“Rooi baadjie”
Wipneus het vertroebelde bloed. Ja glo dit maar, my oupa aan vaderskant was rou Brit, wat teen die Afrikaners kom oorlog maak het! Hy het nooit terug gegaan Brittanje toe nie. Hy het sy vrou en 2 seuns hier na SA toe laat kom. My Dad het egter later terug gekeer na Brittanje om te gaan studeer.
My “Dad” het my vertel my oupa was ‘n vreeslike man. Baie beduiweld en altyd paraat, reg vir oorlog!!
Hy het byvoorbeeld ‘n sekere plek vir hom afgebaken, lank na die oorlog, en niemand mag voet daar gesit het nie. Hy het met sy oorlogsvoering daar rond gemasjeer in sy koninkryk!!
Jan Smuts se goedjies
My oupa aan moederskant was weer stoere boer, en het pen orent gespring as hy die naam Jan Smuts hoor. Groot liefde gehad vir die man. Geen hertzog koekies was is in ons huis toegelaat nie. Dit moet Jan Smuts koekies wees.
Ek onthou in die gang het daar prent gehang van Strijdom en ‘n Potret so blink foelie affêre van die monument. Daarop het gestaan: Ons vir jou Suid Afrika….
So terug van Brittanje ontmoet my Dad my ma, Rou brit en Rou Afrikaner vry nou in “Fanagalo” Hoe vry mens as jy mekaar nie verstaan nie? Dit was ‘n gevry in brabbel taal.
My ma op haar troudag
Die dat ek vandag nog nie weet aan watter kant van die draad ek moet wei nie….
Ek is soos ‘n bok wat verlore geraak het!
Paul Kruger se goedjies
Om alles nou nog verder te vererger, trou Wipneus met Teddie wat ‘n goeie sterk Afrikaanse bloedlyn het. Hy is direkte afstammeling van Paul Kruger se vrou. My ma sê dis hoekom alles so mal gaan in hierdie huis
Ons vry nou wel nie in “fanagalo” nie, maar soms praat ons oor en deurmekaar. Ons kinders het ook andersoortige maniere….. Met ander woorde hulle het ook hierdie “moer” streep weg.
Ek was bv nie geleer om Tannie en Oom te sê nie, en wou my doodlag as Teddie aandring dat ons kinders ander mense moet Oom en Tannie wat nie ons bloed deel nie!!! Hy het naderhand moed opgegee, kon dit seker nie hou met die vrou wat histeries en dubbelgevou aan die lag gaan oor die vreemde ding wat hy ons kinders wil leer nie…..
Die ander ding is Pap, ek het my doodgeskrik toe ek sien my geliefde se ouers gee vir hulle ontbyt vir aand-ete. Ek het daardie aand vir my ma gesê die mense moet seker vreeslik arm wees.
My en Teddie se begin jare was dus die oorlog van vooraf!!! Ons moes skaaf en baklei om mekaar te verstaan….. Dit was ‘n totaal moer storie…. amper soos potjiekos… alles ‘n deurmekaar gemoerery …..
Dus volgende keer as julle sien ek is besig om dit te verloor, betoon simpatie….. want ek sien myself net soos my Rooibaadjie Oupa agter die kanon….
Moet dus ook nie verder wonder hoekom ek so groot liefde het vir kanonne nie……
Klop net aan my blog se deur as julle van my dienste wil gebruik maak.
Met my R4 oor my skouer is ek gevaarlik!! Ek is altyd besig met die een of ander oorlog …..
Onthou net die password is:
ROOIBAADJIE
~~~~
Fotos geneem by die oorlogsmuseum in Johannesburg – Canon 40D
Hierdie inskrywing is opgedra aan my moeder, wat gister verduidelik het hoekom Wipneus soms ‘n gruwelike humeur ontwikkel
he he







































Ek travel met die spoed van lig na al die mooi plekke in die heelal, dis magic!!




















