank in die kar om te kan sê of die storie al verander het nie. Ek luister ook eerder cd’s!
Die nuus maak my depressief. Ek probeer altyd net die nuus hoogtepunte luister, dan kap ek hakke in die grond. Ek wil nie hoor van moord en doodslag nie. Ek wil net weet of Osama Bin Laden, nie dalk in Suid Afrika skuil nie!!
Ek meen mens moet weet wanneer die gevaar te naby kom…..
Ek kyk nie vreeslik baie tv nie, nuus hoogtepunte en miskien die weer. As ek regtig lus voel om vierkantige oge te kry, dan kyk ek History- of Discovery channel. Maar ek verstout my tog om na Hester en Ester te kyk. Sommige mense sê dis is “commin” so be it! Ek is ‘n groot Lizzie Meiring “fan” en as sy eers praat van ‘n man wat ‘n lyf het, soos ‘n Griekse god, dan weet ek sommer ons verstaan mekaar se taal! he he Nie baie mense verstaan as ek hierdie vergelyking tref nie! whahaha Sorry julle, ek sê nog altyd, mooi was nog nooit lelik nie!
Lizzie werk vreeslik hard en ek hou van al die dinge wat sy aanpak. Sy het ook ‘n vriendelike en innemende geaardheid.
Ek is vreeslik lief vir Movies (flieks), dus ek neem of koop sommer eerstehands die dvd’s en by die tyd as dit op DSTV kom het ek dit buitendien al meer as 1 keer gekyk.
Ek dink die radio luister kom van jongs af aan… ek het elke middag op my maag voor die radio gelê en Springbok radio stories luister, met sjokelade en ‘n handboek, net vir die show, dat dit lyk of ek swot!!
Soos Wolwedans in die skemer hier http://www.springbokradio.com/LISTENTOWOLWEDANSFINAL.html
Onthou julle So maak mens, gaan luister daarna hier http://www.springbokradio.com/SOMAAKMENS.html Tannie Esmè se skoondogter Maria was ‘n Spaanse danseres, ek wonder waar is sy in die wêreld. Ek wonder of ek die inligting ooit reg het, dis nou al soveel jare…. Ek het nou nog van Tannie Esmè se resepte!!!
Tannie Dulcie van den Berg se hospitaaltyd hier http://www.springbokradio.com/LISTENTOHOSPITAALTYD.html Snaaks hoe die hospitaaltyd my aan pannekoek laat dink Ek het seker pannekoek gebak die laaste keer toe ek die program geluister het. Ek is ‘n baas pannekoek bakster net vir in geval julle dalk wonder. Mmmm ek is seker dit verbaas julle nogal. Dis net omdat ek moes leer pannekoek bak, my moeder het gewerk en my liewe Louisa sou definitief nie vir ons pannekoek gebak het nie. Dit was nie deel van haar job description gewees nie. “Nonna Wipneus gaan bak self pannekoek as djy daai goet soek, maar maak sommer vir my ook, dan sal ek die skottelgoed was”
mmmmm…. ja, nou gaan ek darem te ver terug in die verlede met hierdie inskrywing. Veral nadat ek die laaste skakel gevolg en geluister het. Dit klink vir my nou so antiek, is ek dalk al antiek en weet dit nie eers nie????
Ek verander sommer nou dadelik die opskrif van die inskrywing …. Ek het nou heeltemal van die onderwerp af gedwaal … blameer maar my siekte….. (Ek is ‘n regte drama queen as ek siek is, my mense “suck up to all my needs” Ek word vreeslik bederf, sou sweer ek lê op my sterfbed)
Verskoon my maar ek gaan nou verder Springbok radio luister… en nou verlang ek sommer na my kinderjare en na my Daddy, Oupa, Ouma, Louisa en lekker pannekoek
Ek het nou ‘n keuse, of Springbok radio of pannekoek bak!! 
ta-ta
Ns: Nou beter ek liewers hol vir daai bed, ek is veronderstel om snoesig in die bed te wees en te studeer!!! (Ek voel in my water, my “preek” (blah blah blah) hardloop langs my) Mens kan nie so heeldag op die bed lê nie, dit voel of ek lui is en dan praat ek nie eers van hoe “boring” dit is nie!!! whahahahahaha
Hoe ver vat jy my nou terug. Ek onthou jare gelede toe ek nog in die laerskool was hoe ek in die winter saam met my ma onder die kombers na radio stories geluister het in die middae na skool. Jy laat my sommer nostalgies raak, daardie warme veilige gevoel…
Verlang nou terug na my dae in ma se huis. Toe ek lekker kon radio stories luister en my ma vir ons kos gekook het..
