Lekker resepte is ook hier te kry:
Ek het ook resepte op my kersfees blogs hier en hier

Bestanddele
500 ml Yoghurt
1 Pakkie Jellie
1 Blikkie Kondensmelk
1 Pakkie Tennisbeskuitjies
Metode
Maak jellie met 1 koppie kookwater aan.
Voeg kondensmelk en yoghurt by.
Klits tot romerig.
Giet in tertdop van tennisbeskuitjies gemaak.
Plaas in yskas om te stol.

1 pakkie (200 g) gemmerkoekies
50 ml brandewyn
1 blik (410 g) ontpitte kersies, gedreineer
Voer ‘n broodpannetjie uit met kleefplastiek. Laat die roomys effens sag word, maar nie smelt nie. Breek die koekies in stukkies en sprinkel die brandewyn oor. Vou die geweekte koekiestukkies en kersies liggies in die roomys en skep dit in die voorbereide pannetjies. Plaas oornag in die vrieskas. Keer die cassata uit die pannetjie, trek die kleefplastiek af en sny in skywe. Sit dit dadelik voor.

Koek: 50ml kakao, 125ml kookwater, 60ml olie, 5ml vanieljegeursel, 3 groot eiers, 215ml strooisuiker, 300ml koekmeelblom, 7.5ml bakpoeier. Versiersel: 150ml water, 100ml suiker, 20ml mielieblom, 20ml kakao, 20ml botter, 10ml kitskoffiepoeier, 100g haselneute.
Metode
Koek: Voer 20cm ronde bakpan met bakpapier en smeer die kante met botter. Skei die eiers. Meng kakao en water, voeg olie en vanieljegeursel by en meng deeglik. Klits eiergele en suiker saam vir 12-15 min. Voeg oliemengsel by en meng tot glad. Klits eierwit tot stywe punte vorm. Sif droë bestanddele by eiergeelmengsel en roer net tot gemeng, maar nie te veel. Vou helfte van eierwitte in met ‘n metaallepel. Vou daarna die res in. Gooi oor in voorbereide pan en bak teen 180°C vir 45 minute. Versiersel: Plaas alle bestanddele (behalwe neute) in ‘n kastrol en verhit oor lae hitte. Roer totdat al die suiker opgelos is. Laat die mengsel kook om dik te word, en verwyder van hitte. As mengsel effens afgekoel is, roer die neute in en gooi oor die koek.

2 l melk
knypie sout
250 g margarien
4 eetlepels mielieblom (60 ml)
2 koppies suiker (500 ml)
appelkooskonfyt
Week sago in melk vir 12 uur. Kook melk, sago en margarien saam. Meng mielieblom met ‘n bietjie melk en voeg saam met suiker by die mengsel. Roer en kook tot dik. Plaas in oondbak en bak vir 30 minute by 180ºC. Versier met appelkooskonfyt en kaneel voor opdiening. Dien op met vla of room.

Amandels, hetsy heel of in skyfies of splinters
2 Mango’s, in lang vingers gesny
Botter
Suurlemoensap
Slaaiblare, maar nie met ‘n skerp smaak nie
Braai omtrent ‘n halwe pakkie amandels in botter tot bruin (brand maklik). Skep uit en laat afkoel. Gooi die sap van ‘n halwe ryp suurlemoen by die warm botter en roer saam (dit is jou slaaisous). Jy sal mettertyd agterkom of dit genoeg is, dalk moet jy nog ‘n bietjie maak. Pak ‘n dik laag slaaiblare op die boom van ‘n platterige bak. Strooi gesnyde mango daaroor, dan die amandels, en dan die sous. Dis heerlik as voorgereg of saam met vleis.

