
“There is no they, only us. We’re part of a large
fellowship called “the human race.”
We all hurt the same. We all love the same.
We all bleed the same.
We all need understanding and care.”
Hier kan jy so kykie kry in my lewe:
Foto’s, dinge waarvan ek hou en waarvan ek nie hou nie. Die ware Wipneus…..
Maar weet ook dinge is nooit net wit en swart nie, daar is altyd ‘n grys gedeelte ook
(Jy kan op die foto’s click met jou muisie vir ‘n groter foto)
Waar ons , ons pensies moet volmaak
My geliefde speel ding
Waar ek sorg dat al my geliefdes se
pensies vol bly
Ma se hart se punt: My naam is Shane
Snoekerkamer waar die manne snoeker speel,
Wipneus fietstrap en “pin Ball” speel
en kyk gou links…. sien julle die Blou bul advertensie
Dr Faan le Roux
Ons beste vriend word baie gemis
Ons lewens is leeg sonder hom!
Die Rou in die As
Vrae in my gedagtes; nou amper drie jare.
Vrae oor hoekom, waarom en wat as?
Gebrandmerk as keur van die perfekte pare,
Lê ‘n toekoms nou verbrand in houtas.
Die prag van jou beeld bly vir ewig perfek,
Gevang vir alle tyd, inne gekleurde prentjie.
Maar hoekom met my deel die vreugdvol effek,
As ek jou nie eers kan vashou ‘n bietjie?
Almal vertel van hoe net die tyd kan genees,
Maar voor my ontwyk dit nog soos ‘n skim.
Deel ek nog daagliks in daardie dagse vrees
As ek saam met jou in daardie kiekie klim.
So ‘n onbesonne daad van wapen geweld….
Die res van die gedig hier
Krediet: Demoerin
My Provence kuierplek
Van hier af blog ek
Ma se jongste kaboutertjie
Hy is nou 22
My oudste kaboutertjie
(hy is nou 25)
My koi baba’s
Ek hou van musiek he he
En my musiek smaak, bring my soms in die
moeilikheid, in hierdie blog wêreld
Net vir ingeval jy dalk oor my evil naam twyfel
“uit my feëtjie tuin”
Wipneuse se geliefde Marie Antoinette
My geselsmaat!
Ons kuier hier
Wipneus eet koek!! Ek is mal oor koek,
sjokelade en soetgoed
Ek is mal oor kamele!! Ek raak dadelik verlief
Hierdie is toe ons in Libië toetswerk gedoen het
In ons kamer spandeer ek nie veel tyd nie
Hoekom: whahaha
Want ek blog!!!
Aan bogenoemde is ek verslaaf geen matigheid hier nie
ek oordoen nie die ding nie – maar …
‘n wyntjie het nog nooit skade gedoen nie
Ek is mal en dolverlief oor my Teddie!
My rots, my lewe, my alles!!
Mal oor my Bonsai’s
Ek doen pottebakkery as ek nie werk en blog nie:
Ek verf orals en op alles!!
BB (Biebs, ons Blog Celeb)
Ons blog baba
Zeethan en Ouma Zee se hand,
ons wil hom laat smile vir die foto,
maar ai! tannie Wipneus die sjokelade is mos nou lekkerder.
Gee ‘n man ‘n kans om klaar te eet!
Mal oor my tuin en tuinmaak
My gunsteling parfuum
dit moes julle sommer kon raai
Angel
Ek is ook versot op skoene en handsakke en mooi aantrek!

Wat maak my lewe lekker:
Binnehuisversiering, Astronomie, Lees, Kuns, selfdoen-projekte, tuinmaak, Stained-glass windows, Fliek, poësie, musiek (heeldag en aldag, en alle soorte, maar veral Bono van U2), skilder en verf, kerse, wierrook, lekker reuke, teddie se arms, my kinders se lag, my familie en vriende!!
My gunsteling kos: Steaks, chinees, lekker bredies, pasta en enige soet ding!! het ek sjokelade genoem
My gunsteling stad in die wêreld : Parys, Frankryk, Franse straat kafee’tjies, Franse musiek kry julle die idee Frans….Frans….Frankryk…Parys ….. Provence
Ek is vreeslik en verskriklik privaat!!! Ek is nie ‘n “Celeb” nie, sal en wil en wou ook nooit daardie rigting doen nie. Ek is ook lief vir mense, wat my help om hierdie privaatheid van my te beskerm!