WHAHAHAHAHAHAHA
Rooibaadjie – Mag ek maar inkom???
Hello Adrie!!!
Pikkie ek skets die omstandighede vol humor…. maar ek kan jou verseker hier is nog ‘n grys gedeelte ook!!!! Dis vreeslik, soms sukkel ek met myself
Hoe erg moet dit vir die mense om my wees?
Na ek dit gister verloor het, het my ma hierdie storie vir my probeer uitlê!!! Ek wou my doodlag vir haar!
Wip: Dalk is jou hwelik bewys dat die liefde oorwin alles!
Rustig, dit wil my mos so voorkom, die liefde vra nie vrae nie, as hy kom, kom hy soos groot maagpyn
Hoop jy geniet jou laaste paar dae! Hier in Gauteng is dit koud, hoop die weer lyk beter daar by jou!
Wipneus, so jou Oupa het oorlog gemaak teen my Oupa-grootjie! Sies vir hom!! LOL! haha…nou kan ek jou nie eers ‘n “rooinek” noem nie, jy’s te gemeng! soos my een oupa wat van Holland af kom! heeltemal gekruis nou!
Hahaha Nikita dis heeltemal deurmekaar.
My Oupa het eers na die oorlog hier in SA kom werk in diens van haar majesteit!!!
My ma se kant van die familie is heeltemal deurmekaar. My een tannie het weer ‘n rou hollander getrou!
Moeder vertel my dat my Oupa en Ouma glad nie gelukkig was oor hulle dogters wat so met uitlanders wil kers opsit nie
Kyk nou net so ‘n Boere Pommie
Wipneus,
Goeie middag, good day, malo, dumela, yebo, hey howzit
Sien, as dit moet leer mens “fanagalo” vinnig, vra vir Ma sy sal jou vertel
(tsk, hierdie engelsmanne wat ons boeremeisies se paaie so kruis … )
Lekker dag verder
p.s. o ja gunsteling kanon is die G5 en die R1 staan in die kluis
gee net die koordinate en ek skiet uit die noorde uit
Hi Bossie!!!
Maar jy gooi die fanagalo baie goed!!! whahahaaa
Het jy dalk ‘n ingelsman aan jou sy?????
Volgende keer sal ek jou dadelik aankeer om te help oorlog maak!!!
Ek hou van ‘n goeie peleton!!! Mense wat paraat gereed staan!
Lekker dag vir jou ook!
Met daai nooiensvan van jou was jy ‘n soutie?!!!
Ek’s lief vir Jan Smuts en Herzog koekies, die een het net meer jam op
Sandra whahaha verseker sal mens dadelik weet waar ek vandaan kom!!!!
Nou vertel jy my iets wat ek nie geweet het nie, ek het altyd gedink die een koekie het ‘n klappervulsel op en die ander een nie! Ek het nog nooit moeite gedoen om uit te vind waaroor die storie tussen die koekies nou eindelik gegaan het nie!!!
Ek kan jou army aanvul met ‘n paar nuclear weapons vanaf Noord-Korea, dan skiet ons hulle dat daar niks oorbly nie!
Hiert jou “rooinek”. O aarde, dit werk nie, my ouma was ‘n Engelse nursie wat kom help het, en toe vir ‘n forse boerseun geval het. Maar my humeur het ‘n kwaaie, woeste rebelle oorsprong. My ander ouma se neefs het uit die Kaap gekom om die Kakies te kom help skiet!! Maar nou bly ons almal lekker hier in ons “mixed” nasie
Lekker naweek
Kaalvoet daarsy, ek is besig om ‘n goeie mag op te bou!!! he he
Hoop jou naweek was lekker!!