VEGETABLES ROASTED WITH LEMON VINAIGRETTE
INGREDIENTS:
½ butternut, peeled and cubed
6 carrots, peeled and sliced into thick rings
6 pickling (baby) onions, cut into quarters
3 medium sized peppers (red, yellow and green), cut into large chunks
6 baby marrows, sliced into thick rings
4 fresh garlic cloves, quartered
120ml (8TBS) lemon juice
240ml olive oil
10ml (2TSP) sugar
METHOD:
-
Place all the vegetables into a large roasting dish.
-
Whisk the lemon juice, olive oil and sugar together to make the vinaigrette.
-
Add the garlic cloves to the vinaigrette.
-
Pour the vinaigrette over the vegetables and roast at 200°C/400°F for 30 minutes or until the vegetables are tender.

Pofferige macaronikaas
250ml macaroni
4 eiers
400ml vars broodkrummels
375ml lou melk
250ml gerasperde Chedder
5ml sout
Verhit die oond tot 180C.Smeer vlak, oondvaste bak[ weer 2L]. Kook en dreineer die macaroni.Skei die eiers. Meng die gele, broodkrummels en melk en roer dan die macaroni, kaas en sout by. Klitseierwitte tot styf, maar nie tot droog nie.Vou dit by die macaronimengsel in.Gooidie mengsel in die bak. bak die vir 45min. lank of totdat gaar en goudbruin.

Peri-peri-plathoender- Manuel Escorcio (lekkerrr)
1 hoender, oopgevlek aan die borskant
Marinade
15 ml (1 e) growwesout
3 knoffelhuisies, gekap
2 lourierblare, fyn gebreek
1 suurlemoen se sap
45 ml (3 e) olyfolie
15 ml (1 e) peri-perisous
15 ml (1 e) Brandewyn
Bedruipsous
1 suurlemoen se sap
45 ml (3 e) botter, gesmelt
10 ml (2 t) peri-perisous
Metode
Maak addisionele snitte met ‘n mes in die hoenderboude en – dye sodat die marinade deeglik. Vryf die marinade met die hand deeglik in en plaas die hoender ten minste 3 uur lank in die yskas. Braai die hoender 1 uur lank op ‘n hoogte van 30 cm oor stadigekole. Draai dit gereeld. Meng die bestanddele vir die bedruipsous deeglik. Verwyder die hoender van die kole en bedruip dit deeglik ment ‘n kwas aan beide kante voor bediening.

PEPER SOUS vir STEAK
1 eetlepel botter of margarien
1 koppie room
1 eetlepel mosterd
1 eetlepel vars gemaalde swart peper
1 dop branderwyn
Bietjie meel in kouewater opgelos as die sous te dun is.
Maak die sous sommer in die pan waarin jou steak gaargemaak is of as jy die vleis op die vuur gaan gaarmaak, steel so stukkie vleis van die grootste stuk steak af en braai dit vooraf met jou botter of margarien in jou pan waarin jy die sous wil maak.
Draai die hitte op medium en roer die peper, mosterd en brandewyn daarin vir so twee na drie minute daarin om al die geur uit die pan op te tel. Roer die room by, laat die ’n rukkie prut.
Gooi dit oor die steak net voor jy dit voorsit.

Pasta Arrabbiata
60 ml (4 e) olyfolie
15 ml (1 e) gekapte knoffel
4 bird eye- gedroogde brandrissies, fyn gekap
of
2 vars rooi brandrissies, gekap
2 x 410 g gekapte tamaties met origanum en
basielkruid (2 blikke)
125 ml (1/2 k) vars, gekapte pietersielle
sout en varsgemaalde swartpeper na smaak
500 g penne-pasta of spaghetti
Metode
Verhit die olyfolie in ‘n pan oor matige hitte. Voeg die knoffel in fyngekapte brandrissies by en roerbraai dit totdat die knoffel begin verkleur. Voeg die tamaties en pietersielle by. Druk die tamaties fyn en geur dit met sout en peper na smaak. Laat prut dit oor lae hitte – 1 uur lank of totdat die sous verdik. Roer dit gereeld. Verhit 2 liter water, waarby 5 ml (1 t) sout gevoeg is, tot kookpunt in ‘n kastrol. Voeg die penne of spaghetti by en laat kook dit 10 minute lank. Roer dit gereeld. Dreineer die pasta en skep dit terug in die kastrol. Skep die tamatiemengsel oor en meng dit deeglik. Skep dit in ‘n opdienbak en geniet.
Wenk
Gedroogde brandrissies is sterk, Indien die kinders saameet, kan die monde brand. Ek waarsku net.!