Ek kon noooiiittt vinnig genoeg huis toe hol, huiswerk klaarmaak en begin stories luister nie… met die gevolg ek moes allewig in die nag huiswerk doen… Ai ek mis daai tye… toe mamma nog vir my gesorg het.
Ai, hoe lekker onthou ek nou..
Ek het altyd na So maak mens en hospitaaltyd geluister. Ek gaan bietjie vanaand daardie link probeer
Ingrid ja, mens se kinderjare laat mens met so warm, veilige gevoel nê? Lekker dag vir jou!
Ogies en daai kos!! Mmmm…. ek is baie vol fiemies met kos, en siestog my ma het altyd net kos ingeskep waarvan ek gehou het. Lekker bederf dae!!
Pikkie verseker verlang ons almal na daai sorgelose dae toe ons ouers nog vir ons gesorg het. Mind u my Teddie sorg nogal goed vir my!!!
/me fluister, ek dink hy bederf my meer!!
Hi Zee, Ek hoop jy het daai links gevolg, dit bring baie nice memories terug, soos skyfies wat in jou brein flits
Demoerin dit klink vir my of jy net sulke lekker memories van jou ouma saam jou ronddra. Daai nougat balletjies dis julle special memories!!!
Onthou julle: Wolwedans in die Skemer, en die Mannheim Sage, die stories oor die radio. Jinne ek het die saam met my ma gesit en luister.
En toe ek klein was: Otterjasie!!
Hi Rosie, ja ek onthou verseker nog en verlang ook na daardie tye!
Middagstories op Springbok Radio…. ek op ‘n lilo in die swembad, of in die bed onder ‘n duvet, en ‘n boeiende storie oor die speaker!
Ek laaik vir Hester en Ester Bester – dis vir my moerse entertaining. Klomp stouterts.
Goeie post.
Rosa, ek onthou otterjasie, en die Manheim Sage – het destyds die eerste boek gewen op Punt Geselsradio – maar die boeke was nooit so gripping soos die storie nie!
Skoortjie dieselfde die kant, jy dryf op die swembad en die radio is op high volume!! Die lyf moet bruin word
Ek is bly daar is nog een wat van Hester en Ester hou, ag nee hoor die lewe is darem hard en ernstig genoeg, mens moet soms chill!!
Deesdae worry ek ook nie meer oor die woord “kommin” dit het in elk geval nog nooit vir my enige betekenis gehad. As dit dan so is, dat mense sekere van my gewoontes of kykstof koppel aan die woord, so be it, ek bly lekker in my vel, dankie!! whahahahahahahahahaha
Wipneus! Ek kom nie by jou site uit nie. Ek sukkel vir ‘n paar dae om by jou co.za site uit te kom, hoop nie ek is geblok nie!
Hi Nikita whahahaha nee ek kan niemand blog op my site nie, maar veral sal ek jou nie blog nie!!
Ek is net besig met my site, ek wil heel nuwe rigting inslaan maar weet ook nog nie eindelik na watter rigting!!
Dis tyd vir nuwe paaie! Gone with the old in with the new. Ongelukkig het ek net op die oomblik vreeslik baie werk!
Mooi bly en sterkte met die trekkery!
x x
hi Wipneus! Sterkte met jou site! en met die werk! Dankie, ek het daardie sterkte nodig!- gelukkig gaan manlief die keer pak, ek het hom gesê ek het dit 2x in SA gedoen, alleen, nou sit hy sommer net hier, nie eers “annerkant” nie, hy gaan dit doen, gelukkig begin sy vakansie Vrydag, dus, die man moet maar uithaal en wys! – en, hy het die kinders om hom te help, ek het dit alleen gedoen.
Dankie Nikita, ek is gelukkig klaar. Ek het vir jou e pos gestuur!
Hoop jou eerste skooldag is lekker!!