Hi Place of grace
Ek sê glo nog altyd ons het so skoot humeurige, rebelsgeite weg as ons voorvaders oor die grense heen getrou het!! whahaha
Maar jy is reg ons bly nou almal te lekker saam in ons mixed nasie, al klink dit soos ‘n Italiaanse familie saamtrek as ons kuier. Almal praat hulle eie taal en jy kan omtrent geen gesprek volg nie, daar is 10 onderwerpe wat bespreek word aan tafel. Die lekker is: jy kan besluit aan watter gesprek jy wil deelneem
Is hierdie nou die “souties” teen die “boere”?
So iets Alta, maar ons weet nie wat ons is nie! Soutie of Boer sal nie eindelik werk nie, want dis mixed blood!! whahahaha
Wonderlike inskrywing en foto’s, dankie vir die deel Rooibaadjie.
Hi Rosie
Ek moet sê ek het die uitstappie na die oorlogmuseum baie geniet! Daar is baie om te sien en selfs ‘n winkel waar jy oorlog goedjies kan koop!
Solank daar net LIEFDE en VREDE is……!!
Hi Ters
Die liefde is baie, maar ai! soms word mens se vrede mos versteur deur jakkalsies van buite af!!
Onthou net Wippie, “make love, not war”!!!
Ai Wipneus, ek het nou regtig die geniet!
Ogies whahaha onthou my net asseblief weer, môre en oormôre ens ens
Ek vergeet dit somtyds!! hie hie
Hi Nelba, ek is bly jy het dit geniet!!
Wip die woord wat by my opgekom het toe ek jou storie lees is mixit!!
En ek bedoel nie sie simpel sms’e met jou selfoon nie, dis so asof daai woord by jou familie inpas!
More wippie,
Lekker naweek gehou?
Hoop jou week is propvol lekker lag dinge….
Ek dink die meeste van ons is so mengsel van kulture en nou verstaan ek dat mens nooit weet watter kant toe die vonke sal spat nie. En ons het ook pap in die aand geeet op die plaas en ek was gek daaroor. Kon nooit verstaan dat almal dit nie doen nie.. of dit nou van arm was sal ek nie weet nie.
Fnok, Wip, laat ek jou nou vertel, ‘n verdwaalde bok is ‘n gevaarlike ding!
Dis tog wonderlik hoe kulture saamsmelt en amper ‘n nuwe een vorm. My twee oudstes is half-Skots, maar hulle is net so trots half-Afrikaner. Steel bietjie van die een kultuur, steel bietjie van die ander, hoekom nie?
Sjoe dit is behoorlik n stamboom hehehehe nogals interressant
Verons ek sal daardie woord onthou mixit! whahaha
Dis regtig omtrent so iets
Hello Neykie, baie lekker naweek gehad, dankie, ek hoop jou week gaan ook vol sulke lekker dinge wees!
Demoerin, ek het my verstom aan al die uitstallings, dit is regtig die moeite werd om soontoe te gaan!
Charmaine whahaha
niks van arm nie, ek het dit op daardie stadium net nie geken nie. Deesdae is daar niks so lekker soos pap met so laaaang sous en heerlike braaivleis daarby!! 
As jou man honger is vir pap, dan eet jy maar saam pap!
Boendoe is dit? Ek kom agter jy weet van bokke!! Nou sien ek is ‘n verdwaalde bok, dus baie gevaarlik
Daar het ek dit nou uit jou mond gehoor….. en dit is nie my skuld nie, ek het nie my ma en dad aanmekaar voorgestel nie.
Hi Nickey, dankie dat jy al jou hondekinders vir my gewys het, hulle is darem vreeslik cute!! Ja hierdie stamboom is heeltemal deurmekaar!!! Jy moet sien hoe erg lyk dit op papier
Rooibaadjie.
Ek is oppad Eilandjie!! whahaha
Sal ek versterkings van die Noorde en Korea inkry??
I love it when we speak foreign
Hi Sammi
Oe jinne, vra vir Frankie, dis waar….ons twee gaat maar neuk om langes dieselle vuur te sit!