Piesang en Karamel Poeding
8 Ryp piesangs
2 houertjies vars room
2 pakkies Tennis Biscuits
2 blikkies Karamel
10 Glazed Cherries
1 flake chocolate
3 Tlps. Suurlemoen sap
| Alles word in lae gepak.
1. Sny piesangs in ringe en plaas dit in die suurlemoensap sodat die piesang nie bruin raak nie. Herhaal die eerste vier lae om die poeding te voltooi. Vir versiering: sny die cherries in die helfte en pak dit bo-op die room. Crush die flake chocolate en sprinkel oor. Sit die poeding in die yskas vir so uur. Dis effe soet, maar dis regtig n hit. |
|
![]() |
|
|
KOLWYNTJIES (Lewer 40) 250 ml melk 25g (30ml) botter/margarien 375 ml suiker 3 eiers, geklits 500 ml koekmeel, gesif 5 ml sout 10 ml bakpoeier 5 ml vanielje
Mikrogolf melk en smeer 2 – 3(3-4) minute by volle krag. Sit opsy. Klits suiker geleidelik by eiers in om ‘n romerige mengsel te verkry. Vou meelblom en sout by eiermengsel in, strooi bakpoeier bo-oor, voeg melk en geursel by en meng goed. Plaas 6 verdubbelde papiervompies in ‘n mikrogolf-muffinpan en skep elk half vol beslag. Mikrogolf 1,5 – 2 (2 – 3) minute by volle krag, lig kolwyntjies met vormpies en al uit pan en sit opsy om af te koel. Herhaal prosedure tot al die beslag opgebruik is. Versier na wens. (Tyd in hakies is vir 500-watt-oonde) |

1 blik 410g Ideal melk ½ kop. strooisuiker
1 blik grenadellamoes 1 pakkie lemoenjellie
1 pakkie (200g ) Tennis beskuitjies
1 kop. kookwater
Maak jellie aan met kookwater en laat afkoel. Klop verkoelde melk tot styf. Vou suiker geleidelik by. Klop goed. Vou moes en jellie by. Klop tot romerig. Pak laag beskuitjies en gooi laag vulsel. Herhaal tot klaar. Rasper beskuitjies en strooi bo-oor. Plaas in yskas.

PEPPERMENT-CRISP KARAMELTERT :
1 x 380 g blik karamelkondensmelk
2 x 125 ml-sakkies Orley Whip
2 x 50 g-stafies pepermentsjokolade, gerasper
50 ml suurlemoensap
1 x 200 g-pakkie Tennis-beskuitjies
Meng karamelkondensmelk en suurlemoensap goed saam. Klits die Orley Whip tot styf en vou in die kondensmelkmengsel in. Smeer ‘n langwerpige glasbak 20 x 30 x 5 cm, of bespuit dit met kleefwerende middel. Pak ‘n laag beskuitjies op die boom van die bak en smeer ‘n laag kondens melkmengsel eweredig oor. Sprinkel gerasperde pepermentsjokolade oor. Herhaal die lae totdat die beskuitjies en kondensmelkmengsel op is, eindig met ‘n laag gerasperde pepermentsjokolade.
Plaas die tert in die koelkas.