Wat pp my af:
Mense wat ongenooid my spasie betree! Verpes dit.
Mense wat steel, oneerlik, agterbaks en skynheilig is gee my die creeps ek is bang vir hulle. Ek hou van mense wat genuine is. Moenie een ding sê en dan ‘n ander ding doen nie.
Moet my asb nie copy nie, ek kry stuipe!! (Ons gaan doen shopping ek kry ‘n divine bloes, môre is ek by ‘n funksie en wragtig daar is ons vinkel en koljander, die een nes die ander. Na ons shopping kon haar voete nie vinnig genoeg die pad gekry om dieselfde bloesie te gaan aanskaf nie. Red nou ‘n volk)
~~~
Lag…..
Gun ander ‘n plekkie in die son…. ek verpes dit as een mens ‘n ander wil vertrap en verneder, dit bring die dier of liewer slang in my uit…. ek seil dan soos ‘n slang… ek kom vir jou, en gaan jou pik wanneer jy dit die minste verwag ….

Ek dra die Dalai Lama se quotes saam my rond. Hierdie mens is sonder wraaksug met baie liefde in sy hart en voorwaar vir my, die grootste voorbeeld van hoe die mens veronderstel is om te moet wees. Hy het bewys al word mens onderdruk, kan jy nogsteeds ‘n “mooi” mens bly! Dit wil gedoen wees.
Ek belê ook dan geld in die “Save Tibet” fonds.
Moenie dat dit jou verwar nie, ek glo nogsteeds in my eie God!!
Ek het oor hom geskryf op my ander blog!! Onder Tibet.
http://murielsdiaries.blogspot.com/
Die Quotes wat ek naby my hart dra:
If you can, help others; if you cannot do that, at least do not harm them.
In the practice of tolerance, one’s enemy is the best teacher.
It is necessary to help others, not only in our prayers, but in our daily lives. If we find we cannot help others, the least we can do is to desist from harming them.
This is my simple religion. There is no need for temples; no need for complicated philosophy. Our own brain, our own heart is our temple; the philosophy is kindness.
With realization of one’s own potential and self-confidence in one’s ability, one can build a better world.
Whether one believes in a religion or not, and whether one believes in rebirth or not, there isn’t anyone who doesn’t appreciate kindness and compassion.
Where ignorance is our master, there is no possibility of real peace
We can never obtain peace in the outer world until we make peace with ourselves.





























































Ek travel met die spoed van lig na al die mooi plekke in die heelal, dis magic!!




















Nou goed ek sal nie die fairies afpp nie!!!! Dit is lekker om bietjie jou ruimte te betree… Thanks vir hierdie kykie na binne!
Ek is bly jy het dit geniet Pikkie, Lekker naweek hou verder!
Man die huidige Dalai Lama is werklik vir my ‘n besonderse mens, en ek het ‘n groot bewondering vir hom het ook ‘n groot versameling van hom en Tibetaanse Boeddhisme. (ook die boekie wat jy wys) Hy het ‘n ewigdurende glimlag wat regtig magies is. Lekker inloer fotos dit lyk so reg vir lekker kuier en daaaai espresso masjien!
Lewies ek stem saam, vir die Dalai Lama het ek ook ‘n groot bewondering.
Ruimte, watse ruimte? Ek is seker ek betree te veel.
Adrie waaat???
Dankie vir die kykie na die “ware” Wipneus!! Ek hou so baie van dieselfde goed as jy, so ek kan dalk op ‘n stadium oor dieselfde onderwerp as jy skryf, maar ek sal jou nooit doelbewus copy nie!!
Hi Reisiger ek het maar so bietjie aangepas waar jy gelees het. Net-nou verstaan die mense regtig verkeerd.