Lekker maklike tert of poeding
Appeltert
1 koppie Suiker
3 Eetlepels Botter/Margarien
1 teelepel Bakpoeier
‘n knippie Sout
3 Eiers
1 koppie Koekmeel
1 koppie Room of Ideal Melk
1 koppie Suiker
1 blikkie Tertappels
Klits die Suiker en Botter baie goed saam tot lekker dik. (Hoe dikker, hoe lekkerder).
Voeg die eiers een vir een by.
Vou die Meel, Bakpoeier en Sout met ‘n houtlepel in. (As jy dit klits, gaan die rys uit).
Gooi die mengsel in ‘n gesmeerde plat bak.
Pak die tertappels bo-op die mengsel en bak by 180° tot gaar.
Kook intussen die Room en Suiker saam.
Wanneer die tert gaar is, gooi dit bo oor en sit terug in die oond vir so 3 minute.
Dis al en baie lekker. Jy kan dit ook gebruik vir ‘n poeding met vla en roomys daarby.
Vrugte rangskikking vir buffet dit
lyk ook mooi as jy braai hou
Die verste reis wat ‘n mens kan maak, is van mens tot mens, deur die hart.
Bydraes van Blogger Maats
Salomè se Macaroons
Klits 3 eierwitte tot dit sagte punte vorm. Klits nou 250ml strooisuiker lepelsgewys by, asook 15ml kitskoffiepoeier (opgelos in 10ml water) asook ‘n knippie sout.
Vou 2 koppies klapper daarby in en skep lepelsvol op bakplaat. Bak 20 minute by 150 grade C en laat in oond afkoel.
Salomè se Suurlemoenstroop
Ek het 2 nerf-af duime na hierdie week, so nou is dit julle beurt.
Suurlemoen Stroop
12 Suurlemoene
2,5 kg Suiker
1 pakkie Wynsteensuur
1 pakkie Engelse Sout
1 pakkie Kremetart
1,5 liter kookwater
Was suurlemoene af en rasper buitenste skil versigtig af. Druk sap uit en voeg by die gerasperde skil.
Voeg suiker en res van bestanddele by.
Voeg kookwater laaste by en ror tot suiker opgelos is.
Laat staan oornag.
Syg volgende dag deur kaasdoek of fyn sif (kaasdoek gee helderder stroop) en bottel in skoon gewaste bottels.
Om op te dien; meng met yswater of sodawater en sit voor.
Dit is ‘n lieflike en praktiese persent vir iemand veral as jy die stroop in ‘n mooi glasbottel gooi. (Skryf die aanmaak metode op ‘n mooi labeltjie en plak op die bottel).
OK Siamees, hier is my gunsteling (nie omdat dit so lekker is nie, maar omdat dit so vinnig gaan) Ek spandeer NIE ure voor ‘n stoof nie, dis lekkerder om met die kinders te speel en vir wat sal ek nou 4 ure lank kosmaak wat ander binne ‘n 1/2 uur opeet???
Pikkelik se moerbykos
1 1/2 koppie rys
1 hoender – opgesny in stukke en gespice na smaak.
aartappels
wortels
brokkolie
blomkool
(enige groente wat jy van hou)
1 pakkie dik groentesop poeier
Voorverhit die oond – 450 grade Fahrenheit. (Ek weet nie wat is die Celcius nie, my stoof is bietjie oud, maar ek dink dis so 220 grade) Gooi nou eerste die rou rys onder in ‘n casserole. Strooi die pakkie soppoeier bo-oor. Nou word die hoender bo-op gerangskik en daarna kom die groente. Gooi nou drie koppies water oor die hele spulletjie en sit die casserole se deksel op. Sit in die oond vir 2 ure of tot die hoender gaar is, soos ek sê, my stoof is oud.
Maak ‘n lekker mengelslaai en voila, die kos is gereed.
Suurlemoentert
Kors: Tennis beskuitjies gemeng met bietjie botter.
Klits goed saam; 1 blik Kondensmelk en 2 eiergele
Voeg hierby 125ml Suurlemoensap.
Klits tot die degie blasies maak.
Gooi in kors.
Klits eierwitte met 2 eetlepels suiker en halwe teelepel Kremetart tot sagte punte vorm.
Skep met lepel bo-oor vulsel en voila.
1 kilo vars aspersies, gewas en ge’trim’
2 eetlepels olyfolie
2 eetlepels wit of rooiwyn (waffer ookal oop is
Growwe sout en swart peper
1 teelepel origanum of roosmaryn
‘n spatsel vars suurlemoensap (nie meer as 2 eetlepels nie) of 2 eetlepels balsamic vinegar
1/2 koppie Feta gekrummel
Coat die asperies in die mengsel en laat staan vir ‘n rukkie -
Oond op 220 C
Sny bacon in blokkies (of koop sommer bits’o bacon) en ‘droog’braai in ‘n pan – nie extra olie nie!! skep uit op kombuispapier om te dreineer.
Pak aspersies op ‘n bakplaat en bak in oond tot medium (crisp) sag (seker so 7-10 minute) (toets met ‘n steak mes).
Haal uit oond – gou werk!! rangskik in ‘n opskep bak – sprinkel die bacon bo-op – rasper of krummel Feta bo-oor (Parmigiano-Reggiano is nog beter!!). Jy kan dit ook in lagies pak…
Drizzle nog bietjie suurlemoen bo-oor en maak toe met gladwrap of foelie. (moenie in oond sit of grill nie – die kaas hou nie daarvan nie). Laat staan by kamertemperatuur.
Kan ook netso sonder die bacon gemaak word as sidedish vir enige vleisgereg.
Of bedien met salami, olywe, portuguese broodjie, foccacia, pannini – ‘n bakkie balsamic om jou broodjie te ‘dunk’ en nog extra stukkies kaas.
Njammies!!! /me likes!!!

BB se divine Romany Cream poeding!!
Mmmmmm – een Romany Cream elk in ‘n (geblikte) perske helfte op ‘n oondpan – ek sit dit sommer in my skons/muffinpanne… skep 3-4 (of 5 of 6) eetlepels Ideal Melk oor elkeen – laat staan tot koekie sag is en bak dan net voor jy poeding bedien in ‘n lekker warm oond (200) vir 10-12 minute. Bedien met geklopte room. NJAMMIES!!
(Jy kan ook ‘n skoot likeur oor elke koekie skep voor die Ideal Melk – vir xtra skop – Amarula werk mooi)
Dankie Salomè
Die vinnige staatmaker vir braai tyd wat ek verleeeeede week al belowe het.
Mieliebrood
Klits 2 eiers en 25ml suiker liggies saam.
Voeg by en meng;
3/4 koppie melk
1 blik roomsoort mielies
1 koppie koekmeel
1 koppie mieliemeel
3 teelepels bakpoeier
1 teelepel sout.
Gooi in plastiek ringpan. Bedek met “Clingwrap” en steek paar gaatjies in plastiek om stoom uit te laat.
Bak in mikrogolf vir 8 minute op hoogste temperatuur.
Laat paar minute staan, besprinkel met Paprika of Pietersielie en voila!
Wipneus se Kerskoekies
![[kersfees+kook.gif]](http://2.bp.blogspot.com/_-oEXecq-DBk/SS0PL8mfWvI/AAAAAAAACUE/N_EBtwzo1Zg/s1600/kersfees%2Bkook.gif)
KOOKMELKKOEKIES:
6 X 250 ml. ongesifte koekmeelblom 2 ml. sout
500g. botter/Margarien 2 k. suiker
125 ml. melk 10 ml. koeksoda
Meng die koekmeel en sout. Vryf botter met vingers in tot goed gemeng.
Verhit die suiker, melk en koeksoda saam oor matige hitte in ‘n groot
kastrol tot kookpunt en roer af en toe en pasop vir oorkook want dit
skuim baie.
Gooi die warm kookmelkmengsel oor die koekmeelmengsel en meng goed.
Plaas die deeg in ‘n houer met ‘n deksel, maak toe en verkoel dit tot koud, dit kan
oornag in die yskas gehou word.
Voorverhit die oond tot 200ºC en smeer bakplate liggies.
Vul koekiedrukker met deeg en druk af op bakplate.
Bak die koekies 10 – 12 minute.
VLA- KOEKIES VIR KOEKIEDRUKKER - BISCUIT GUN
6 k. koekmeel 1 k. vlapoeier
1 k. maizena 5 teel. bakpoeier
500g. margarien (Stork/Rama) 2 k. suiker
4 eiers 2 teel. vanieljegeursel
Room margarien en suiker saam. Voeg eiers by en dan die geursel.
Sif die droë bestanddele in. Meng goed. Plaas in yskas vir ‘n uur lank.
Sit deeg in koekiedrukker en druk koekies op liggesmeerde bakplaat.
Bak in oond van 180ºC vir 12 – 15 minute. Hou dop.
OUMA SE GEMMERKOEKIES
(Lewer sowat 100 koekies)
250 9 botter
250 ml gouestoop
400 9 geelsuiker (500 ml)
2 eiers
750 9 koekmeelblom
40 ml fyn gemmer
5 ml fyn kaneel
5 ml sout
10 ml koeksoda
85-100 ml melk
Plaas botter in kastrol en smelt oor lae hitte. Voeg stroop en suiker by en roer tot suiker opgelos het. Verwyder van hitte en laat effens afkoel. Klits eiers en roer by botter mengsel. Sif droë bestanddele saam en voeg beurtelings met melk by bottermengsel. Meng goed. Bedek met kleefplastiek en plaas minstens 1 uur lank in yskas.
Vorm okkerneutgrootte-bolletjies en plaas op bakplaat. Druk effens met vinger en bak in voorverhitte oond by 190 grade C 10-12 minute lank lot