Nee wat ek sal nie omgee as jy dieselfde as ek skryf nie, ek het mos nou al opgetel ons is van dieselfde spesie en moenie die jaartal vergeet nie. Goeie jaar gewees
Mmmm, ek sien wat jy bedoel!
Reisiger
Sodra ons in Frankryk bly is jy baie welkom vir ‘n lang kuier, Wippie!
Ice, wees verseker ek gaan definitief ‘n draai kom maak, ek wil die prinsessies kom ontmoet
Hi Wipneus
Jy het sopas ‘n insomnia nag in iets waardevols omskep.
Dankie dat ek bietjie by jou kon inloer… . Ek is absoluut mal oor jou huis…. mens kan sommer sien hoe die Feetjies en Engeltjies daar ronddartel.
Hi Gianna5
Liewe genade, jy het definitief insomnia, ek skrik my dood toe ek die tyd sien
Dankie vir die mooi kompliment, en ek is bly ek kon jou bietjie afleiding bied, teen die slaap monster!!!
Lekker Sondag vir jou
Wip, dankie!!! dat jy ons deel gemaak het van jou Hmmmm.
(((Zee))), jy en Zeethan hoort hier
You genuinely humble me…
– maar dankie disse ‘n moerawiese voorreg om in jou uhmm spasie ‘n plekkie te hê.
(Jou hart is waarlik gróót) x
Biebs, Dis my voorreg!! Jy gaan dit nog ver bring vriendin!!
Eina, en ek sê Hmmm. Nou ja, daardie tjokkie was hmmm, lekker
Sien ek nou eers die bladsy! Mooi!!! Daai koffiemasjien gaan ek steel!
Hi NJ, ek drink regtig te veel koffie, ek is vir ewig op ‘n “high” met al die koffie in my ligaam
As jy my vra om EEN ding te kies van wat jy hier geblog het, vat ek vir Zeethan (vir my, ne!) as jy ‘n tweede vra, dan vat ek jou speelding!!
Ek het ‘n elektroniese mikroskoop hier en is lief daarvoor om allerhande goggas daaronder te bekyk…maar nou’s dit te koud om hulle te bekyk…en dan foto’s te neem en ek sal wat wil gee om daardie speelding van jou net so vir ‘n dag te he!!
nie dat Zeethan nou ‘n “ding” is nie! wou dit nie so laat klink het nie
Nikita Zeethan is te oulik, ek het al so baie foto’s van hom!!!
Ek’t nou so ‘n kalmte oor my nadat ek na jou pragtige fotos kom kyk het. Dit het my opnuut laat besef dat mens moet terug gaan na jou “roots”, daar waar jy gelukkig en tervrede is, wanneer dinge te veel raak vir jou of jy net bietjie “time-out” nodig het.
Da’s nou net een probleem. As ek vir jou gaan kom kuier, gaan ons die kinders iewers moet toemaak. Jou huis lyk soos ‘n prentjie uit House & Home. My senuwees sal dit nie maak om die twee Burgertjies daar los te laat nie!!!!!
Ughm. Ek bedoel Garden & Home!!!! Whahahahaaha
Nee wat Ogies, daaroor hoef jy jou niks te bekommer nie. Jy en Wip sal lekker kuier en Selina (‘n stukkie goud wat jy daar het Wip) sal die kleingoed besig hou!!
En ja, haar huis is so n stukkie uit die Garden & Home uit!
Waar op my blog hang julle tweetjies uit!!! whahahaha
Nee wat Ogies daai 2 Burgertjies gaan lekker hier kuier. Dis aardse goed!
Dankie vir die komplimente, ek moet sê ek is nogal lief vir my huisie, alhoewel my oosterse decor nie in almal se smaak val nie!!! Hulle dink ek is met onheilighede besig
Hi Zee vriendin, baie dankie alweer en nogsteeds vir al jou hulp! Ek waardeer! Ek dink dis tyd vir ‘n kuiertjie!!
Ek laat haar egter nie meer so hard werk nie, sy supervise eindelik nou!
Ek is baie lief vir my Selina, maar sy word nou oud! Wil nie op pensioen gaan nie, want sy sê sy sal nie sonder ons kan wees nie.