goudbruin en gaar. Verwyder uit oond, laat afkoel en sit voor.
JAN SMUTS-KOEKIES
Hierdie koekies is genoem na genl. Jan Smuts wat van 1919 tot 1924 en van 1939 tot 1948 die eerste minister van die Unie van Suid-Afrika was. Die resep lewer 4 dosyn koekies. Volgens oorlewering was die koekies destyds baie gewild onder genl. Smuts se aanhangers terwyl hul politieke opponente niks daarvan wou weet nie en net Hertzoggies gebak het.
Kors
400 g (750 ml, ongesif afgemeet)
koekmeelblom
10 ml bakpoeier
1 ml sout
250 g botter of margarien, by
kamertemperatuur
200 g (250 ml) suiker
2 eiers, geklits
Vulsel
125 g botter of margarien, by kamertemperatuur
125 g (150 ml) suiker
2 eiers, geklits
125 g (225 ml, ongesif afgemeet)
koekmeelblom
5 ml bakpoeier
100 ml fyn appelkooskonfyt
Voorverhit die oond tot 190°C (375 F).
Smeer die holtes van kolwyntjiepanne, of bespuit hull met kleefwerende middel.
Sif die koekmeelblom, bakpoeier en sout saam. Vryf die botter of margarien met die vingertoppe hierin totdat die mengsel fyn gekrummel is. Voeg die suiker by en meng. Voeg die eiers by en meng tot ‘n deeg.
Rol die deeg sowat 3 mm dik uit op ‘n meelbestrooide deegplank. Druk sirkels, 8 cm in deursnee, met ‘n koekiedrukker uit. Voer die holtes van die kolwyntjie
panne met die deegsirkels uit.
Verroom die botter of margarien en die suiker saam. Voeg die eiers by en
meng. Sif die koekmeelblom en bak poeier saam en meng dit met die eiermengsel.
Skep 2 ml van die appelkooskonfyt in elke korsie. Skep ‘n lepelvol vulsel daarop.
Bak die koekies 15 minute of tot goudbruin op die middelste oondrak. Keer hulle versigtig op ‘n draadrak uit en laat afkoel.
KLAPPERKOEKIES
360 g. ( 750 ml.) koekmeelblom.
240 g. ( 300 ml.) suiker.
80 g. ( 250 ml.) klapper.
2 ml. sout.
250 g. / ml. botter.
5 ml. koeksoda.
5 ml. appelkooskonfyt.
Voorverhit die oond tot 180 Grade C. Sif droë bestanddele saam. Vryf die botter met vingerpunte in. Meng die koeksoda en appelkooskonfyt saam en sny in droë bestanddele in. Indien nodig, voeg ‘n klein bietjie melk by om stywe deeg te vorm. Vorm balletjies en plaas dit op ‘n bakplaat. Druk dit met ‘n vurk plat en versier met rooi en groen glanskersies. Bak vir ongeveer 10 minute tot ligbruin. Lewer ongeveer 4 dosyn koekies.
En dan Teddie se gunsteling!!!!!!
KONFYTTERTJIES
190 ml. ( 3/4 kop.) suiker.
125 ml. ( 1/2 kop.) margarien.
2 eiers.
500 ml. ( 2 kop.) meelblom.
10 ml. ( 2 tl.) bakpoeier.
vanielje.
Stel die oond op 180 Grade C. Room die suiker en margarien saam. Voeg die eiers by en klits goed todat mengsel liggeel en skuimerig is. Voeg die meelblom, bakpoeier en ‘n paar
druppels vanielje by. Rol deeg in klein balletjies en plaas op gesmeerde bakplaat – ongeveer 5 cm.uit mekaar. Maak ‘n klein holte in die middel van die deeg en drup ‘n klein bietjie konfyt
daarin. Bak in ‘n matige oond tot ligbruin.
Geniet!!!
Meng:
2 k meel
3/4 k sout
30 ml kremetart
2 k water
30 ml olie
kleursel
Voeg alles bymekaar
Plaas alles in mikrogolf vir 4 – 5 min op hoog
Roer na elke minuut
Na 4 minute moet gekyk word of die deeg nie al reg is nie – soms is daar net 20 – 30 min nog nodig
Deeg hou vir maande buite yskas.
MIELIE MUFFINS
OOND 200°c
2 KOPPIES BRUISMEEL
1 BLIK SWEETCORN
2 EIERS GEKLITS
100g KAAS
2ml SOUT
MENG & BAK
BANANA MERINGUE PIE
Ingredients:
q 1 Pkt Bakers Tennis Biscuits, broken
q 80g Butter melted
q 1 Can (397g) Condensed milk
q ½ Cup lemon juice
q Rind of one lemon
q 3 Eggs separated
q 3 Fresh bananas, sliced
q ½ Cup castor sugar
q 1 Tsp (5ml) vinegar
q 1 Tblsp (15ml) cornflour
Method:
q Preheat oven to 180 degrees.
q Combine broken biscuits and melted butter.
q Press into pie dish.
q Whisk together condensed milk, lemon juice, lemon rind and egg yolks.
q Place banana slices on biscuits.
q Pour lemon mixture over bananas.
q Beat egg whites until stiff gradually adding castor sugar
q Beat in vinegar and corn flour.
q Place on top of fillings.
q Bake for 10 minutes or until golden brown.
q Served chilled.
CHOCOLATE SQUARES
Ingredients:
q 1 & ½ Packets Bakers Tennis Biscuits, crushed
q 200g Cooking chocolate
q ¾ Cup (175g) butter
q 2 Tbls (30ml) syrup
q 75g Chopped nuts
q 75g Glace cherries
Method:
q Melt the chocolate, butter and syrup over low heat.
q Add the biscuit crumbs, nut and cherries.
q Press into a greased dish about 30cm x 20cm x 5cm.
q Chill until firm and then cut into squares.
MAALVLEIS EN GROENTE EENPANSGEREG Van Deon Uit Holland
(vir 4 mense)
Dit word weer winter in Suid-Afrika. Die gereg is goedkoop en gesond en net die regte ding op ‘n wintersdag.
Bestanddele:
VIR MAALVLEIS EN GROENTE-MENGSEL MET SOUS:
600 g beesmaalvleis
1 t aromat
1/4 t peper
1+1/2 t zout
1/4 t neutmuskaat (nutmake) (nutmeg)
1/4 t kruidnaelpoeier
3/4 t gemmerpoeier
VERDER:
40 g botter of margarien
2 groot uie, fyn
2 knoffelhuisies, fyn
450 g tamaties uit blik, fyn
450 g gaar groenboontjes, elk gehalveer
1 vol t paprikapoeier
200 ml beesvleisaftreksel
2 e paneermeel (of droë broodkummels)
50 g parmasaanse kaas
VIR SNEEU-AARTAPPELS:
600 g gaar aartappels
30 g botter
200 ml melk
1 geklits eier
sout
peper
neutmuskaat
aromat
(maak sneeu-aartappels)
Metode:
1. Meng maalvleis met alle maalvleisbestanddele goed deurmekaar.
2. Sorteer ui en knoffel in botter tot glasig.
3. Bak maalvleis korrelrig met ui en knoffel.
4. Voeg die tamaties, paprikapoeier en beesvleisaftreksel by en kook alles tot dit gaar is.
5. Voeg gaar groenboontjies daarby en as nodig maak jy dit verder op smaak met sout, peper en aromat, laat alles bietjie verder deurkook tot alle smake goed vermeng is.
6. Doen maalvleismengsel in ‘n oondskaal en verdeel die sneeu-aartappels daaroor.
7. Maak met ‘n vurk ‘n mooi kartelpatroon en verdeel die paneermeel met kaas daaroor.
8. Bak in oond by 220*C vir ‘n halfuur of tot goudbruin van kleur en goed warm.
Gee daar ‘n lekker groen fris slaai by.

































Ek travel met die spoed van lig na al die mooi plekke in die heelal, dis magic!!




















Hmmmmm, heerlik! Slim plan vriendin, ek sal beslis bietjie van hulle probeer.
Pikkie ek gaan jou nog leer dat Kosmaak terapie is!! Jy moet dit vir jouself lekker maak!! Kom aan Pik gooi Ouma se familie resep!!
Jinne Saloom maar hierdie is ‘n lekker resep!! Soos jy sê ‘n baie oulike geskenkie ook. Dankie
Ek het geweet ek moenie hier kom lees nie!!!!
Ek is nou so blerrie honger en helfte van die goed kan ek nie maak nie omdat ek nie ‘n oond het nie en die ander helfte oor mens nie die bestandele kan kry nie!
Dis wreed…
Kaalvoet ek het op ‘n site afgekom, met Koreaanse kos, daar is nou lekker kos daar!!! Ek moet net eers weer die site gaan soek in my history… ek het maklik ‘n uur op daardie blog rond gehang!!! Ek wil nou ‘n Koreaanse aand hou… ek het nou al tot ‘n hit so reg uit Korea vir musiek
Toemaar een van die dae eet jy ‘n bord lekker boere kos!!!
DIe Koreaanse kos is oor die algemeen nogal lekker, ek sal nie stry nie, maar ek is net uitge-eet aan die goed wat ek by die huis kan maak en ek bly aan die gatkant van di stad en al die lekker eetplekke is so ver. Nie dat ek enigsins alleen wil gaan uiteet nie, want dis soek vir moeilikheid as jy ‘n foreign girl in Korea is.
Ek is nie eers so lus vir rooivleis nie, maar ‘n ou skaaptjoppie sal lekker wees en sout en asyn chippies. Ek dink ek gaan terug rol Korea toe, want ek mis al die lekker SA sweets
Kaalvoet, ons sal vir jou solank ‘n kruiwa regkry. Ons stoot jou sommer dan hoef jy nie te rol nie
Mmm sout en asyn chippies is lekker, ek ruik sommer die asyn!!! En ‘n heerlike skaaptjoppie met chutney oor die kole gaargemaak, ruik jy dit??
Jy help nie juis my gemoed nie hoor! Sies vir jou!
whahaha
Cool, ek gaan maar hier loer, maar weet nou nie van die bak nie.
Die resepte klink so lekker! Ai, hoe water my bekkie nou!
Zee jy moenie sê die resepte klink lekker nie, jy moet een skenk!!! Soek in moeder se resepte boeke vir jou gunsteling
Te heerlik!! Ek’s ook gek oor daardie prentjie wat jy daar geplaas het, sal weer kom inloer vir resepte!! Ek het in st8 begin plakboeke maak met resepte uit tydskrifte, seker 8 dikkes daarvan…maar alles weggepak…soos al my ander goed! maar nou’s ek lui, Wilmie het nou oorgeneem, gelukkig is ek nog nie lui vir tuinmaak nie, gelukkig is sy ook lief vir dit…
Nikita jy is gelukkig dat Wilmie so lief is vir kook en bak!! Ek het vragte resepte boeke, van dit kom ook as plakboeke van skool af aan!!!